Nuusbrief  38                                                          30 November 2023

 

UIT DIE KANTOOR

So kom ons aan die einde van ’n baie besige skooljaar. 2023 was ’n jaar van verandering en in baie opsigte ook onsekerheid. Ten spyte van alle uitdagings kan ons afsluit met die wete dat God steeds in beheer van hierdie wonderlike skool is. Uit die kantoor wens ons alle leerders, ouers en onderwysers ’n geseënde feestyd toe. Maak tyd vir mekaar en rus goed uit vir ’n voorspoedige 2024!

 
 

YADAH - KERSPROJEK

Ons is baie lief vir ons wonderlike terreinpersoneel wat regdeur die jaar so hard werk – en dit altyd met ’n glimlag en vriendelike wuif. In die verlede het ons vir donasies gevra om spesiale Kersfeesbokse vir hulle te pak. Ons Midstream-families het altyd mildelik gegee, en ons kon groot geskenkpakke vir elkeen opmaak. Dit was egter baie moeilik vir ons personeel om dié groot bokse na hul huise te vervoer. Gevolglik het ons besluit om hierdie jaar liewer vir hulle geskenkbewyse te gee. Sodoende gee ons hulle ook die keuse om te koop wat hulle regtig nodig het of wil hê.

Volg asseblief die skakel hieronder indien u wil bydra.

GRONDSLAGFASE: Neem asseblief ’n skermskoot van die bewys van betaling en WhatsApp dit aan u kind se registeronderwyser. Dit hoef nié die QR-kode te wees nie. Die QR-kode word na die e-posadres wat op die betaalbladsy ingevul is, gestuur. Moet asseblief nie daaroor bekommer nie, enige bewys van betaling is voldoende. Neem 'n skermskoot van enige bevestiging wat ontvang is en stuur dit aan die registeronderwyser. Vir elke bewys sal nog ’n Kersversiering aan die klas se Kersboom gehang word!

KERSPROJEK - BYDRAE
 
 

WATERKASKENADES

4 Desember
GEDURENDE SKOOLTYD
SKOOL VERDAAG OM 12:00

KLEREDRAG
SEUNS
LO-klere
Skoolswembroek

DOGTERS
LO-klere
Skoolswembroek
 Bring jou eie handdoek! 
 Smeer genoeg sonblok aan voordat jy skool toe kom en smeer gereeld deur die dag ook aan! 
 Onthou jou skoolhoed, kosblik en water!

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

RAPPORTE

Rapporte sal op 6 Desember om 12:00 op die Ouerpoort beskikbaar wees.

 

WETENSKAP-HANDBOEKE

Soos in die verlede word die Wetenskap-handboeke (Wetenskap Ontleed) vir graad 4’s tot 7’s direk van die uitgewers deur die skool bestel om die middelman uit te skakel en kostes te verlaag. Dit is die skool se eie handboek en kan dus nie van ’n ander uitgewer bestel word nie. Gevolglik kan u nie hierdie handboek van MC Primary Bookshop bestel nie. ’n Bedrag van R253-00 vir die Wetenskap-handboek, sal aan die einde van Februarie 2024 van u rekening verhaal word.

 

WISKUNDE-HANDBOEKE

Soos in die verlede met die Wetenskap, word die Wiskunde-handboeke (Podium Wiskunde) vir graad 4 en 5 direk van die uitgewers deur die skool bestel om die middelman uit te skakel en kostes te verlaag. Hierdie handboek is vir die skool geskryf en kan dus nie van ’n ander uitgewer bestel word nie. Gevolglik kan u nie hierdie handboek van MC Primary Bookshop bestel nie. ’n Bedrag van R275-00 vir die graad 4 en 5 Wiskunde-handboek, sal aan die einde van Januarie 2024 van u rekening verhaal word.

 

TEGNOLOGIE-HANDBOEKE

Die Tegnologie handboeke vir 2024 word self deur die skool verskaf, en word aan die einde van Februarie 2024 by u skoolrekening gefaktureer.

Pryse van die handboeke verkoop vir graad 4 – 6 teen R121-00, en die graad 7-handboek verkoop teen R176-00.

Sien onderaan die bestellys en inligting vir die praktiese projekte vir graad 4 en 5 vir volgende jaar. Die items kan direk by Eventology bestel word, of u kan dit elders koop. Bestellings kan tot ’n week neem. Die skool kan ongelukkig nie deel van die bestelproses wees nie.

Graad 4 Graad 5
 

UNIFORM WINKEL

Die winkel is vanaf Maandag tot Vrydag oop, behalwe waar anders aangedui word: 07:00 – 17:00
• 7 tot 14 Desember 2023: 08:00 – 16:00
• 15 Desember 2023: Slegs per afspraak – WhatsApp 064 937 0551 om ’n afspraak te skeduleer
• 16 Desember 2023 – 3 Januarie 2024: Gesluit
• 4 tot 15 Januarie 2024: 08:00 – 16:00
• 16 Januarie 2024: 08:00 – 17:00
• Saterdag 9 Desember 2023 en Saterdag 13 Januarie 2024: Slegs per afspraak – WhatsApp 064 937
   0551 om afspraak te skeduleer
• Vanaf 17 Januarie: normale ure: 07:00 – 17:00

 

MUSIEKATELJEE

Tjello en viool

Die tjello en viool is strykinstrumente wat die ontwikkeling van koördinasie en fynmotoriese vaardighede bevorder. Beide die regter- en linkerbrein word terselfdertyd gestimuleer. Die bespeling van ’n instrument lei tot verbeterde geheue, konsentrasie en selfs veeltaak-vaardighede.

Die tjello is geliefd vir sy warm en strelende klanke. Dit is ’n veelsydige instrument wat die speler in staat stel om hul gunsteling deuntjies en melodieë te speel en terselfdertyd met jazz en moderne ritmes die diepte van klank te ervaar en pret te hê.

Die viool is waarskynlik die bekendste strykstok-snaarinstrument. Die viool se kragtige, romantiese klank is ryk, kompleks en veelsydig. Die viool kan gebruik word om enige melodie te speel, of om enige liedjie met pragtige agtergrondklanke te verbeter.

Kontak asseblief vir me. Wendy Nieuwoudt by wendyn@midstreamcollege.co.za vir meer inligting oor hoe om hierdie instrumente te leer speel.

 

PERDRY

Capriole Stables Poniekamp: Ons baie gewilde skoolvakansieprogram is weereens vir die Desember-skoolvakansie aan die gang. Gee u kinders die geleentheid om die dag op die plaas met ons wonderlike ponies en perde deur te bring. Kinders kan perdry, die perde borsel en voer en aan ’n klomp ponieverwante aktiwiteite deelneem. U kinders sal na ’n besige dag in die buitelug tuis kom. Lewenslange herinneringe van speletjies, pret en vriende (beide perde- en mensvriende) sal gebou word. Hierdie kamp is vir beginners en gevorderde ruiters geskik en ons het verskillende groepe vir verskillende ouderdomme en ervaringsvlakke.

Kontak 082 414 7378 of 082 573 4797 of equineiq@mweb.co.za vir ’n besprekingsvorm of meer inligting.

PAMFLET
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 

TUCK IN

Kyk ’n bietjie na hierdie splinternuwe kosblik-toevoegings op Tuck In se webtuiste: Perfek vir HIERDIE tyd van die jaar! Bestel sommer dadelik en onthou: die leerders van die Grondslagfase ontvang hulle bestellings in hul klaskamers!

Tuck In
 

SKOOL HEROPEN

17 Januarie 2024

 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643