Nuusbrief  37                                                          23 November 2023

 

YADAH - KERSPROJEK

Ons is baie lief vir ons wonderlike terreinpersoneel wat regdeur die jaar so hard werk – en dit altyd met ’n glimlag en vriendelike wuif. In die verlede het ons vir donasies gevra om spesiale Kersfeesbokse vir hulle te pak. Ons Midstream-families het altyd mildelik gegee, en ons kon groot geskenkpakke vir elkeen opmaak. Dit was egter baie moeilik vir ons personeel om dié groot bokse na hul huise te vervoer. Gevolglik het ons besluit om hierdie jaar liewer vir hulle geskenkbewyse te gee. Sodoende gee ons hulle ook die keuse om te koop wat hulle regtig nodig het of wil hê.

Volg asseblief die skakel hieronder indien u wil bydra.

GRONDSLAGFASE: Neem asseblief ’n skermskoot van die bewys van betaling en WhatsApp dit aan u kind se registeronderwyser. Dit hoef nié die QR-kode te wees nie. Die QR-kode word na die e-posadres wat op die betaalbladsy ingevul is, gestuur. Moet asseblief nie daaroor bekommer nie, enige bewys van betaling is voldoende. Neem 'n skermskoot van enige bevestiging wat ontvang is en stuur dit aan die registeronderwyser. Vir elke bewys sal nog ’n Kersversiering aan die klas se Kersboom gehang word!

KERSPROJEK - BYDRAE
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

GHOLF

Lian Strauss het vir 'n derde jaar die Gauteng-Noord se golfspan gehaal. Baie geluk Lian, ons is voorwaar baie trots op jou.

 

TUCK IN

Kyk ’n bietjie na hierdie splinternuwe kosblik-toevoegings op Tuck In se webtuiste: Perfek vir HIERDIE tyd van die jaar! Bestel sommer dadelik en onthou: Grondslagfase leerders ontvang hul bestellings by hul klaskamers! Die Intersenfase se eksamenskrywers kan hul spesiale kosblikke direk na hul vraestelle, by Tuck In gaan haal!

Tuck In
 

MUSIEKATELJEE

Stel u kind daarin belang om ’n instrument te speel wat byna oral saamgeneem kan word? Die kitaar is moontlik die regte instrument vir u kind. Dit kan gebruik word om ’n verskeidenheid genres te speel, van klassiek tot rock en jazz. Dit is ook redelik maklik om die kitaar oral saam te dra en stel spelers in staat om ’n wye verskeidenheid emosies en atmosfere met hul musiek te skep.

Kontak asseblief vir Wendy Nieuwoudt by wendyn@midstreamcollege.co.za vir meer inligting.

 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643