Nuusbrief  29                                                         14 September 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“Gratitude is the healthiest of all human emotions. The more you express gratitude for what you have, the more likely you will have even more to express gratitude for. – Zig Ziglar.

Dit vat maande sy fyn beplanning en harde werk om die SpringFest te reël. Ek wil elke betrokke persoon, in die besonder die SpringFest-komitee, uit my hart uit bedank. Julle toewyding, entoesiasme en tyd word opreg waardeer.

Soos van u reeds weet, was daar ongelukkig ‘n noodlottige insident waarby ‘n personeellid van Happyland betrokke was. Ons diepste meegevoel gaan aan Happyland, en veral die familie van hierdie werknemer.

Baie geluk aan ons Junior Revue wat  'n tweede plek en ons Senior Revue wat 'n derde plek in die Lefra-produksie behaal het, ons is baie trots op julle.

Ons sien uit na die SpringClassics vanaand en om ons Kultuursterre in aksie te sien.

Sterkte vir die laaste week van die kwartaal.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die kerk.
Ons vra die Here se seën en leiding oor die kerke in ons gemeenskap. Ons bid dat God elke kerk met Sy Heilige teenwoordigheid sal vul. Ons bid vir wysheid vir die kerkleiers, predikante en pastore en dat die Here hulle sal help om getroue dienaars van Sy koninkryk te wees. Ons bid dat die kerk in geloof en liefde sal groei, en om ’n baken van lig en hoop in ons gemeenskap te wees.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

SPRING CLASSICS

Ons is baie opgewonde om die hoogtepunt van ons Kultuurfees met ons Spring Classics vertoning te vier. Ons kultuurgroepe het ook ’n wonderlike jaar beleef en die aand bied hulle die geleentheid om op ons verhoog te verskyn en die gehoor te betower.

Neem asseblief kennis van die volgende inligting.
Datum: 14 September
Plek: Midstream College Skoolsaal
Tyd: 18:00 vir 18:30

Pak gerus ‘n piekniekmandjie met verversings. Geen eetgerei of glase sal voorsien word nie, so die nodige moet saamgebring word. Daar sal ronde tafels beskikbaar wees, waar ouers kan aansit terwyl hulle die vertoning geniet. (Neem asseblief kennis dat die tafels op ‘n eerste by die meul, eerste maal-beginsel sal werk.)
Deure open streng om 18:00.

 
 

SPRINGFEST

 
 

ERFENISDAG

“Sport has the power to change the world. It has the power to inspire, it has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand”. – Nelson Mandela.

Ons wil die viering van Erfenisdag met die opgewondenheid oor die Rugby Wêreldbeker op Vrydag
22 September kombineer. Ons nooi al ons leerders uit om op dié dag iets aan te trek wat óf hulle erfenis uitbeeld óf hul ondersteuning vir ‘n Suid-Afrikaanse sportspan. Ons sien uit na ‘n kleurvolle en vrolike laaste dag!

 
 

KENNISGEWING

Ons herinner u dat indien ’n leerder die skool verlaat, die deposito slegs terugbetaalbaar is mits u een kwartaal se skriftelike kennisgewing gegee het. Indien u kind aan die einde van die jaar die skool verlaat, stuur asseblief ’n e-pos aan corrieb@midstreamcollege.co.za

VISUMBRIEWE

Indien u gedurende die vakansie aansoek gaan doen vir visums vir leerders en ’n brief van die skool benodig, moet u asseblief die navraag vir die visumbriewe vóór die vakansie aan maritas@midstreamcollege.co.za, rig.

 

BIBLIOTEEKWEEK

’n Groot dankie aan elke leerder en ouer vir al die donasies van boeke vir die biblioteek. Die boekverkope was ook ’n reusesukses en in menigte huise is daar nou stapels nuwe boeke! Die leerders het Jaco Jacobs se besoek ontsettend baie geniet en ons is nog besig om die foto’s wat van die leerders saam met hom geneem is by die ouers uit te kry. Baie dankie aan ons voorlesers, Me. Hill (Mickey Muis), Me. Brown (Tier), Me. Lambrechs (Hasie), Me. Van Heerden (Seerower), Me. Arnold (Feëtjie), Me. Lelanie Groenewald (Heksie). Hulle het die voorlees van stories amper meer as die leerders geniet!

