Nuusbrief  17                                                                   1 Junie 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“It doesn’t matter who you used to be;
what matters is who you decide to be today.
You are not your mistakes. You are not your mishaps. You are not your past. You are not your wounds.
You can decide differently today and at every moment. Remember that.
You are offered a new opportunity with each breath to think, choose, decide and act differently in a way that supports you in being all that you are capable of being.
You are not less than.
You are enough.” – anon


Baie geluk aan die volgende leerders wat as leiers aangekondig is:

 

Aaryan Sookdeo
Alexander Smit
Ayushen Naidoo
Beyers Pretorius
Charl Cilliers
Dejan Jankovic
Giovan Rodi
Jonah Kind
Keamogetwe Mabuela
Keshav Balgobind
Leonardo De Barros
Lian Strauss
Matthieu du Venage
Oliver Moss
Rikus Holtzhausen
Sinokuhle Sithole

 

Anika Alberts
Carli Venter
Chanel Hechter
Elihle Gumede
Elisabeth van den Heever
Isabella Ferreira
Janelle Kirkpatrick
Kristen Maré
Kylie de Bruyn
Leandi Engelbrecht
Lené Greyling
Madison van Eeden
Megan du Toit
Mieke Lamprecht
Reneilwe Molewa
Shauna Shamuyarira

 

Aan die einde van die netbalseisoen wil ek graag ons afrigters en die ouers (ons wonderlike ondersteuners) bedank. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons netbalmeisies te bedank vir hul gesindheid, hul toewyding en harde werk tydens die netbalseisoen.

Dit is uiters belangrik dat ons u korrekte kontakbesonderhede het. Maak asseblief op die Ouerpoort seker dat ons u nuutste inligting het.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir al die hoërskoolleerders wat met eksamens begin. Ons bid vir kalmte, toewyding, fokus en God se rykste seën oor elkeen van hulle.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir sportuitslae

Sportuitslae
 

HOKKIE

Die hokkieseisoen is om die draai.

Besoek asseblief die skool se webwerf om uself te vergewis van al die inligting rakende die proewe, oefendae en -tye.

Proewe is slegs vir o.11- tot o.13-spelers. Die oefeninge sal na afloop van die proewe begin. Alle voornemende spelers moet vir die proewe op die webwerf registreer (klik op die skakel) en hulle (voorkeur) posisies aandui. Die spanne vir die proewe sal volgens hierdie inligting gefinaliseer word.

Volgens SASHOC se regulasies speel die o.10’s vanaf 2023 die mini-hokkie-formaat. Die o.10’s bly egter deel van die seniorgroep en sal nie by die juniors inskakel nie. Onder 10-spelers sal dus nie aan die proewe deelneem nie en moet net die oefening, soos geskeduleer, bywoon.

Ons sien uit na ’n opwindende hokkieseisoen.

Registreer hier
 
 

ATKV-REDENAARSKOMPETISIE

Veels geluk aan Kaylee Knott-Craig, wat deurdring na die landswye finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie, vir die tweede opeenvolgende jaar! Wat ’n fenomenale prestasie! Die finale rondte vind op 17 en 18 Augustus by ATKV Goudini Spa plaas.

Die volgende sprekers eindig in Top 10-posisies in hul onderskeie afdelings en is dus onder die beste sprekers in Gauteng-Noord!

Graad 4 – 5 HT: Migael Combrinck (5de)
Graad 4 – 5 EAT: Daniel Griessel (5de) en Benjamin Fitzjohn (6de)
Graad 6 – 7 HT: Mieke Grobler (7de)
Graad 6 – 7 EAT: Kaylee Knott-Craig (4de), Danike Marx (6de), Harrison Nass (8ste),
Luke Swanepoel (10de)

 
 

KANSVATTER REDENAARSKOMPETISIE

Veels geluk aan die volgende hooftaalsprekers, wat deurdring na die halfeindrondte van die Kansvatter-redenaarskompetisie.

Graad 3: Lika Barnard, Sally Erasmus en Judi Botha
Graad 4: Lian Grobler, Mishke Cilliers en Hein Kymdell
Graad 5: Migael Combrinck
Graad 6: Mieke Grobler en Ksenya Reinke
Graad 7: Anika Alberts

Ons Afrikaansredenaars maak hulle stemme dik en is puik ambassadeurs vir ons skool – ons is trots op hulle!

 
 

KRIEKET

Druk asseblief op die skakel hieronder vir die krieketoefentye asook krieketproewe.

Skakel
 
 

VAKANSIESKOOL

’n Vakansieklub sal Maandag 26 Junie, Dinsdag 27 Junie, Woensdag 28 Junie, Donderdag 29 Junie vanaf 7:30 – 17:00 en Vrydag 30 Junie van 7:30 – 13:00 aangebied word. Alle Midstream College Primêre-leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Googlevorm voor of op
18 Junie.

Inskrywing
 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643