Nuusbrief  19                                                                   15 Junie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Markus 10:14

Jeugdag herinner ons weereens daaraan om ’n omgewing te skep waar ons kinders kan floreer en hul potensiaal kan bereik. Ons wens al ons leerders ’n geseënde Jeugdag toe.

Dit is baie lekker om in een naweek ons kinders en hul pa’s te vier! Ons leerders leer sulke waardevolle lewenslesse van hul pappas. Hul pa’s is hulle steunpilaar, wat altyd raad en leiding byderhand het. Die onvoorwaardelike liefde en onwrikbare ondersteuning van die pa’s, gee ons kinders die moed om hul drome na te jaag en in hulself te glo. Ons wens al ons vaders ’n gelukkige en voorspoedige Vadersdag toe.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums
 
 

VADERSDAG - MYSCHOOL CARD

’n Pa bly iemand na wie jy opkyk! Hy verdien om bederf te word – kom ons gebruik Vadersdag om te wys dat hy die beste pa ooit is! Kry oulike geskenke by enige van die MySchool-vennote om sy dag spesiaal te maak – onthou om jou MySchool-kaart te swiep.

 
 

OUEROPNAME

Ons bedank weereens al ons ouers wat die oueropname voltooi het. U terugvoer vorm deel van 'n selfevalueringsproses wat die skool ondergaan en wat middel-Augustus met besoeke van OISESA (Office of Independent Schools Evaluations Southern Africa) geformaliseer sal word. Ons sal graag terugvoer gee sodra die proses afgehandel is. Ons streef voortdurend na uitnemendheid in alles wat ons aanpak en waardeer elkeen se insette opreg.

 
 
 

23 JUNIE

Ons sluit die kwartaal op ’n hoë en aktiewe noot af. Om die einde van die kwartaal te vier, hou ons ‘n pretstap/draf waartydens die leerders ’n roete van 800 m (graad 1 – 3) of 1.6 km (graad 4 – 7) voltooi. Daar sal ook ander pretaktiwiteite wees waaraan die graad 4- tot 7-leerders gaan deelneem, bv. driebeenloop, sakresies, toutrek, ens. Die graad 1- tot 3-leerders sal die res van die dag in die klaskamers aan kunsaktiwiteite deelneem.

Kleredrag: L.O.-drag
Onthou om sonblok aan te smeer en ’n hoed te dra.

 
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal Maandag 26 Junie, Dinsdag 27 Junie, Woensdag 28 Junie, Donderdag 29 Junie vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 30 Junie van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Googlevorm voor of op
18 Junie.

Inskrywing
 
 

MANDELADAG: YADAH – KOSPAK

Internasionale Mandeladag vier op 18 Julie die idee dat elke individu die mag het om die wêreld te verander en die vermoë om 'n impak te maak. So, ter ere van sy 67 jaar van staatsdiens, vra die Nelson Mandela-stigting en die VN dat jy 67 minute van jou tyd spandeer om ander te help.

Kom spandeer jou 67 minute saam met ons deur kospakkies vir minderbevoorregte mense te pak! Alles word voorsien, jy moet net jou tyd en bereidwilligheid gee!

Wat: KSM Kospak-geleentheid by ons skool!
Wie:
• Alle graad 5- tot graad 7-leerders
• Jonger maats is welkom as ouers hulle vergesel.
• Onderwysers en ouers wat wil kom help

Wanneer: 20 Julie van 14:00 – 17:00
Waar: Blok 1

Trek warm aan, bring jou gewillige hande en kom gee van jou tyd om hierdie winter gesinne in nood te help.

Vul asseblief die onderstaande Google-vorm in as jou 67 minute van omgee en opoffering saam met ons gaan spandeer.

Googlevorm
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643