Nuusbrief  14                                                                    11 Mei 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Ma’s hou hulle kinders se hand vir ‘n oomblik vas, maar hulle harte vir ewig.

Ons het soveel respek en waardering vir elkeen van ons ma’s! ‘n Ma se invloed op haar kind se lewe is van onskatbare waarde. Dankie vir elke mamma se krag en motivering, julle is ons ware superhelde. Gelukkige Moedersdag!

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir vriendskappe. Ons is opreg dankbaar dat ons eerste en beste vriend Jesus is, wat ons ook as vriende sien. Ons weet dus ons is nooit alleen nie. Ons bid ook vir die nodige leiding om self ’n goeie vriend te wees.
Die onderstaande gebed vat dit mooi saam:

Dear Lord
Teach me to love others the way You first loved me. As I build relationships with others, let them see You in the extent of my generosity, the authenticity of my kindness, and the depths of my love. All of those things are only possible through You, the God who abides with me and calls me friend.
Amen

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir sportuitslae

Sportuitslae
 

MEDIAMONITORS 2023

Geluk aan die volgende leerders wat as Mediamonitors vir 2023 verkies is.

Arrebecca de Jager
Isabel Botha
Lize de Bruin
Kaylee Esterhuysen
Olivia Knight
Alicia Smith
Shaelyn van Rooyen Bodley
Xangotelo Mlangeni
Micah Beyleveld
Annebel Fourie
Danielle Markus
Kyra Naicker
Kayla Pfukwa
Zethembiso Mncwango
Zanita Do Pinheiro
Pascal Dinis

Hoof-mediamonitor vir 2023 – Kyra Naicker

 
 

SACEE

'n Paar van ons leerders het in 2022 vir die SACEE-skryfkompetisie ingeskryf. Hierdie kompetisie is 'n interskolekompetisie en honderde inskrywings word jaarliks ontvang. Twee van ons graad 7-leerders van 2022, Tsiko Ravhuhali en Lisa Botha, is eerste geplaas in die poësie skryfafdeling. 'n Spesiale gelukwensing gaan aan Luke Swanepoel wat die graad 5 Prosa-afdeling gewen het. Dit is 'n uitsonderlike prestasie! Wel gedaan!

 
 

JUNIOR AND SENIOR CHORAL VERSE

Don’t miss out on the opportunity to join the Junior and Senior Choral Verse for 2023. Practices have commenced. Practices take place on a Wednesday afternoon in the auditorium.
Grade 1 – 3 15:30 – 16:00
Grade 4 – 7 15:00 – 15:30

 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2023!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel van die Afrikaanse Spreekkoor te wees.
Ons eerste oefening vind Donderdag 18 Mei om 7:10 in die saal plaas.
As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas aan me. Karen Krynauw (karenk@midstreamcollege.co.za).

 
 

GHOLF 2023

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers aan te sluit. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 9 Mei tot 6 Junie 2023 geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661 0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag) Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick O’Brien – 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton – 082 536 3354

 
 

SKENK JOU STIMULASIEBORD

Ons staan weereens verstom oor Midstream se besonders kreatiewe kinders! Die graad 6’e het onlangs pragtige stimulasieborde as deel van ’n tegnologietaak gebou. Ons wil graag hierdie oulike projekte daarvan red om stof iewers in ’n kas op te gaar. Die graad 6’e is welkom om hierdie projekte vir die skool te gee, want ons gaan dit aan verskeie instansies skenk, waar minderbevoorregte kinders daarby kan baatvind.

As jou graad 6-kind se stimulasiebord nog in ’n goeie toestand is en u dit graag wil skenk om aan ‘n minderbevoorregte kind se lewe ‘n verskil te maak, stuur dit gerus na mev. Piekaar of mev. De Villiers se klasse toe.

 
 

DOXA DEO

Doxa Deo se jaarlike lofprysingsaand is hierdie keer vir die hele familie en u word hartlik daarheen uitgenooi! Kom geniet hierdie opwindende aand saam met Doxa Deo en ander Midstream-families!

Volg die skakel om in te skryf:

Inskrywing
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begripslees en spoedverbetering om leerders te help met leer en die beantwoording van vraestelle, wat nodige vaardighede is wat hulle vir die res van hul lewens kan gebruik. Klik op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Pamflet
 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

SKAKEL
 
 

YADAH

Wanneer: Elke Dinsdag 
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Blok 4, op boonste verdieping)

Die Yadah is ’n buitemuurse aktiwiteit wat onder die kultuur-sambreel val en daarom ook deel van die Big Brag sal wees aan die einde van die jaar. Hierdie groep wil vir alle leerders (graad 1 – 7) ’n veilige, gelukkige plek skep waar hulle meer van God kan leer, Hom kan loof en prys en aktief by uitreikprojekte betrokke kan wees.

Elke “sessie” sal uit die volgende bestaan:
• Boodskap uit die Bybel
• Loof en prys God deur sang
• Praktiese aspekte van ’n projek / speletjies / lekker aktiwiteite

Yadah beteken om God met uitgestrekte hande te prys. Ons wil God eer deur daadwerklik op te tree en te help deur projekte wat werklik ’n verskil in ander se lewens sal maak.
 
Indien u kind by die Yadah betrokke wil raak, stuur hom/haar Dinsdag om 14:00!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643