Nuusbrief  20                                                                   22 Junie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Soos die uitdrukking sê, elke einde beteken ‘n nuwe begin, en so staan ons aan die einde van ‘n besige kwartaal en aan die begin van ‘n welverdiende wintervakansie. Ek wens elke gesin ‘n geseënde vakansie toe. Bly warm, reis veilig, rus heerlike en kom met hernude energie terug.

Ons groet vir mnr. Mark Bailey wat ons verlaat en ons bedank hom vir sy positiewe bydrae in die klaskamer, asook op die sportveld. Ons beste wense vergesel hom op sy nuwe reis.

Ons verwelkom vir mnr. Marthinus Muller wat volgende kwartaal by die Wiskundedepartement aansluit. Neem asseblief kennis dat daar ‘n paar interne skuiwe plaasvind. Mnr. Estian Esterhuizen gaan tot die einde van die jaar mnr. Bailey se klasse oorneem, terwyl mnr. Rico Ferreira dan by die Wetenskap en Liggaamsoefeninge gaan instaan. Die leerders se roosters en registerklasse bly egter dieselfde.

Baie sterkte aan die onderwysers en leerders wat gedurende die vakansie op kriekettoere gaan, sowel as die krieketweek by die skool bywoon. Ons sien daarna uit om al die nuwe vaardighede wat julle gaan aanleer, volgende kwartaal op die krieketveld te sien.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

BELANGRIKE KULTURELE DATUMS

Hiermee die optredes vir die onderskeie kultuurgroepe.

Kultuur
 
 

OUERMIDDAG

Daar sal twee ouermiddae in kwartaal 3 plaasvind. Die ouermiddae sal op Maandag 24 Julie en Woensdag 26 Julie plaasvind. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 20 Julie om 16:00 tot Woensdag 26 Julie om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 26 Julie gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

 
 

MIDSTREAM COLLEGE KONSERT

Midstream College Hoërskool, Midstream College Primêre Skool en Midstream Ridge Laerskool gaan op 9 Augustus om 18:30 ‘n gesamentlike konsert in die Pretoria Staatsteater aanbied. Tydens dié spoggeleentheid gaan ongeveer 800 leerders van die drie skole ‘n verskeidenheid kultuuritems opvoer.

Ons junior en senior revue, die strykorkes en die Isicathulo sal aan die konsert deelneem.

Kaartjies vir die konsert kan aanlyn by Webtickets bespreek word. Gebruik die volgende skakel:

Webtickets
 
 
Howler
 

23 JUNIE

Ons sluit die kwartaal op ’n hoë en aktiewe noot af. Om die einde van die kwartaal te vier, hou ons ‘n pretstap/draf waartydens die leerders ’n roete van 800 m (graad 1 – 3) of 1.6 km (graad 4 – 7) voltooi. Daar sal ook ander pretaktiwiteite wees waaraan die graad 4- tot 7-leerders gaan deelneem, bv. driebeenloop, sakresies, toutrek, ens. Die graad 1- tot 3-leerders sal die res van die dag in die klaskamers aan kunsaktiwiteite deelneem.

Kleredrag: L.O.-drag
Onthou om sonblok aan te smeer en ’n hoed te dra.

 
 

TOELATING VIR 2024

As gevolg van die oormaat aansoeke vir graad 8 vir volgende jaar sal die toelatingsproses in fases geskied. Die toelatingskriteria berus hoofsaaklik op akademiese prestasie. Die eerste fase is afgehandel en ‘n aantal leerders is al dienooreenkomstig ingelig. Faktore soos of u binne een van die Midstreamlandgoede bly of u reeds kinders in die hoërskool het en of u kind in een van ons laerskole was, speel ook ‘n rol, maar ongelukkig is laasgenoemde geen waarborg vir ‘n plek vir u kind nie.

 Tydens fase twee sal leerders se tweede kwartaal rapporte verder in ag geneem word en sal daar weer ‘n klompie leerders aan die begin van die derde kwartaal aanvaar word. Wees asseblief geduldig. Ons sal wel sterk aanbeveel dat as u aansoek in fase twee is, dat u ook ‘n plan B het.

Nadat die toegelate leerders hul plekke aanvaar het en hul deposito’s betaal het, sal finale getalle gefinaliseer word. As gevolg van kansellasies en plekke wat oopgaan, sal daar aan die begin van die vierde kwartaal weer enkele leerders toegelaat word.

 
 

FLAVOUR FESTIVAL – DATUM VERANDERING

‘n IEB-Konferensie sal op sal op 21 Julie by Midstream College Primêre Skool geskied, en daarom verskuif die Flavour Festival en Masterclass (wat op dieselfde dag sou plaasvind) na 15 September.

Kommunikasie rakende die Flavour Festival en Masterclass sal nader aan die tyd geskied.

 
 

MANDELADAG: YADAH – KOSPAK

Internasionale Mandeladag vier op 18 Julie die idee dat elke individu die mag het om die wêreld te verander en die vermoë om 'n impak te maak. So, ter ere van sy 67 jaar van staatsdiens, vra die Nelson Mandela-stigting en die VN dat jy 67 minute van jou tyd spandeer om ander te help.

Kom spandeer jou 67 minute saam met ons deur kospakkies vir minderbevoorregte mense te pak! Alles word voorsien, jy moet net jou tyd en bereidwilligheid gee!

Wat: KSM Kospak-geleentheid by ons skool!
Wie:
• Alle graad 5- tot graad 7-leerders
• Jonger maats is welkom as ouers hulle vergesel.
• Onderwysers en ouers wat wil kom help

Wanneer: 20 Julie van 14:00 – 17:00
Waar: Blok 1

Trek warm aan, bring jou gewillige hande en kom gee van jou tyd om hierdie winter gesinne in nood te help.

Vul asseblief die onderstaande Google-vorm in as jou 67 minute van omgee en opoffering saam met ons gaan spandeer.

Googlevorm
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643