Nuusbrief  2                                                              19 Januarie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Ons het 17 Januarie die 17de Verjaarsdag van ons uitsonderlike skool, Midstream College Primêre Skool gevier. Oor die jare is ons met soveel wonderlike en ongelooflike geleenthede geseën. Ons is dankbaar teenoor God vir ’n briljante skool waarop ons oneindig trots is. Ons wens ons skool alles van die beste toe vir die jare wat voorlê. Mag elke toekomstige jaar met positiewe oomblikke en oorvloedige genade gevul wees.

Dankie aan al ons ouers wat ons graad 1-atletiekuitdunne en ons Interhuisbyeenkoms verlede week bygewoon het. Ons is so trots op al ons leerders wat deelgeneem het en hul beste gedoen het.

Baie sterkte aan ons leerders wat in die volgende paar weke aan atletiekbyeenkomste, swemgalas, wedstryde en die onderskeie kultuuroudisies deelneem.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

MATRIEKUITSLAE

Ons deel met groot opwinding ons hoërskool se matriekuitslae met u. Ons wens al die leerders, sowel as hulle ouers en onderwysers, opreg geluk. Dit is so ‘n plesier om deel te wees van ‘n skool wat op so ‘n hoë vlak presteer.

MATRIEKUITSLAE
 
 

GR. 4 – 7 AKADEMIE: GESKEDULEERDE ASSESSERINGSDOKUMENT

Vind asseblief ’n geskeduleerde assesseringsdokument per graad vir die kwartaal hieronder. Al die assesserings/toetse waarvoor leerders formeel vir al die onderskeie leerareas moet voorberei, verskyn op hierdie dokument. Klasassesserings wat nie formele voorbereiding verg nie, is nie hierop aangedui nie.

Assesseringsdokument
 
 

SENIORKOOR

Kooroefening sal elke Dinsdagmiddag vanaf 15:00 – 17:00 in die skoolsaal plaasvind. Kinders in graad 4 – 7 wat graag by die Seniorkoor wil aansluit moet hul name op die lys buite mev. Badenhorst se klaskamer skryf. Kooroudisies sal Dinsdag 24 Januarie en Dinsdag 31 Januarie vanaf 14:00 – 15:30 in mev. Badenhorst se klaskamer gehou word. Kinders wat lid van die 2022 Senior- of Juniorkoor was, hoef egter nie kooroudisies by te woon nie, maar is welkom om vanaf 7 Februarie by die 2023 Seniorkoor aan te sluit.

 
 

SKAAKPROEWE

Ons nooi alle kinders wat in skaak belangstel om aan die skaakspanproewe deel te neem. Die proewe sal Dinsdag 24 Januarie begin. Daar sal hierdie kwartaal elke Dinsdagmiddag gedurende die gewone oefentye, wedstryde vir die proewe gespeel word.

 Punte wat in die hierdie wedstryde aangeteken word sal aan die einde van die kwartaal bereken word om te bepaal watter leerders die onderskeie spanne sal verteenwoordig. Alle leerders is welkom om aan die proewe deel te neem en alle leerders is ook welkom om die skaakoefening by te woon.

 
 

SLUITKASSIES

Sluitkassies is in 2023 vir alle graad 4- tot 7-leerders wat aansoek doen vir ’n sluitkassie beskikbaar. Sodra al die sluitkassies aan die graad 4- tot 7-leerders toegeken is, sal graad 3-leerders ook die geleentheid kry om ’n sluitkassie te bekom. Die aansoek vir sluitkassies sluit op 20 Januarie. Sluitkassies sal op Maandag 23 Januarie aan die leerders toegeken word. Gebruik die volgende skakels om vir ’n sluitkassie aansoek te doen:

Selfoon-sluitkassie Sluitkassie
 
 

JUNIOR REVUE

Die Junior Revue-oudisies sal Maandag 23 Januarie vanaf 14:00 tot 15:30 vir graad 2-leerders en vanaf 15:30 tot 17:00 vir graad 3-leerders plaasvind. U kind sal ’n dans moet leer voordat hy/sy die oudisie bywoon. Volg asseblief die onderstaande skakel om die danstutoriaal te sien. Dit is die dans wat hulle tydens die oudisie sal moet kan doen.

Ons sien daarna uit om u kind Maandag te sien.

Danstutoriaal
 
 

SENIOR REVUE

Die Senior Revue-oudisies sal op Dinsdag 24 Januarie vir die graad 6- en 7-dogters, Woensdag 25 Januarie vir graad 4- en 5-dogters en Donderdag 26 Januarie vir graad 4- tot 7-seuns plaasvind.

ALLE leerders wat die oudisies wil bywoon moet ’n tydgleuf vir hul oudisie bespreek. Klik asseblief op die onderstaande skakel om ’n tydgleuf te bespreek.

U kind sal ’n dans moet leer voordat hy/sy die oudisie bywoon. Volg asseblief die onderstaande skakel om die danstutoriaal te sien. Dit is die dans wat hulle tydens die oudisie sal moet kan doen.

Oudisie Besprekings
Danstutoriaal vir Graad 4 - 7-dogters
Danstutoriaal vir Graad 4 - 7-seuns
 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 31 Januarie tot 7 Maart 2023 geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel. DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Koste: R60-00 per speler per middag). Die wedstryde gaan ook gebruik word as proewe om ons skoolspanne vir die vierde kwartaal te bepaal. Alle spelers wat dié jaar vir die skool in die liga wil speel moet ’n minimum van twee sessies bywoon. Indien dit nie moontlik is nie, moet Mnr. Kotze gekontak word.

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede:
Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
Christo Eagleton: 082 536 3354.
Meer inligting is op die webwerf beskikbaar.

MEER INLIGTING
 
 

MIDSTREAM STOEI

 Midstream se stoeiklub hou Saterdag 21 Januarie ’n opedag by die Midstream Klubsentrum, Madeleine- and Chorgesstraat, Midstream. Demonstrasie sessies vind op die volgende tye plaas: 9:00, 10:00, 11:00, 12:00 en 13:00. Vir meer inligting besoek hulle webtuiste: www.midstreamwrestling.co.za of skakel hulle op 081 017 9249.

 
 

MIDSTREAM COLLEGE MUSIEKATELJEE

Die afgelope jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskillende kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die lesse duur 30 minute per week en die musieklesse word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool. Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar. As u belangstel om u kind in te skryf vir lesse vir 2023, volg asseblief die volgende skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643