Nuusbrief  27                                                            31 Augustus 2023

 

UIT DIE KANTOOR


Ons is so dankbaar vir al ons ouers en kinders wat goedhartigheid (kindness) en aanvaarding teenoor mekaar toon, asook teenoor al die leerders by Midstream College. Die afgelope week het beslis vir baie van ons gewys dat ons pad deur ’n Groter Wese / Hoër Hand uitgekerf is en dat ons geseën word terwyl ons na prestasies streef.

Baie van ons leerders het in hul skoolwerk sowel as in hul daaglikse aktiwiteite hul absolute beste gegelewer. Ons deel graag die suksesse van ons revue-groepe, van Midstream College Hoërskool, Midstream Ridge Laerskool, ons Senior Laerskool Revue Groep sowel as ons Junior Revue Groep wat almal die afgelope paar dae die erkenning van Midstream Skole se name verseker het met hul pragtige vertonings en plasings by die Kaleidoskoop-kompetisie. Beide ons revue-groepe het plekke behaal, met die Senior Revue Groep in die tweede plek en ons Junior Revue Groep wat die eerste plek behaal het! Geluk met hierdie wonderlike prestasies!

Ons loof ons leerders vir hul harde werk en toewyding aan hul aktiwiteite en skoolwerk. Ons salueer julle toewyding.

 
 

YADAH

Genadige God, ons is dankbaar vir die goedhartigheid en vrygewigheid wat U elke dag aan ons bewys. Ons vra dat U ons sal help om diegene rondom ons op dieselfde manier te sien as wat U dit doen. Vorm ons harte om soos U s'n te wees, en lei ons hande deur U Gees om vandag vriendelikheid en vrygewigheid aan ander te toon. Amen.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

LOSLITDAG

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) is trots om aan te kondig dat die 29ste Loslitdag hierdie jaar op 1 September gevier gaan word! Hierdie jaar se tema is so maklik om daagliks uit te leef: Share a smile!

William Arthur Ward het gesê: “A warm smile is the universal language of kindness.”
By Midstream College is ons trots om hierdie verdienstelike geldinsamelingsprojek te ondersteun, deur Loslit-plakkers teen R20 by Tuck In beskikbaar te stel. Let asseblief daarop dat betaling vir plakkers slegs kontant mag wees.

Wat om aan te trek: Op Vrydag 1 September 2023 doen die NRPG ’n beroep op almal in ons omgewing om pragtig te glimlag en Suid-Afrika só ’n vriendeliker plek te maak.

Dit is ook Lentedag en ons gee graag aan ons leerders die geleentheid om gewone klere te mag dra om beide die lente en Loslitdag te vier.

 
 

SWIMATHON

Ons heel eerste Midstream Mile Swimathon word Donderdag 21 September in samewerking met CANSA, gehou. Dit is ’n wonderlike inisiatief ter ondersteuning van ’n goeie doel en ons is baie opgewonde! Die Midstream Mile is oop vir beide kinders (heeldag) en volwassenes (tussen 17:00 en 18:00) in die Midstream-gemeenskap. ’n Skenking van R50 is via die Quicket-skakel betaalbaar en die aangehegte Googlevorm moet ook voltooi word om te verseker dat jou inskrywing suksesvol is. Klik asseblief op die onderstaande skakel om in te skryf. Die Quicket-skakel sal op die laaste bladsy van die Googlevorm beskikbaar wees nadat die vorm ingedien is.

Googlevorm
 
 

SWEMPROEWE

Minimum vereistes vir o.7- en o.8-swemmers:
Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 25 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Minimum vereistes vir o.9- tot o.13-swemmers:
Indien u kind twee of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 50 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag
• Vlinderslag

Swemproewe
o.7- tot o.11-swemmers
o.7 – o.11 Maandag 18 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Dinsdag 19 September 14:15 – 15:00
o.7 – o.11 Woensdag 20 September 14:15 – 15:00

Die o.12- en o.13-swemmers is uitgenooi om Vrydag 13 Oktober aan ’n gala by Uplands College in Witrivier deel te neem, in samewerking met Midstream Ridge Laerskool en die hoërskool. Ons wil graag die o.12- en o.13-spanne so gou as moontlik finaliseer, sodat ons die toergroep kan saamstel en die inligting aan die ouers kan deurgee. Die o.12- en o.13-swemmers se proewe sal dus vroeër plaasvind.
 
Swemproewe
o.12- en o.13-swemmers
o.12 & o.13    Woensdag 6 September    14:15 – 14:45
o.12 & o.13    Donderdag 7 September    14:15 – 14:45

 
 

INDIVIDUELE FOTOBESTELLING

Die individuele foto’s se bestelvormpie is Vrydag aan elke leerder uitgedeel. Maak asseblief seker dat jy, indien jy ’n individuele foto wil bestel, dit voor 18 September doen. ’n Datum vir die groepfoto’s sal later deurgestuur word.

 
 

SPRINGFEST - 9 SEPTEMBER

 
 

MCP BIBLIOTEEKWEEK 4 – 8 SEPTEMBER.

Ons begin die biblioteekweek met donasies van goeie, goed opgepaste boeke. Boeke wat nie in die biblioteek gebruik kan word nie sal weer aan ander minderbevoorregte skole geskenk word. Dinsdag sal daar gedurende tweede pouse stories deur ons MCP-onderwysers voorgelees word! Woensdag kom die bekende skrywer Jaco Jacobs by ons kuier, onthou jou leesboek vir sy handtekening.
Woensdag en Donderdag sal daar ’n boekverkoping in die biblioteek wees tussen 12:00 – 15:00. Geen kontant sal aanvaar word nie. Ouers kan gerus saam met hul kinders kom kyk na die verskillende uitstallings en so belê in jou kind se leesgenot.
Vrydag word die week weer afgesluit deur boekdonasies aan die biblioteek. Word deel van hierdie geleentheid om ons gemeenskap meer bewus te maak van die waarde van ons leerders se leesvaardigheid.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643