Nuusbrief  21                                                                   20 Julie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Na ’n gelukkige en vreugdevolle wintervakansie, is ons opgewonde oor die derde kwartaal wat deur vele kultuuroptredes, sportgeleenthede en natuurlik die SpringFest gekenmerk word. Mag elke ouer, onderwyser en leerder ’n geseënde kwartaal ervaar.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

SPEECH DAY

Die Grondslagfase se English Speech Day het vanaf 19 – 21 Junie plaasgevind. Ons wens graag al die deelnemertjies geluk! Hulle het toesprake van uitnemende gehalte gelewer en kan sommer baie trots wees op hulself. Ons is beslis ook trots op elkeen van hulle.

Die uitslae is as volg:

Graad 1
Eerste:

Aria Perdijk
Lindilanga Zondi
Tweede:
Byron Gota
Derde:
Zarius Odendaal

Graad 2
Eerste:

Temaan Gounder
Tweede:
Luca Schutte
Enna Naidoo
Derde:
Tapasya Debipersad
Reeyan Naidoo

Graad 3
Eerste:

Skylar Lawer-Booyens
Tweede:
Shanaya Munesar
Derde:
Rose Dunkeld
Lashana Naidoo

 
 
Howler
 

OUERMIDDAG

Daar sal twee ouermiddae in kwartaal 3 plaasvind. Die ouermiddae sal op Maandag 24 Julie en Woensdag 26 Julie plaasvind. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 20 Julie om 16:00 tot Woensdag 26 Julie om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 26 Julie gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

 
 

OUERWERKSWINKEL AANGEBIED DEUR FREE CHURCH

 
Daar is geen koste aan die werkswinkel verbonde nie, maar hulle versoek vriendelik dat enigiemand wat gaan bywoon asseblief sal RSVP deur die onderstaande skakel te voltooi sodat hulle daarvolgens kan voorberei.

SKAKEL
 
 

MIDSTREAM COLLEGE KONSERT

Midstream College Hoërskool, Midstream College Primêre Skool en Midstream Ridge Laerskool gaan op 9 Augustus om 18:30 ‘n gesamentlike konsert in die Pretoria Staatsteater aanbied. Tydens dié spoggeleentheid gaan ongeveer 800 leerders van die drie skole ‘n verskeidenheid kultuuritems opvoer.

Ons junior en senior revue, die strykorkes en die Isicathulo sal aan die konsert deelneem.

Kaartjies vir die konsert kan aanlyn by Webtickets bespreek word. Gebruik die volgende skakel:

Webtickets
 
 

MIDSTREAM ATLETIEKKLUB

Die atletiek-voorseisoen is om die draai! Die Midstream Atletiekklub begin amptelik op Dinsdag 1 Augustus oefen!
Klik asseblief op die onderstaande skakel vir direkte toegang tot die Midstream Atletiekklub se webwerf. Alle inligting in verband met afrigters, oefentye, kostes en items wat aangebied word, is op die webwerf beskikbaar. Registrasievorms moet direk op die webwerf voltooi word. Enige addisionele navrae kan gerig word aan admin@midstreamclub.co.za

Sien jou 1 Augustus!

Midstream Atletiekklub
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643