Nuusbrief  23                                                               3 Augustus 2023

 

UIT DIE KANTOOR

UIT DIE KANTOOR “We need women who are so strong they can be gentle, so educated they can be humble, so fierce they can be compassionate, so passionate they can be rational, and so disciplined they can be free.” – Kavita Ramdas

Ons wens ons sterk, intelligente, talentvolle en eenvoudig wonderlike mammas ’n gelukkige Vrouedag. Ons waardeer julle.

Ons sien ongelooflik baie uit na die debuut Midstream Skole Konsert wat in die Staatsteater op 9 Augustus plaasvind. Sterkte aan al die onderskeie kultuurgroepe wat deelneem.

Ons versoek dat ouers asseblief hulle gesin se inligting op die Ouerpoort opdateer en verseker dat die korrekte kontakbesonderhede, asook mediese inligting, beskikbaar is.

 Teken in op die Ouerpoort.
Druk op die “Students tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op “Health record”.
Druk op “Parent info”.
Dateer alle inligting op die onderskeie “tabs” op.
Onthou asseblief om elke keer “Save the changes” te druk.

 
 

ONS BID VIR...

Hierdie week bid ons vir elke kind in hierdie skool dat die Vrug van die Gees in elkeen sigbaar sal wees en dat ons met ‘n sagtheid en deernis teenoor mekaar sal optree. Ons bid dat ons oë sal oopgaan vir God se genade en liefde in ons eie lewens sodat ons ook hierdie liefde aan al die mense om ons kan betoon.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

AFRIKAANSREDENAARS

Baie sterkte aan die volgende Afrikaansredenaars, wat die skool gedurende die volgende maand tydens verskeie finale rondtes van landswye redenaarskompetisies, met trots sal verteenwoordig!

ATKV:
• Kaylee Knott-Craig

 

ARTISTATUE
Monet Bezuidenhout
• Gizelle Malan
• Judy Botha
• Gretha Grimsehl
• Lika Barnard
• Kyrah van Heerden
• Leah Struwig
• Hein Kymdell
• Lian Grobler
• Mishke Cilliers


• Migael Combrinck
• Lisa Ballot
• Mieke Grobler
• Henry Kymdell
• Anika Alberts
• Sebastiaan Struwig
• Kaylee Knott-Craig
• Danike Marx
• Harrison Nass
• Jessica Grey
• En as span: Sebastiaan Struwig, Mieke Grobler,    
                         Sulize van den Berg, Ksenya Reinke

KANSVATTER:
• Lika Barnard
• Lian Grobler
• Mishke Cilliers
• Migael Combrinck
• Mieke Grobler
• Anika Alberts

 
 

TENNIS

Baie sterkte aan die volgende o.13-tennisspelers, wat vanaf 8 tot 12 Augustus aan die Bethlehemtennistoernooi gaan deelneem!

Louise Pieterse
Sulize van den Berg
Amelie Ponting
Aiko Viljoen
Giselle Prinsloo

Beyers Pretorius
Charl Cilliers
Junior Coetzee
David van der Vyver
Harrison Nass
Joshua van Deventer
Markus Swanepoel
Benno Viljoen

 
 

TENNISOEFENING

Weens ’n groot hoeveelheid ligawedstryde wat gedurende kwartaal 3 plaasvind, sal daar nie gewone skooloefening vir graad 2 tot 7 op die volgende Maandae plaasvind nie:

• 7 Augustus
• 21 Augustus
• 28 Augustus
• 4 September

Graad 1-oefeninge word NIE deur hierdie reëling geaffekteer nie.

 
 
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643