Nuusbrief  24                                                               10 Augustus 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Baie geluk aan ons kultuurgroepe wat uitstaande prestasies verlede Saterdag by die Centurion Kunstefees behaal het. Ons is baie trots op julle. Baie sterkte met die opkomende optredes en kompetisies.
Dit gaan goed me
t ons tennisspanne in Bethlehem, dit is beslis ’n hoogtepunt op die tenniskalender. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons ruiterkunsspan met hul prestasies geluk te wens.

Ek wil die volgende ware woorde van Vince Lombardi met u deel:
Individual commitment to a group effort – that is what makes a team work.”

By ons skool, leer ons leerders lojaliteit, toewyding, respek en betroubaarheid teenoor hul skool, hul vriende en hul sportspan. Wanneer hierdie waardes in plek is, sal deelnemers betyds vir hul sportverpligtinge wees en sal hulle nie hul span in die steek laat deur nie vir 'n wedstryd op te daag nie. Die leerders en onderwysers is trots op ons sportspanne, en ons glo dat elkeen wat hul span in die steek laat, hulself sowel as hul skool in die steek laat. Ondersteun ons asseblief in ons pogings om ons leerders te leer om eerbare toewyding en spanwerk aan die dag te lê.

Iets wat my baie na aan die hart lê is goedhartigheid (kindness) teenoor mekaar en dit is beslis 'n geskenk wat almal kan bekostig om te gee. My boodskap aan ons leerders hierdie week word deur die woorde van Bob Kerrey oorgedra: “Unexpected kindness is the most powerful, least costly, and most underrated agent of human change.”

Kom ons fokus op goedhartigheid as 'n dryfveer regdeur ons skool.

 
 

YADAH
ONS BID VIR...

Hierdie week bid ons vir vroue: Ons bid dat alle vroue sal besef hoe kosbaar hulle is en hoeveel vreugde hulle in hul gesinne se lewens bring. Ons bid dat God elke vrou onder Sy beskerming en veiligheid sal hou en elkeen met krag, wysheid en vreugde sal seën.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

T20 SMASH

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643