Nuusbrief  25                                                              17 Augustus 2023

 

UIT DIE KANTOOR

The only person you should try to be better than, is the person you were yesterday. – Matty Mullins

Dis is wonderlik om ons leerders se toewyding, dissipline en deursettingsvermoë om voortdurend hul vaardighede te verbeter, dop te hou. Op dié wyse dra hul by tot die span of kultuurgroep se sukses en so ervaar hul ook die waarde van spanwerk, die gedeelde doelwitte, en die positiewe gesindheid tydens oefeninge en kompetisies. Beide die uitdagings en oorwinnings maak hul meer vasberade om na uitnemendheid te streef. Die grootste kompliment is egter die positiewe kommentaar rakende ons leerders se gedrag van die verhoog/veld af.

Ons kultuurgroepe het ons weereens uit ons sokkies bederf met hulle indrukwekkende vertonings hetsy by die MC³ Konsert, Centurion Kunstefees, Kaleidoscope- en 8Beats-kompetisies. Dankie vir almal se toewyding en passie tydens die vertonings.

Baie geluk aan ons Senior Revue wat gisteraand as wenners by die 8Beats-kompetisie aangewys is. Ons bars van trots!

Ek wil graag ons leerders wat ’n stryk-instrument speel uitnooi om aan te sluit by ons Strykorkes, ons het jul kundigheid nodig. Herman, ons dirigent, is so passievol en dit sal vir seker ’n ongelooflike ervaring wees om deel van die Strykorkes te wees.

 
 

YADAH
ONS BID VIR...

Klik asseblief op die skakel vir ons gebed vir ons skool hierdie week. Ons versoek dat u en u gesin saam met ons aanhou bid.

Gebed
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

CENTURION KUNSTEFEES

Verskeie van ons kultuurgroepe het reeds by die Centurion Kunstefees deelgeneem en het uitsonderlike prestasies behaal:

Die Senior Choral Verse en Spreekkoor het beide A++ verwerf en is ook as kategoriewenners aangewys.
Die Junior Revue, Senior Revue, Grace Ensemble en Isicathulo (gumboots) het almal A++ ontvang.
Die Junior Choral Verse verwerf ’n A+.

Baie geluk aan hierdie kultuurgroepe, ons is baie trots op elke leerder en onderwyser wat tot hierdie sukses bygedra het.

 
 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag vanaf Maandag 21 Augustus kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643