Nuusbrief  28                                                           7 September 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“Spring is nature’s way of saying, ‘Let’s party!’” – Robin Williams Sien julle almal hierdie komende naweek by die SpringFest! Ons sien uit na wonderlike lenteweer, ’n feestelike atmosfeer en ’n geleentheid vir ons gesinne om saam te kuier terwyl ons na wonderlike musiek luister.

Ons vier ook die einde van ons Kultuurfees met ons jaarlikse Spring Classics, wat aan ons talentvolle kultuurleerders nog ’n geleentheid bied om die verhoog te betree en te doen waarvoor hulle die liefste is. (Sien asseblief later in die nuusbrief besonderhede.)

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die graad 10-leerders wat hulle groot Odyssey-uitdaging aanpak. Ons bid vir hulle en al die betrokke onderwysers dat hulle almal weer veilig sal terugkeer en dat die ervaring vir hulle van groot waarde sal wees.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

LANDLOOP

Vyf van ons leerders het Gauteng-Noord kleure verwerf met landloop en kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem in Gqeberha. Baie geluk aan die volgende atlete, ons is trots op julle:

André le Roux (o.8)
Luke Annandale (o.9)
Banie Claasen (o.11)
Lize-Marie Jansen van Rensburg (o.12)
Mizé Raubenheimer (o.13)

 
 

SPRINGFEST - 9 SEPTEMBER

Online Tickets
 
 

FOTO'S

Die individuele foto’s se bestellings sluit 18 September. Die bestellings van die individuele foto’s sal daarna so gou as moontlik verwerk en gedruk word. Die groepfoto’s wat ook bestel kan word, sal eers na 19 Oktober se fotodag gedruk word, aangesien die leerders wat afwesig was tydens die vorige twee fotodae, eers afgeneem moet word. Inlaste sal dan van hierdie leerders op die groepfoto’s gemaak word. Wanneer hierdie proses afgehandel is, sal die groepfoto’s gedruk word en vir die skool gestuur word.

19 Oktober is die laaste fotodag. Op hierdie dag word die individuele foto’s van die leerders, wat tydens die vorige fotodae afwesig was, geneem. Sport- en kultuurgroepe wat nog nie afgeneem is nie, word ook op hierdie dag afgeneem.

Belangrik: Boeties/sussies-foto’s word soos volg geneem:

07:00 – 07:25:    Slegs foto’s van boeties en sussies wat in beide die hoërskool en laerskool is. (7:30 moet die hoërskoolleerders in hul klasse wees) Leerders moet eerder te vroeg as te laat vir die foto’s voor skool kom, aangesien ons NIE na 7:25 meer foto’s kan neem nie.
10:00 – 10:15:    Slegs foto’s van boeties en sussies wat net in die laerskool is.
12:15 – 12:45:    Slegs foto’s van boeties en sussies wat net in die laerskool is.
13:45 – 14:15:    Slegs foto’s van boeties en sussies wat in beide die hoërskool en laerskool is.

 
 

VAKANSIESKOOL

’n Vakansieklub sal Dinsdag 26 September, Woensdag 27 September, Donderdag 28 September, vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 29 September van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Googlevorm voor of op 17 September.

Vakansieskool inskrywings
 
 

SPRING CLASSICS

Ons is baie opgewonde om die hoogtepunt van ons Kultuurfees met ons Spring Classics vertoning te vier. Ons kultuurgroepe het ook ’n wonderlike jaar beleef en die aand bied hulle die geleentheid om op ons verhoog te verskyn en die gehoor te betower.

Neem asseblief kennis van die volgende inligting.
Datum: 14 September
Plek: Midstream College Skoolsaal
Tyd: 17:30 vir 18:00

Pak gerus ‘n piekniekmandjie met verversings. Geen eetgerei of glase sal voorsien word nie, so die nodige moet saamgebring word. Daar sal ronde tafels beskikbaar wees, waar ouers kan aansit terwyl hulle die vertoning geniet. (Neem asseblief kennis dat die tafels op ‘n eerste by die meul, eerste maal-beginsel sal werk.)
Deure open streng om 17:00.

 
 

SWIMATHON

Ons heel eerste Midstream Mile Swimathon word Donderdag 21 September in samewerking met CANSA, gehou. Dit is ’n wonderlike inisiatief ter ondersteuning van ’n goeie doel en ons is baie opgewonde! Die Midstream Mile is oop vir beide kinders (heeldag) en volwassenes (tussen 17:00 en 18:00) in die Midstream-gemeenskap. ’n Skenking van R50 is via die Quicket-skakel betaalbaar en die aangehegte Googlevorm moet ook voltooi word om te verseker dat jou inskrywing suksesvol is. Klik asseblief op die onderstaande skakel om in te skryf. Die Quicket-skakel sal op die laaste bladsy van die Googlevorm beskikbaar wees nadat die vorm ingedien is.

Googlevorm
 
 

SWEMPROEWE

Minimum vereistes vir o.7- en o.8-swemmers:
Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 25 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Minimum vereistes vir o.9- tot o.13-swemmers:
Indien u kind twee of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 50 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag
• Vlinderslag

Swemproewe
o.7- tot o.11-swemmers
o.7 – o.11 Maandag 18 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Dinsdag 19 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Woensdag 20 September 14:15 – 15:00

 
 

MCP - UITREIKPROJEK

Ons is baie opgewonde om ons Kwartaal 3 Uitreikprojek van stapel te stuur!

Kungwini Welfare Organisation is ’n niewinsgedrewe liefdadigheidsorganisasie wat in 1983 begin het. Sedertdien het hulle ’n lang pad gestap en hulle bied vandag mediese sorg en verblyf aan 140 gestremde volwassenes. Hulle bied ook maatskaplikewerkdienste en -projekte aan om die hele gemeenskap in hul onmiddellike omgewing by te staan en op te hef, insluitend ’n Vroeë Leersentrum wat skoolopleiding vir voorskoolse kinders van die gemeenskap bied.

Besoek gerus hul webwerf by https://www.kwo.org.za/ indien u meer wil weet.

Kungwini maak op bydraes van die publiek staat om hul dienste te lewer en ons sal hulle graag ondersteun en help waar moontlik!

Sien asseblief die lys hieronder vir die items wat hulle regtig benodig. Indien u aan hierdie Yadah #MCPcares-projek wil deelneem, koop asseblief enige van die onderstaande items en stuur dit na u kind se registerklas.
Graad 7
• Melk – langlewe bokse
• Tee – Rooibos en gewone tee
• Suiker
• Koffie

Graad 6
• Cornflakes
• Weetbix
• Kitspap (Mabela en Hawermoat/Oats)

Graad 5
• Rys
• Pasta
• Mayonnaise

Graad 4
• Waspoeier
• Sta-soft

Graad 3
• Bleikmiddel
• Toiletpapier

Graad 1 en 2
• Toiletware – soos tandepasta, seep, velroom, waslappe, tandeborsels, weggooibare skeermesse, sjampoe en opknapper.

Ons sê sommer by voorbaat baie dankie vir u deelname en vrygewigheid!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643