Nuusbrief  34                                                          2 November 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Die eksamen lê om die draai. Baie sterkte aan elke graad 4- tot 7-leerder met die voorbereiding vir die eksamen. Indien jy nog nie begin studeer het nie, moedig ons jou aan om te begin sodat jy ten volle vir die eksamenvraestelle voorbereid sal wees. Ons wens is dat jy gemotiveerd en geïnspireerd sal bly om jou volle potensiaal te bereik.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir alle persone wag as gevolg van oorloë ly. Mag hulle in God se liefdevolle sorg en beskerming gehou word. Ons bid dat God hulle die krag sal gee om die lyding en swaarkry te verduur. Mag hulle die onverklaarbare troos en genesing vind wat slegs deur die Heilige Gees voorsien kan word. Ons bid dat die Here diegene wat geweld en onderdrukking laat voortduur se oë sal oopmaak en hul harte en denke sal verander om eerder aan vrede en oplossings te werk, wat veiligheid en welstand vir hul mense sal bring.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

PARKERING

Ons versoek asseblief dat ouers/persone wat leerders kom afhaal by die skool of sport- en kultuurbyeenkomste bywoon, asseblief nie op die gras op die sypaadjies sal parkeer nie. Dit beskadig ons besproeiingstelsel.

 
 

TWEEDEHANDSE SKOOLUNIFORM EN HANDBOEK WINKEL

Die Midstream Tweedehandse Klerewinkel het 'n groot verskeidenheid skoolklere en boeke vir alle Midstream-skole. Ons pryse is billik en ons bied waarde vir geld. Die winkel is agter die pawiljoen by Midstream College geleë. Die winkel is gedurende skoolkwartale op Maandae en Woensdae vanaf 07:00 tot 08:00 oop. Alternatiewe ure word op die WhatsApp-profiel geplaas. Kontak Hestha op 082 520 0478 vir meer inligting.

 
 

AKADEMIE: EKSAMENREËLINGS (GRAAD 4 – 7) EN SKOOLTYE (GRAAD 1 – 7)

Ons glo dat die leerders al besig is met hul voorbereiding vir die eksamen wat voorlê.
Van die skool se kant af wil ons vir elke leerder en ouer baie sterkte toewens. Die onderwysers en leerders werk alreeds hard in die klasse met hersieningswerk en ons sien uit na die suksesse wat ons leerders op akademiese gebied in hierdie eksamen gaan bereik.

Graag deel ons die volgende reëlings rakende die eksamen met u.

Donderdag 9 November wil ons graag vir ons graad 7-leerders die vergunning bied om alreeds teen 12:15 huis toe te kan gaan ter voorbereiding vir die twee Engelse eksamenvraestelle van Vrydag.  Moet asseblief nie bekommerd wees indien u graad 7-kind nie om 12:15 kan huis toe gaan nie, want daar sal voldoende toesig wees waar u kind tot 13:45 kan leer.

Vrydag 10 November begin die graad 7-leerders met hul eksamen. Die eerste sessie begin om 07:50 en sal tot 10:00 duur. Pouse is van 10:00 – 10:30 en die tweede sessie van 10:30 – 12:00. Die graad 7-leerders mag direk na afloop van die eksamen huis toe gaan. Indien u kind by die skool moet agterbly, sal hulle na ’n studieklas gaan waar hulle dan verder kan sit en voorbereidingswerk doen vir die volgende vraestel.

Ons graad 4- tot graad 6-leerders het ’n normale skool dag op 10 November tot en met periode 7 (11:15). Hierna sal die leerders na hulle onderskeie eksamenlokale verdaag, waar hulle dan instruksie sal ontvang vir die res van die eksamen.

Vanaf Vrydag 10 November kom die skool 12:00 uit. Dit geld vir die grondslagfase, sowel as die intersenfase.

Tydens die eksamen strek die eksamensessie van 07:45 tot en met 10:00. Daarna mag slegs die intersenfase leerders direk huis toe gaan om by die huis te gaan studeer. Die grondslagfase het gewone skooldag tot 12:00.

Vul asseblief die aanlynvorm in, indien u kind nie huis toe moet gaan nie en ingedeel moet word by die studiesessie van 10:30 tot 12:00 (slegs vir graad 4 tot 7) en ook vir die wagklas van 12:00 tot 13:45 (graad 1 tot 7). Hierdie twee sessies is slegs indien die leerders nie toesig by die huis het om te kan studeer nie of nie kan huis toe gaan nie.

Voltooi asseblief die Google-vorm voor Dinsdag 7 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Google Vorm
 

TENNISOEFENING-REËLINGS VANAF 10 NOVEMBER TOT
1 DESEMBER

• Graad 1-tennisoefening: Maandae en Vrydae 12:15 – 12:45
• Graad 2- tot 7-tennisoefening: Woensdae 14:00 – 15:00
• Let asseblief daarop dat geen oefeninge ná 1 Desember sal plaasvind nie.

 
 

BIBLIOTEEK

 

 
 

KOPSKERMS VIR RUGBYSEUNS

Ons is opgewonde om u in te lig oor ’n geleentheid om pasgemaakte kopskerms vir ons rugbyseuns te voorsien. Na deeglike oorweging het ons besluit om saam te werk met ’n maatskappy, Impact, om kopskerms te ontwerp en te vervaardig wat aan ons vereistes voldoen.
Hierdie kopskerms is nie net geskik vir die laerskool nie, maar kan ook deur spelers in die hoërskool gebruik word.
Om jou kopskerm voor die 2024-rugbyseisoen te bestel, volg asseblief die skakel wat hieronder verskaf word.

Alle bestellings moet voor 13 November 2023 geplaas word. Betalingsinligting sal direk vanaf Impact aan u gestuur word, wat ’n gladde en veilige transaksie verseker.
Ons sien uit na die 2024-rugbyseisoen met ’n vars nuwe voorkoms danksy hierdie opwindende toevoeging. Indien u enige vrae het of verdere inligting benodig, kontak asseblief vir Conrad Steyn op conrads@midstreamcollege.co.za

Bestellings
 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643