Nuusbrief  16                                                                   25 Mei 2023

 
 
 

YADAH

Ons besef die belangrikheid van die proses om ’n nuwe hoof vir ons skool aan te wys en die impak wat dié keuse op ons kinders, die onderwysers en die hele skoolgemeenskap sal hê.

Ons bid daarom vir elkeen betrokke by die besluitnemingsproses, asook vir elke kandidaat vir die pos. Ons bid dat hierdie besluit onder God se leiding en met wysheid geneem sal word. Ons vertrou hierdie proses aan God toe, wetende dat Hy die perfekte plan vir ons skool het.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir sportuitslae

Sportuitslae
 

BLOU BULLE-SPANNE

Baie geluk aan die volgende twee leerders wat tot die o.12-Blou Bulle verkies is:

• Tidi Senyatsi:          o.12 A-Blou Bulle Jongspan
• Thato Riba:             o.12 B-Blou Bulle XV-tal

Ons is baie trots op die twee leerders! Dit is ’n besonderse prestasie!

 
 

ROOIKATTE PRIVAATSKOLE RUGBY

Baie geluk aan die volgende leerders wat die Rooikatte gaan verteenwoordig:

• Jayden Meiring
• Matthieu du Venage
• Richard Morris
• Liam Jacobs

Hulle neem vanaf 21 – 24 Junie aan die o.13 VKB SA Platteland Rugbyweek deel.

Ons is baie trots op die leerders, baie sterkte en voorspoed!

 
 

MUURBAL

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om te deel dat daar 9 spelers van die skool gekies is om die provinsie in die opkomende Interprovinsiale muurbaltoernooie van 24 - 28 Junie, te verteenwoordig. Die spelers is:

o.11
• Tyron Naidoo
• Jéan Coetzee
• Daniël de Bruin
• Alexander Stark
• George Olwagen
• Lize de Bruin

o.13
• Roland van der Westhuizen
• George Wiehahn
• André Coetzee

 
 

ATKV-REDENAARSKOMPETISIE

Hartlik geluk en sterkte aan die volgende Afrikaansredenaars, wat op Vrydag 26 Mei aan die halfeindrondte van die landswye ATKV-redenaarskompetisie deelneem.

Graad 3: Kyrah van Heerden, Raiden van der Gryp
Graad 4: Hein Kymdell, Lian Grobler, Benjamin Fitzjohn, Daniel Griesel
Graad 5: Migael Combrinck
Graad 6: Mieke Grobler, Harrison Nass, Danike Marx, Kaylee Knott-Craig, Luke Swanepoel

 
 

KRIEKET SMASH 2023

Die Midstream Estates Cricket Smash 2023 vind op 3, 4, 11 en 17 Augustus plaas.

Die Midstream Smash is ’n gekombineerde toernooi wat spelers onder 12 tot onder 15 van Midstream College Primêr, Midstream Ridge Primêr en Midstream College betrek. Vier spanne van gemengde ouderdomme sal deur afrigters van die onderskeie skole gekies word en sal dan aan ’n T20-formaat toernooi deelneem, wat in die aande onder ligte gespeel sal word. Hierdie toernooi gaan beslis ’n sukses wees en ons sien uit na die opwindende krieket wat hierdie toernooi gaan oplewer.

Die eerste trekking (draft) van spelers vind volgende week Woensdag 31 Mei om 18:15 in die Midstream College Ouditorium plaas. ’n Klerepas-sessie sal na die trekking plaasvind in lokale wat die aand deurgegee sal word. Alle bykomende inligting rakende die toernooi sal gekommunikeer word sodra die vier spanne gekies is.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643