Nuusbrief  5                                                              9 Februarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Dit is met ’n trotse hart dat ons, ons atlete met hul uitsonderlike prestasies Saterdag tydens die Top 10 Atletiekbyeenkoms gelukwens. Ons’n algemene 2de plek uit 28 skole verower. Janelle Kirkpatrick en Kwena Mojapelo is ook aangewys as die beste baanatlete vir die senior meisies en seuns onderskeidelik. Baie geluk aan elke atleet, afrigter en ondersteuner!

Baie geluk aan ons Midstream College Monitors vir 2023. Dinsdagaand het ons aan ons potensiële leiers erkenning gegee en hulle het nou die geleentheid om hul leierskap te ontsluit, inisiatief te neem en formeel hul groei as graad 7-leiers by Midstream College te begin. Dinsdagaand het ek die volgende aanhaling van Maya Angelou met ons monitors gedeel: “I learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.”

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir… die graadsewes van ons skool. Ons bid vir Godgegewe vriendskappe wat opbouend is, vir selfvertroue en dat hulle sal besef dat God elkeen uniek en wonderlik gemaak het, ons bid vir dapperheid om op te staan vir hulself en vir ander, ons bid vir sukses en groei in alles wat hulle aanpak en dat hulle werklik ’n geseënde en gelukkige laaste jaar in die laerskool sal hê.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

CHOC: “FLIP FLOP”-DAG

Ons wil graag hierdie jaar voortbou op die Valentynsdag-tradisie wat ons by die skool begin het. As laerskool glo ons dat Valentynsdag ’n dag is wat op ons leerders se ouderdomsvlak gevier moet word. Ons kinders is nog nie emosioneel gereed om Valentynsdag te verstaan en ervaar vir wat dit regtig is nie. Ons wil graag ons kinders beskerm teen onnodige seerkry en die gevoel van verwerping. Ons wil hulle veel eerder van wáre omgee leer, byvoorbeeld om vir mense wat ondersteuning, aanvaarding en hulp nodig het, om te gee.

Dit skep immers ook ’n gevoel van vreugde en vervulling om ander te koester, te help en by te staan.

Ons gaan dus weer hierdie jaar iets spesiaals doen wat gefokus is op die idee dat liefde vir ons medemens nie net ’n opdrag van God is nie, maar heerlik en pret ook is!

So, moet asseblief nié u geld op beertjies, plastiekrose, sjokolade en ander geskenke bestee nie! Spaar eerder daardie geld vir wanneer u kind in die hoërskool is. Ons gaan die CHOC Foundation se “Flip Flop”-dag ondersteun met blou strikkies in die hare en gemaklike plakkies aan ons voete!

Kinders en tieners wat die stryd teen kanker voer is die dapperste van die dapperes. Hulle staan voor die skrikwekkendste reis van hul lewens … Maar hierdie jong krygers staan nie alleen in hulle oorlog teen kanker nie, want hulle ervaar liefde. Hulle is so geliefd dat CHOC ’n leër bou om saam met hulle te stap en al die pad saam met hulle te veg.

Ons gaan deel wees van hierdie ondersteuningsgroep en ons liefde aan kinders wat teen kanker veg, toon. Die CHOC Flip Flop Dag-plakkers, wat jou 10 tone vrymaak van skoolskoene op Vrydag 17 Februarie, sal teen R10 by Tuck In verkoop word. Koop ook weereens jou oulike plakkie-koekie. Verkope is slegs vir die week van 13 ‒ 17 Februarie. Betalings moet asseblief kontant geskied.

Kom koop ’n plakker voor Flip Flop-dag en geniet 17 Februarie op ’n gemaklike wyse wat almal die kans gee om op ’n heerlike manier ’n verskil te maak!

LET WEL: Geen sokkies, CROCS, ens. nie. Slegs plakkies, sonder sokkies en gewone skooldrag sal toegelaat word.

 
 

RUGBY 2023

Die 2023 Rugbyseisoen skop komende Maandag 13 Februarie af vir die o.9- tot o.13-rugbyspanne en Maandag 20 Februarie vir die Bulletjiespanne.

 ’n Ouerinligtingsessie word Maandag 13 Februarie in die Midstream College Ouditorium gehou:

18:00: Bulletjierugby-spelers se ouers
18:30: o.9- tot o.13-spanne se ouers.

U word vriendelik uitgenooi om hierdie belangrike sessies by te woon. Alle nodige inligting, datums en tye sal gedurende hierdie inligtingsessie aan u deurgegee word.

 

AFRIKAANS EKSTRA LESSE

Verwys asseblief na die skoolkalender vir die begin- en einddatums van elke kwartaal se Afrikaans ekstra lesse.
Lesse geskied van 13:50 ‒ 14:30.

Graad 6 en 7 Huistaal: Maandae (Lokaal: Me. C. de Villiers)
Graad 6 en 7 Eerste Addisionele Taal: Dinsdae (Lokaal: Me. C. Kruger)
Graad 4 en 5 Huistaal: Woensdae (Lokaal: Me. E. van der Merwe)
Graad 4 en 5 Eerste Addisionele Taal Woensdag (Lokaal: Me. V. Piekaar).

Hierdie lesse is gemik op leerders vir wie ekstra vaslegging nodig is.

 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2023!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel van die spreekkoor te wees. Oefening sal op Donderdae 07:10 in die saal wees. Ons begin eers in die 2de kwartaal met oefening. As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asb. ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas na die onderstaande e-posadres..

 karenk@midstreamcollege.co.za

 
 

ANOK

Word deel van die opwindende redaksiespan van ons ANOK skoolkoerant! As jy belangstel om deel van ANOK te word, moet jy die volgende doen:

1. Skryf ’n skoolverwante artikel van nie minder as 250 woorde nie. (Arial font,   
    grootte12, 1.5 lynspasiëring)
2. Jou artikel moet ’n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die
     kop.
3. Neem ’n hoë kwaliteit foto wat by jou artikel pas en maak ’n video wat jou
     artikel kan vergesel.
4. Die bostaande moet aan Me. V. Piekaar gestuur word voor of teen 
     Woensdag 31 Mei. (anok@midstreamcollege.co.za)
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kom kry, indien jy oor 
    iets onseker is.

 

VOORTREKKERS

Vir meer inligting druk asseblief op die onderstaande skakel.

Pamflet
 
 

KRIEKET

Neem asseblief kennis van die volgende:

Kriekettoere:

o.11A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie
o.12A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie
o.13A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie

MCP Krieketweek:

Die MCP Krieketweek sal van 10 Julie tot 15 Julie plaasvind.

o.9B – o.13B-spanne: 10 Julie tot 12 Julie
o.9A – o.13A-spanne 13 Julie tot 15 Julie

Al die wedstryde vind op Midstream College se velde plaas.

 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Die inhoud van die sakke, wat ongeveer R350 beloop, voorsien ‘n gesin van vier mense vir twee weke van die noodsaaklikste voeding.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.  Meer inligting sal dan aan u gestuur word.

Skakel
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643