Nuusbrief  13                                                                    4 Mei 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Ons vertrou u het ’n geseënde langnaweek met baie rus en vrede saam met u hartsmense deurgebring. Nou is dit volstoom vorentoe vir die res van die kwartaal.

Ons is so trots op ons o.11-tennisspanne, wat gedurende die langnaweek aan die Wheelie Limodo Tennistoernooi in Bethlehem deelgeneem het, waar hulle baie suksesvol was.

Baie sterkte aan al ons sportspanne en kultuuraktiwiteite met ’n baie besige program wat voorlê.

Ons verwelkom vir mnr. Francois Nel wat by ons vanaf Somerset-Wes aangesluit het. Ons glo en vertrou dat hy sommer vinnig by die Midstream-familie tuis sal voel. Sy e-posadres is: francoisn@midstreamcollege.co.za

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir sportuitslae

Sportuitslae
 

MUURBAL
COUNTRY SCHOOLS FESTIVAL

André Coetzee is gekies om Gauteng die komende naweek by die Country Schools Festival in Bloemfontein te verteenwoordig. Hy sal teen spanne van kleiner provinsies meeding en sodoende semi-provinsiale kleure verwerf.

 
 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie.

 
 

ANOK-SKOOLKOERANT HERINNERING!

Word deel van die opwindende redaksiespan van ons ANOK skoolkoerant!

As jy belangstel om deel van ANOK te word moet jy die volgende doen:
1. Skryf ’n skoolverwante artikel van nie minder as 250 woorde. (Arial font, grootte12, 1.5 line spacing) 2. Jou artikel moet ’n kop (opskrif) hê en jou naam, van en graad onder die kop.
3. Neem ’n hoë kwaliteit foto wat by jou artikel pas en maak ’n video wat jou artikel kan vergesel.
4. Die bostaande moet aan me. V. Piekaar gestuur word voor of teen Woensdag 31 Mei. (anok@midstreamcollege.co.za)
5. Jy is welkom om meer inligting by juffrou Piekaar te kom kry, indien jy oor iets onseker is.

 
 

GHOLF 2023

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers aan te sluit. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 9 Mei tot 6 Junie 2023 geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661 0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag) Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholfbaan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.

Kontakbesonderhede: Patrick O’Brien – 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za
                                           Christo Eagleton – 082 536 3354

 
 

SKENK JOU STIMULASIEBORD

Ons staan weereens verstom oor Midstream se besonders kreatiewe kinders! Die graad 6’e het onlangs pragtige stimulasieborde as deel van ’n tegnologietaak gebou. Ons wil graag hierdie oulike projekte daarvan red om stof iewers in ’n kas op te gaar. Die graad 6’e is welkom om hierdie projekte vir die skool te gee, want ons gaan dit aan verskeie instansies skenk, waar minderbevoorregte kinders daarby kan baatvind.

As jou graad 6-kind se stimulasiebord nog in ’n goeie toestand is en u dit graag wil skenk om aan ‘n minderbevoorregte kind se lewe ‘n verskil te maak, stuur dit gerus na mev. Piekaar of mev. De Villiers se klasse toe.

 
 

DOXA DEO

Doxa Deo se jaarlike lofprysingsaand is hierdie keer vir die hele familie en u word hartlik daarheen uitgenooi! Kom geniet hierdie opwindende aand saam met Doxa Deo en ander Midstream-families!

Volg die skakel om in te skryf:

Inskrywing
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

SKAKEL
 
 

YADAH

Wanneer: Elke Dinsdag 
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Blok 4, op boonste verdieping)

Die Yadah is ’n buitemuurse aktiwiteit wat onder die kultuur-sambreel val en daarom ook deel van die Big Brag sal wees aan die einde van die jaar. Hierdie groep wil vir alle leerders (graad 1 – 7) ’n veilige, gelukkige plek skep waar hulle meer van God kan leer, Hom kan loof en prys en aktief by uitreikprojekte betrokke kan wees.

Elke “sessie” sal uit die volgende bestaan:
• Boodskap uit die Bybel
• Loof en prys God deur sang
• Praktiese aspekte van ’n projek / speletjies / lekker aktiwiteite

Yadah beteken om God met uitgestrekte hande te prys. Ons wil God eer deur daadwerklik op te tree en te help deur projekte wat werklik ’n verskil in ander se lewens sal maak.
 
Indien u kind by die Yadah betrokke wil raak, stuur hom/haar Dinsdag om 14:00!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643