Nuusbrief  33                                                          26 Oktober 2023

 
 
 

YADAH

Hemelse Vader, ons bid hierdie week vir ons kinders se vriendskappe.
Help asseblief my kind om U met sy (haar) hele hart lief te hê en sy (haar) vriende op dieselfde manier lief te hê as wat U ons liefhet. Mag hulle met goedhartigheid optree en opreg vir hul vriende omgee. Vul ons kinders met U vreugde en mag hul vreugde ook vir hul vriende aansteeklik wees! Gee ons kinders harte van medelye. Help hulle om situasies vanuit elke perspektief te sien en om ander te behandel soos hulle graag behandel wil word. Mag hulle in tye van nood daar wees vir hul vriende.Gee hulle ’n vriendelike en goedhartige gees.
Here, help ons kinders om wys te wees met die keuse van hul vriende. Gee hulle die onderskeidingsvermoë om ware vriende te vind, diegene wat hulle opbou en versterk. God, bied hulle in al hulle interaksies die vermoë om nee te sê wanneer dit nodig is en die dapperheid om op te staan vir wat reg is.
Hemelse Vader, dankie vir U vriendskap. Die Bybel sê ek is ’n vriend van God en hoe wonderlik is dit nie! Liewe Heer, help ons kinders om ware vriende te vind, maar ook om ware vriende te wees wat hulle maats liefhet en respekteer.

 
 

AKADEMIE: EKSAMENREËLINGS (GRAAD 4 – 7) EN SKOOLTYE (GRAAD 1 – 7)

Ons glo dat die leerders al besig is met hul voorbereiding vir die eksamen wat voorlê.
Van die skool se kant af wil ons vir elke leerder en ouer baie sterkte toewens. Die onderwysers en leerders werk alreeds hard in die klasse met hersieningswerk en ons sien uit na die suksesse wat ons leerders op akademiese gebied in hierdie eksamen gaan bereik.

Graag deel ons die volgende reëlings rakende die eksamen met u.

Donderdag 9 November wil ons graag vir ons graad 7-leerders die vergunning bied om alreeds teen 12:15 huis toe te kan gaan ter voorbereiding vir die twee Engelse eksamenvraestelle van Vrydag.  Moet asseblief nie bekommerd wees indien u graad 7-kind nie om 12:15 kan huis toe gaan nie, want daar sal voldoende toesig wees waar u kind tot 13:45 kan leer.

Vrydag 10 November begin die graad 7-leerders met hul eksamen. Die eerste sessie begin om 07:50 en sal tot 10:00 duur. Pouse is van 10:00 – 10:30 en die tweede sessie van 10:30 – 12:00. Die graad 7-leerders mag direk na afloop van die eksamen huis toe gaan. Indien u kind by die skool moet agterbly, sal hulle na ’n studieklas gaan waar hulle dan verder kan sit en voorbereidingswerk doen vir die volgende vraestel.

Ons graad 4- tot graad 6-leerders het ’n normale skool dag op 10 November tot en met periode 7 (11:15). Hierna sal die leerders na hulle onderskeie eksamenlokale verdaag, waar hulle dan instruksie sal ontvang vir die res van die eksamen.

Vanaf Vrydag 10 November kom die skool 12:00 uit. Dit geld vir die grondslagfase, sowel as die intersenfase.

Tydens die eksamen strek die eksamensessie van 07:45 tot en met 10:00. Daarna mag slegs die intersenfase leerders direk huis toe gaan om by die huis te gaan studeer. Die grondslagfase het gewone skooldag tot 12:00.

Vul asseblief die aanlynvorm in, indien u kind nie huis toe moet gaan nie en ingedeel moet word by die studiesessie van 10:30 tot 12:00 (slegs vir graad 4 tot 7) en ook vir die wagklas van 12:00 tot 13:45 (graad 1 tot 7). Hierdie twee sessies is slegs indien die leerders nie toesig by die huis het om te kan studeer nie of nie kan huis toe gaan nie.

Voltooi asseblief die Google-vorm voor Dinsdag 7 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Google Vorm
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 

FOTODAG: 1 NOVEMBER

Die laaste fotodag van die jaar vind op 1 November plaas.

Boetie/sussie-foto’s van leerders wat in die hoërskool en laerskool is, word om 07:00 geneem. Boeties in sussies wat almal in die laerskool is, se foto’s word tydens pouse geneem.

Individuele foto’s van leerders wat tydens die vorige fotodae afwesig was, asook sport- en kultuurfoto’s wat nog nie afgeneem is nie, word ook op 1 November afgeneem.

Alle reëlings wat vantevore deur die onderskeie afrigters met hul groepe gereël is, bly net so. Enige navrae kan aan elsophiv@midstreamcollege.co.za gerig word.

 
 

YADAH KUNGWINI PROJEK – DANKIE

Ons wil ons innige dank betoon vir u ruimhartige skenkings vir Kungwini verlede kwartaal. U ondersteuning met ons uitreikprojekte is van onskatbare waarde en ons wil graag dankie sê dat u deel is van ons MCP-reis om ’n verskil te maak. U goedhartigheid is ’n skitterende voorbeeld van die positiewe verandering wat ons saam as Midstreamers kan maak.

 
 

KOPSKERMS VIR RUGBYSEUNS

Ons is opgewonde om u in te lig oor ’n geleentheid om pasgemaakte kopskerms vir ons rugbyseuns te voorsien. Na deeglike oorweging het ons besluit om saam te werk met ’n maatskappy, Impact, om kopskerms te ontwerp en te vervaardig wat aan ons vereistes voldoen.
Hierdie kopskerms is nie net geskik vir die laerskool nie, maar kan ook deur spelers in die hoërskool gebruik word.
Om jou kopskerm voor die 2024-rugbyseisoen te bestel, volg asseblief die skakel wat hieronder verskaf word.

Alle bestellings moet voor 13 November 2023 geplaas word. Betalingsinligting sal direk vanaf Impact aan u gestuur word, wat ’n gladde en veilige transaksie verseker.
Ons sien uit na die 2024-rugbyseisoen met ’n vars nuwe voorkoms danksy hierdie opwindende toevoeging. Indien u enige vrae het of verdere inligting benodig, kontak asseblief vir Conrad Steyn op conrads@midstreamcollege.co.za

Bestellings
 
 

DIE UNIFORMWINKEL

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643