Nuusbrief  36                                                          16 November 2023

 

YADAH - KERSPROJEK

Ons is baie lief vir ons wonderlike terreinpersoneel wat regdeur die jaar so hard werk – en dit altyd met ’n glimlag en vriendelike wuif. In die verlede het ons vir donasies gevra om spesiale Kersfeesbokse vir hulle te pak. Ons Midstream-families het altyd mildelik gegee, en ons kon groot geskenkpakke vir elkeen opmaak. Dit was egter baie moeilik vir ons personeel om dié groot bokse na hul huise te vervoer. Gevolglik het ons besluit om hierdie jaar liewer vir hulle geskenkbewyse te gee. Sodoende gee ons hulle ook die keuse om te koop wat hulle regtig nodig het of wil hê.

Volg asseblief die skakel hieronder indien u wil bydra.

GRONDSLAGFASE: Neem asseblief ’n skermskoot van die QR-kode wat u sal ontvang nadat u die skenking gemaak het, en WhatsApp dit aan u kind se registeronderwyser. Vir elke QR-kode sal nog ’n Kersversiering aan die klas se Kersboom gehang word!

KERSPROJEK - BYDRAE
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

TUCK IN

Kyk ’n bietjie na hierdie splinternuwe kosblik-toevoegings op Tuck In se webtuiste: Perfek vir HIERDIE tyd van die jaar! Bestel sommer dadelik en onthou: Grondslagfase leerders ontvang hul bestellings by hul klaskamers! Die Intersenfase se eksamenskrywers kan hul spesiale kosblikke direk na hul vraestelle, by Tuck In gaan haal!

Tuck In
 

VAKANSIEKLUB VIR DESEMBER 2023

’n Vakansieklub sal Donderdag 7 Desember en Vrydag 8 Desember van 07:30 – 17:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre Skool-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm teen 20 November.

Google Vorm
 
 

NASKOOL, VAKANSIEKLUB VIR 2024 - BEHOEFTEBEPALING (OPNAME)

Ons vra dat net ouers wat belangstel in naskool vir 2024 asook vakansieprogramme vir 2024 die onderstaande skakel voltooi.

Skakel
 
 

MUSIEKATELJEE

Stel u kind daarin belang om klavier te speel? Ons talentvolle klavieronderwysers kan help om u kind vir klaviereksamens of vir hul eie en ander se genot voor te berei.

Klavierspeel hou akademiese voordele in, bou selfvertroue, leer hulle dissipline, hou fisieke ontwikkelingsvoordele en sosiale voordele in.

Kontak gerus vir Wendy Nieuwoudt by wendyn@midstreamcollege.co.za vir meer inligting rakende hoe om by die Midstream College Musiekateljee aan te sluit.

 

MEDIASENTRUM

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643