Nuusbrief  4                                                              2 Februarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Die woord “atletiek” is afgelei van die Griekse woord, “athlon”, wat “kompetisie” beteken. Die hoogtepunt van die atletiek-seisoen en kompetisie, is volgende Vrydag tydens ons streek se Cluster-byeenkoms. Gesonde kompetisie is goed, want dit forseer ons om ons beste te lewer. Ek wens al ons atlete sterkte toe met die laaste week van voorbereidings vir die byeenkoms.

Ek deel graag met u die woorde van Henry J. Kaiser: “Live daringly, boldly, fearlessly. Taste the relish to be found in competition – in having put forth the best within you.”

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir… die onderwysers by die skool.
Grondslagfase: Bid asseblief vir jou eie juffrou en ook die juffrouens in die klas langs joune.
Intersenfase: Bid vir jou registeronderwyser en vir ten minste nog een ander onderwyser. Natuurlik mag jy vir soveel onderwysers bid as wat jy wil!
Ons bid vir positiewe verhoudings met kinders en ouers, wysheid, krag en stamina wanneer hulle moeg word, liefde en geduld, kreatiwiteit en God se rykste seën oor hulle en hul families.

 
 

ANOK

Word deel van die opwindende redaksiespan van ons ANOK skoolkoerant!
As jy belangstel om deel van ANOK te word, moet jy die volgende doen:
1. Skryf ’n skoolverwante artikel van nie minder as 250 woorde nie. (Arial font, grootte12, 1.5 lynspasiëring)
2. Jou artikel moet ’n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die kop.
3. Neem ’n hoë kwaliteit foto wat by jou artikel pas en maak ’n video wat jou artikel kan vergesel.
4. Die bostaande moet aan Me. V. Piekaar gestuur word voor of teen Woensdag 31 Mei. 
    (anok@midstreamcollege.co.za)
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kom kry, indien jy oor iets onseker is.

 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2023!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel van die spreekkoor te wees. Oefening sal op Donderdae 07:10 in die saal wees. Ons begin eers in die 2de kwartaal met oefening. As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asb. ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas na die onderstaande e-posadres..

 karenk@midstreamcollege.co.za

 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 5- tot 7-leerders aangebied word.

Inligting
 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Die inhoud van die sakke, wat ongeveer R350 beloop, voorsien ‘n gesin van vier mense vir twee weke van die noodsaaklikste voeding.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.  Meer inligting sal dan aan u gestuur word.

Skakel
 
 

KRIEKET

Neem asseblief kennis van die volgende:

Kriekettoere:

o.11A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie
o.12A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie
o.13A-span       Camp Discovery       23 Junie tot 26 Junie


MCP Krieketweek:

Die MCP Krieketweek sal van 10 Julie tot 15 Julie plaasvind.

o.9B – o.13B-spanne: 10 Julie tot 12 Julie
o.9A – o.13A-spanne 13 Julie tot 15 Julie

Al die wedstryde vind op Midstream College se velde plaas.

 
 

TJELLO

Wou u kind nog altyd ’n instrument bespeel? Kan die tjello dalk hul gunsteling instrument word? Die Musiekateljee het ’n spesiale aanbod vir 2023 vir alle kinders wat die tjello as instrument wil begin bespeel.

Besonderhede:
• Twee leerders mag ’n les deel, wat halfprys vir die kwartaal van R945 per kwartaal per leerder beteken.
• Dit is noodsaaklik om op ’n tjello te oefen. Bring jou eie tjello of huur een teen ’n afslagprys van R240 per maand (gewoonlik vanaf R380 per maand).

Indien u belangstel, stuur asseblief ‘n e-pos aan me. Wendy Nieuwoudt (wendyn@midstreamcollege.co.za).

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Verlede jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskeie kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die weeklikse lesse duur 30 minute en word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool.
Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar.

Ons nooi enige ouers wie se kinders geïnteresseerd is daarin om ‘n musiekintrument te leer bespeel, om hom/haar vir lesse in 2023 in te skryf. Volg asseblief die onderstaande skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643