“Reading is to the mind what exercise is to the body.” – J. Addison

 
 

TENNISPROEWE VIR 2024 SPANNE

• Tennisproewe vir die 2024-spanne vind in die 4de kwartaal plaas.
• Alle belangstellende spelers moet teen 20 September inskryf.
• Belangstellendes moet op enige/alle Maandae en/of Vrydae in kwartaal 4, vir uitspeelwedstryde 
  beskikbaar wees.
• GEEN laat inskrywings kan aanvaar word nie.
• Die uitslag van die proewe bepaal die o.11- en o.13-spanne vir 2024.
• ALLE spelers wat gedurende 2023 in spanne gespeel het, moet ook weer inskryf, indien hul vir ’n 2024
  span in ag geneem wil word.
• Spelers moet ’n wedstryd op ’n vol baan kan speel, van die agterlyn af kan dien en kan telling hou,
  alvorens hulle vir ’n posisie in ’n span kan uitspeel.
• Graad 1-spelers sal slegs op aanbeveling van hul afrigters oorweeg word.
• Graad 2 tot 4-spelers speel vir 2024 se o.11-spanne uit.
• Graad 5 tot 6-spelers speel vir 2024 se o.13-spanne uit.
• Skryf in deur Nicoline Wildenboer, tennisorganiseerder, te whatsapp (082 486 1950) of ’n e-pos te stuur
  na nicolinew@midstreamcollege.co.za.
• Gebruik gerus dieselfde kontakbesonderhede vir enige navrae!

 
 

VAKANSIESKOOL

’n Vakansieklub sal Dinsdag 26 September, Woensdag 27 September, Donderdag 28 September, vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 29 September van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Googlevorm voor of op 17 September.

Vakansieskool inskrywings
 
 

DIE UNIFORMWINKEL HANDELSURE

September / Oktober Handelsure
22 September: 07:00 – 15:00
23 September – 4 Oktober: Gesluit
5 – 6 Oktober: 08:00 – 16:00
9 Oktober: 08:00 – 17:00
Vanaf 10 Oktober: 07:00 – 17:00
Vir dringende versoeke, skakel 064 937 0551.

 
 

STUDIEMETODEKURSUS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodekursus
 
 

SWIMATHON

Ons heel eerste Midstream Mile Swimathon word Donderdag 21 September in samewerking met CANSA, gehou. Dit is ’n wonderlike inisiatief ter ondersteuning van ’n goeie doel en ons is baie opgewonde! Die Midstream Mile is oop vir beide kinders (heeldag) en volwassenes (tussen 17:00 en 18:00) in die Midstream-gemeenskap. ’n Skenking van R50 is via die Quicket-skakel betaalbaar en die aangehegte Googlevorm moet ook voltooi word om te verseker dat jou inskrywing suksesvol is. Klik asseblief op die onderstaande skakel om in te skryf. Die Quicket-skakel sal op die laaste bladsy van die Googlevorm beskikbaar wees nadat die vorm ingedien is.

Googlevorm
 
 

SWEMPROEWE

Minimum vereistes vir o.7- en o.8-swemmers:
Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 25 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Minimum vereistes vir o.9- tot o.13-swemmers:
Indien u kind twee of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 50 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag
• Vlinderslag

Swemproewe
o.7- tot o.11-swemmers
o.7 – o.11 Maandag 18 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Dinsdag 19 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Woensdag 20 September 14:15 – 15:00

 
 

MCP - UITREIKPROJEK

Ons is baie opgewonde om ons Kwartaal 3 Uitreikprojek van stapel te stuur!

Kungwini Welfare Organisation is ’n niewinsgedrewe liefdadigheidsorganisasie wat in 1983 begin het. Sedertdien het hulle ’n lang pad gestap en hulle bied vandag mediese sorg en verblyf aan 140 gestremde volwassenes. Hulle bied ook maatskaplikewerkdienste en -projekte aan om die hele gemeenskap in hul onmiddellike omgewing by te staan en op te hef, insluitend ’n Vroeë Leersentrum wat skoolopleiding vir voorskoolse kinders van die gemeenskap bied.

Besoek gerus hul webwerf by https://www.kwo.org.za/ indien u meer wil weet.

Kungwini maak op bydraes van die publiek staat om hul dienste te lewer en ons sal hulle graag ondersteun en help waar moontlik!

Sien asseblief die lys hieronder vir die items wat hulle regtig benodig. Indien u aan hierdie Yadah #MCPcares-projek wil deelneem, koop asseblief enige van die onderstaande items en stuur dit na u kind se registerklas.
Graad 7
• Melk – langlewe bokse
• Tee – Rooibos en gewone tee
• Suiker
• Koffie

Graad 6
• Cornflakes
• Weetbix
• Kitspap (Mabela en Hawermoat/Oats)

Graad 5
• Rys
• Pasta
• Mayonnaise

Graad 4
• Waspoeier
• Sta-soft

Graad 3
• Bleikmiddel
• Toiletpapier

Graad 1 en 2
• Toiletware – soos tandepasta, seep, velroom, waslappe, tandeborsels, weggooibare skeermesse, sjampoe en opknapper.

Ons sê sommer by voorbaat baie dankie vir u deelname en vrygewigheid!

 
 

TINA COWLEY MIDSTREAM

Die program fokus op leesvaardighede soos begripslees en spoedverbetering om leerders te help met leer en die beantwoording van vraestelle, wat nodige vaardighede is wat hulle vir die res van hul lewens kan gebruik. Klik op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Tina Cowley
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643