Nuusbrief  22                                                                   27 Julie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“Happiness is found in the simplest of things. Happiness is found in gratitude, in a kept promise, in a good conversation, in love, in friendship, in an achieved goal, in a fond memory, in all the simplest magnificence of life.” – Steve Maraboli

Die opvoeding van ons leerders is gebou op drie pilare naamlik: akademie, sport en kultuur, waarvan die akademie altyd die hoogste prioriteit dra. My wense is egter dat elke leerder dié kwartaal hul potensiaal op elke gebied sal bereik. Die kenmerklike besige derde kwartaal het dan ook vinnig spoed opgetel met ons kultuurgroepe se optredes wat begin het en ons sport wat weer in volle vaart is. Ons wens al ons leerders baie sterkte toe.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

MUURBAL

Baie geluk aan elkeen van die volgende spelers wat aan die Interprovinsiale muurbaltoernooie van 24 – 28 Junie deelgeneem het. Die o.11-spelers het in Port Elizabeth deelgeneem, terwyl die o.13-spelers in Oos-Londen deelgeneem het.

o.11: Half-Provinsiale kleure
• Tyron Naidoo – Deel van wenspan – Beste o.11-seunspan in SA.
• Jéan Coetzee
• Daniël de bruin
• Alexander Stark
• George Olwagen
• Lize de Bruin – Deel van wenspan – Beste o.11-dogterspan in SA.

o.13: Vol-Provinsiale kleure
• Roland van der Westhuizen – Deel van die o.13A-span – Beste o.13-span in SA.
• George Wiehahn – Deel van die o.13A-span – Beste o.13-span in SA.
• André Coetzee – Deel van die o.13C-span wat derde in die B-afdeling gekom het.

 
 

ONDERSTEUN ONS NASIONALE SPORT SPANNE

Ons wil graag Vrydag 28 Julie ons ondersteuning aan Suid-Afrika se Groen-en-Goud wys.

Die wêreldbekernetbal begin eersdaags, die Springbokke draf Saterdag teen Argintinië uit, Banyana Banyana hou tans ons naam by die damesokker-wêreldbeker hoog en ons swemmers laat ons harte warm klop by hul wêreldkampioenskappe.

Wys jou ondersteuning deur ‘n denim en ‘n ondersteunershemp / t-hemp in die kleure van  jou sport-
span aan te trek.

 
 

SKOOLUNIFORM

Daar word van alle leerders by Midstream College verwag om nou hul wintersdrag vir skool aan te trek.
 
Besoek asseblief die skool se webblad vir inligting oor die skooluniform.

 
 

FOTODAG

Die Grondslagfase se fotodag is 3 Augustus en die Intersenfase is op 17 Augustus.

Foto’s word in wintersdrag met baadjie en das geneem. Geen truie word vir die foto’s gedra nie. Individuele foto’s en groepfoto’s word geneem.

 
 

T20SMASH

Die Midstream Estates Krieket Smash 2023 vind plaas op 3, 4, 11 en 17 Augustus.

Die Midstream Smash is 'n gekombineerde toernooi wat spelers van onder 12 tot onder 15 van Midstream College Primêr, Midstream Ridge Laerskool en Midstream College betrek. Vier spanne van gemengde ouderdomme is deur afrigters van die onderskeie skole gekies om aan 'n T20-formaat toernooi deel te neem wat in die aande onder ligte gespeel sal word.

Ons sien uit na die opwindende krieket wat hierdie toernooi gaan oplewer! Kom ondersteun asseblief die onderskeie spanne.

 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers aan te sluit. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 1 Augustus tot 12 September 2023 geld (behalwe op die volgende datum sal daar nie gholf wees nie – 8 Augustus). Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld.
DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel. Die wedstryde gaan ook gebruik word as proewe om ons skoolspanne vir die vierde kwartaal te bepaal. Alle spelers wat die jaar vir die skool in die liga wil speel moet ’n minimum van twee sessies bywoon. Indien dit nie moontlik is nie, moet Mnr. Kotze gekontak word.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag).

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za 
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354.

 
 

JUDO

Klik asseblief op die skakel hieronder vir meer inligting oor judolesse.

Pamflet
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643