Nuusbrief  31                                                          12 Oktober 2023

 

VAN MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL PERSONEEL

Ons verwelkom graag ons nuwe hoof, mnr. Wouter Rothmann by Midstream College Primêre Skool. Ons sien uit na ’n baie gelukkige en vrugbare toekoms saam en wens hom alle sukses en vreugde by die skool toe.

Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons ouers na 'n vinnige oueraand uit te nooi om mnr. Rothmann op Woensdag 18 Oktober om 18:30 in ons skoolsaal te ontmoet.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir mnr. Rothman. Ons vra die Here se guns oor ons nuwe skoolhoof en dat God hom sal seën met wysheid, integriteit, 'n sin vir humor, geduld en die fisiese en geestelike energie gelykstaande aan sy take. Ons bid vir sterk ondersteuning van ouers, onderwysers en die gemeenskap en dat ons skool God se oorvloedige liefde, vreugde en seëninge gedurende hierdie volgende hoofstuk sal geniet.

 
 

LEIERS EN HOOFLEIERS

Daar is einde verlede kwartaal ’n finale groep leiers aangekondig. Hulle is:
Michéla Alston, Mizé Raubenheimer, Lika van der Merwe, Etjan Genis, Lethabo Lefakane en Caydin Venter.

 Baie geluk aan die volgende leerders wat as hoofleiers aangekondig is:
Hoofseun:                 Beyers Pretorius
Onderhoofseuns:   Sinokhule Sithole
                                   Matthieu du Venage

Hoofdogter:               Janelle Kirkpatrick
Onderhoofdogters:  Lené Greyling 
                                    Shauna Shamuyarura

Ons is besonder trots op julle.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 18 Oktober plaas.  Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 12 Oktober om 14:00 tot 17 Oktober om 22:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 22:00 op Dinsdag 17 Oktober gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

 
 

7-AAN-’N-KANT-HOKKIEFEES

Midstream is trots om hierdie jaar in vennootskap met die MJ19 Hokkie Akademie die tweede 7-aan-’n-kant-hokkiefees aan te bied.
Spelers vanaf graad R tot graad 7 kan vir hierdie prettige fees inskryf. Registrasie is gratis en spelers moet die aanlyn skakel gebruik om te registreer.
Registrasie sluit op Sondag 15 Oktober om 20:00. Geen uitsonderings sal gemaak word nie. Ons sien uit daarna om die dag saam met u te geniet.

Registrasie skakel
 
 

SENIOR KOOR 2024

Senior Koor-oudisies vind op 17 en 24 Oktober van 14:00 tot 15:00 in mev. Badenhorst se klaskamer plaas. Kinders wat in 2024 by die Senior Koor wil aansluit, moet op 17 of 24 Oktober ’n oudisie bywoon. Geen voorbereiding word vir die oudisie benodig nie. Bestaande lede van die Senior Koor en graad 3-leerders in die Junior Koor hoef nie oudisies by te woon nie. Hulle sal outomaties deel van die 2024 Senior Koor vorm. As jou kind ’n oudisie wil bywoon, druk asseblief op die skakel hieronder en voltooi die Google-vorm

Google-vorm
 
 

WANNEER IS ‘N VRIENDSKAP GESOND EN KONFLIK NORMAAL?

Vriendskap speel 'n belangrike rol in 'n kind se algehele ontwikkeling. Ongelukkig ondervind kinders dikwels haakplekke en konflik binne hul vriendekringe. Om hierdie probleme as ouer te navigeer, kan baie uitdagend wees. Ons nooi u graag na ‘n aanbieding deur Julian de la Hunt en Karien van der Merwe, beide insiggewende en bekroonde sprekers, sowel as ouers van laerskoolkinders, waartydens die onderwerp "Wanneer is 'n vriendskap gesond, wanneer is konflik normaal?" bespreek sal word. Sluit asseblief by ons aan op Donderdag, 12 Oktober om 18:30 in die Ouditorium.
 
Neem asseblief kennis dat die aanbieding in Engels sal plaasvind.

Vir meer inligting rakende die sprekers, klik asseblief op die onderstaande skakel.

Inligting
 
 

ATLETIEK

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende die atletiek.

Druk asseblief op die onderstaande skakels om by die onderskeie WhatsApp-groepe aan te sluit.

INLIGTING
Graad 1 - 3 Graad 4 - 5 Graad 6 - 7
 
 

TENNISPROEWE VIR 2024 SPANNE

Let asseblief daarop dat ons jaarlikse uitspeelwedstryde, om spanne vir 2024 te finaliseer, gedurende kwartaal 4 plaasvind. Die volgende oefenreëlings sal dus geld:
• Maandae 14:00 – 17:00: Slegs uitspeelwedstryde
• Woensdae 14:00 – 15:00: Gewone tennisoefening vir graad 2- tot 6-spelers wat nie aan  
  uitspeelwedstryde deelneem nie.
• Vrydae 14:00 – 17:00: Slegs uitspeelwedstryde

BELANGRIK:
• GRAADEEN-OEFENING OP MAANDE EN VRYDAE 13:30-14:00 WORD NIE HIERDEUR GEAFFEKTEER
   NIE.
• Graad 7-spelers skakel by die hoërskool-oefeninge in. Dit vind plaas op:
  Dinsdae 18:00-19:30: Sosiaal
  Donderdae 14:15-15:15: Beginnerspelers
  Donderdae 15:15-16:15: Spanspelers

 
 

FOTO’S

Die groepfoto’s wat reeds bestel kan word, sal eers na 19 Oktober se fotodag gedruk word, aangesien die leerders wat afwesig was tydens die vorige twee fotodae, eers afgeneem moet word. Inlaste sal dan van hierdie leerders op die groepfoto’s gemaak word. Wanneer hierdie proses afgehandel is, sal die groepfoto’s gedruk word en vir die skool gestuur word.

19 Oktober is die laaste fotodag. Op hierdie dag word die individuele foto’s van die leerders, wat tydens die vorige fotodae afwesig was, geneem. Sport- en kultuurgroepe wat nog nie afgeneem is nie, word ook op hierdie dag afgeneem. Alle foto's word in die ouditorium geneem.

Belangrik: Boeties/sussies-foto’s word soos volg geneem:

07:00 – 07:25:
Slegs foto’s van boeties en sussies wat in beide die hoërskool en laerskool is. (7:30 moet die hoërskoolleerders in hul klasse wees) Leerders moet eerder te vroeg as te laat vir die foto’s voor skool kom, aangesien ons NIE na 7:25 meer foto’s kan neem nie.
10:00 – 10:15: Slegs foto’s van boeties en sussies wat net in die laerskool is.
12:15 – 12:45: Slegs foto’s van boeties en sussies wat net in die laerskool is.
13:45 – 14:15: Slegs foto’s van boeties en sussies wat in beide die hoërskool en laerskool is.

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2024 IS OOP

MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2024 moet plaas, het reeds geopen.

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643