Nuusbrief  26                                                              24 Augustus 2023

 

UIT DIE KANTOOR


"Carry out a random act of kindness with no expectation of reward, safe in the knowledge that one day, someone might do the same for you.” – Princess Diana

In Leerderondersteuning voer ons ’n veldtog om ander te behandel soos jy graag behandel wil word. Die gedagte “Wat lê daarin vir my?” moet nooit by iemand opkom as hulle besluit het om goedhartig op te tree nie. Goedhartigheid (kindness) is ’n daad van “menslikheid van een persoon teenoor ’n ander.” Dit behoort natuurlik te wees, maar soms het ons aanmoediging of idees nodig om ons aan die gang te kry.

In Galasiërs 5: 22 – 23 lees ons: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.”

Kom ons fokus in die volgende paar weke van hierdie kwartaal om daagliks op ‘n vriendelike en dagmoedige wyse teenoor mekaar op te tree.

 
 

YADAH
HIERDIE WEEK BID ONS...

… vir diegene wat fisiese uitdagings, siekte en besering in die gesig staar, sodat God hulle die krag en geduld sal gee om deur die hersteltydperk te volhard. Ons bid ook vir hul gesinne en ons vra vir God se wysheid terwyl ons vir genesing bid, dat die wete dat Sy wil volmaak is, vrede en berusting bring . Ons bid ook vir al die betrokke dokters, verpleegsters en mediese spesialiste dat God hulle sal seën met leiding, wysheid, geduld en insig.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

LOSLITDAG

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) is trots om aan te kondig dat die 29ste Loslitdag hierdie jaar op 1 September gevier gaan word!

Hierdie jaar se tema is so maklik om daagliks uit te leef: Share a smile!

William Arthur Ward het gesê: “A warm smile is the universal language of kindness.”

By Midstream College is ons trots om hierdie verdienstelike geldinsamelingsprojek te ondersteun, deur Loslit-plakkers teen R20 by Tuck In beskikbaar te stel. Let asseblief daarop dat betaling vir plakkers slegs kontant mag wees.

Wat om aan te trek:
Op Vrydag 1 September 2023 doen die NRPG ’n beroep op almal in ons omgewing om pragtig te glimlag en Suid-Afrika só ’n vriendeliker plek te maak.

Dit is ook Lentedag en ons gee graag aan ons leerders die geleentheid om gewone klere te mag dra om beide die lente en Loslitdag te vier.

 
 

SPRINGFEST

 
 

MCP - UITREIKPROJEK

Ons is baie opgewonde om ons Kwartaal 3 Uitreikprojek van stapel te stuur!

Kungwini Welfare Organisation is ’n niewinsgedrewe liefdadigheidsorganisasie wat in 1983 begin het. Sedertdien het hulle ’n lang pad gestap en hulle bied vandag mediese sorg en verblyf aan 140 gestremde volwassenes. Hulle bied ook maatskaplikewerkdienste en -projekte aan om die hele gemeenskap in hul onmiddellike omgewing by te staan en op te hef, insluitend ’n Vroeë Leersentrum wat skoolopleiding vir voorskoolse kinders van die gemeenskap bied.

Besoek gerus hul webwerf by https://www.kwo.org.za/ indien u meer wil weet.

Kungwini maak op bydraes van die publiek staat om hul dienste te lewer en ons sal hulle graag ondersteun en help waar moontlik!

Sien asseblief die lys hieronder vir die items wat hulle regtig benodig. Indien u aan hierdie Yadah #MCPcares-projek wil deelneem, koop asseblief enige van die onderstaande items en stuur dit na u kind se registerklas.

• Melk – langlewe bokse
• Tee – Rooibos en gewone Long tee
• Suiker
• Koffie
• Cornflakes
• Weetbix
• Kitspap (Mabela en Hawermoat/Oats)
• Rys
• Pasta
• Mayonnaise
• Waspoeier
• Sta-soft
• Bleikmiddel
• Toiletpapier
• Toiletware – soos tandepasta, seep, velroom, waslappe, tandeborsels, weggooibare skeermesse, 
  sjampoe en opknapper.

Ons sê sommer by voorbaat baie dankie vir u deelname en vrygewigheid!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643