Nuusbrief  32                                                          19 Oktober 2023

 

UIT DIE KANTOOR

My eerste week as nuwe hoof by ’n uitnemende skool soos hierdie het my met groot opgewondenheid gevul. Mag ons ’n toekoms van eensgesindheid, seën en ’n lang lewe saam geniet. (Ps. 133)

 
 

YADAH

Ons bid vir ons Matrieks wat hierdie week met hul eindeksamen begin.
Ons bid dat hulle van God se teenwoordigheid bewus sal wees, vir die selfvertroue om die uitdaging die hoof te bied, en vir die besef dat hul angs en stres positiewe energie in hul strewe na uitnemendheid kan wees.
Ons bid vir God se insig vir begrip van wat hulle leer en dat hulle dit sal onthou wanneer die tyd aanbreek.

 
 
 
 

EKSAMEN- EN SKOOLTYE VIR DIE RES VAN DIE JAAR
(GRAAD 1 – 7)

Die skool sal vanaf 10 November vir graad 1- tot 7-leerders om 12:00 sluit.

Tydens die eksamen sal graad 4- tot 7-leerders toegelaat word om 10:00, na die eksamensessie, huis toe te gaan. Daar sal wel ’n studiesessie tot 12:00 beskikbaar wees vir leerders wat nie huis toe kan gaan nie.

Ons weet dat sommige leerders gewone skoolure hier moet bly a.g.v. die ouers se werksomstandighede. Ons akkommodeer hulle graag in die wagklas tot 13:45.

Nadat die eksamen geëindig het, sal die skool vanaf 27 November vir alle grade om 12:00 sluit.

Graad 1- tot 3-leerders sal vanaf 10 November tot 5 Desember om 12:00 uitkom.

Die skool sluit die laaste dag van die kwartaal, 6 Desember, om 10:00 vir al die grade.

Voltooi asseblief die Google-vorm voor Dinsdag 7 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Google Vorm
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 

KRIEKET - TITANS

Die Titans-spanne is aangekondig. Dit is met groot blydskap en trots dat ons die volgende Titans-spelers bekendmaak:

o.12’s
• Tidi Senyatsi
• Tyron Naidoo
o.13’s
• Beyers Pretorius

Oud-Midstream-seuns:
o.15’s
• JP Botha
• Jonathan Wiseman
• Ricco van der Walt
o.17
• Beukes van der Berg

 
 

BYBELGENOOTSKAP

Dit is Midstream College se voorreg om weer hande te vat met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ons ondersteun graag die missie om bekostigbare Bybels aan al die mense van Suid-Afrika in hulle eie taal, beskikbaar te stel.
Die houer wat reeds uitgedeel is, kan met enige bedrag gevul word. Elke R100 stel die Bybelgenootskap in staat om een Bybel aan iemand te gee. Ons vertrou dat hierdie Bybels die saadjies sal wees wat hoop bring aan baie mense in ons land. Baie dankie vir jou vrywillige ondersteuning. Stuur asseblief u kind se houer teen 31 Oktober terug na die registeronderwysers.

 
 

HOëRSKOOL - NUWE LEERDERS INLIGTINGSESSIE

Midstream College hou op Dinsdag 24 Oktober 2023 om 18:30 ‘n inligtingsaand vir nuwe hoërskoolleerders van 2024 en hul ouers in die saal. Dr Kriek, ons skoolhoof en ander sprekers, gaan ons nuwe leerders en hul ouers toespreek tydens die geleentheid. Ons versoek die voornemende graad 8-ouers wat reeds leerders in Midstream College (Hoërskool) het, om ook die aand by te woon.

 
 

MOTIVERINGSPRAATJIE:
WANNEER IS ’N VRIENDSKAP GESOND EN KONFLIK NORMAAL?

Ons opregte dank gaan aan Julian de la Hunt en Karien van der Merwe wat wonderlike konstruktiewe insigte met ons ouers gedeel het oor hoe om hul kinders deur hul tienerjare te lei. Dankie aan die ouers wat dit bygewoon het.

 
 

FOTODAG SKUIF VAN 19 OKTOBER NA 1 NOVEMBER

Die fotodag van 19 Oktober moet ongelukkig na 1 November geskuif word, aangesien die saal vir die graad 12-eindeksamen gebruik word. Die saal is eers weer op 1 November beskikbaar en daarom word die laaste fotodag van die jaar na 1 November geskuif. Alle reëlings bly dieselfde behalwe dat die datum verander.

 
 

ACAPELLA-GROEP – OUDISIES 2024

Sluit by ons aan vir oudisies vir die skool se prestige Acapella-groep vir 2024. Ons het hope pret. Daar is geen rede om te bekommer nie, aangesien slegs die afrigters na jou oudisie sal luister. Wees net jou unieke, briljante self. Kom gerus saam en laat jou stem skyn.

• Oudisies word op Donderdag 27 Oktober in musiekklas nr. 6 gehou.
 Graad 3 en 4 – 17:00 – 17:30
 Graad 5 en 6 – 17:30 – 18:00
• Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
• As u kind klaar met sy / haar oudisie is, kan hul huis toe gaan. Wees asseblief geduldig indien ons ’n
   bietjie later klaarmaak aangesien ons nie vooraf kan bepaal hoeveel leerders die oudisies gaan 
   bywoon nie.
• Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word voor die skool sluit.
• Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie a Capella (sonder enige
   begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643