Nuusbrief  12                                                                    20 April 2023

 

UIT DIE KANTOOR

School Prayer
Dear Jesus,
Please show me how to spend this day
Sharing Your LOVE in every way
Help me to be kind to everyone
To play and laugh and have lots of fun
Shining Your light and giving Your grace
Sharing Your JOY with a smile on my face!

Ons herinner u aan die langnaweek volgende naweek, mag u ’n geseënde tyd saam met u gesin beleef.

 
 

TOTSIENS

Ons groet vir mnr. Coenie Pretorius wat Suid-Afrika vir Thailand verruil. Ons is baie dankbaar vir sy positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die leerders by Midstream College en wens hom alle voorspoed met sy toekomsplanne toe. Sy laaste dag sal Woensdag 26 April wees.
 
Ons verwelkom vir mnr. Francois Nel wat dan op 2 Mei by Midstream College Primêre Skool aansluit. Ons vertrou dat hy sommer vinnig tuis sal voel by die Midstream-familie. Sy e-posadres is: francoisn@midstreamcollege.co.za

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir ons liewe graadeentjies. Ons bid dat God hulle ogies sal oopmaak vir al die mooi om hulle en hul ore vir die Woord van God. Ons bid dat elkeen God se vreugde en vrede in hulle hartjies sal dra en Sy liefde met hul monde sal bely. Ons bid God se rykste seën op elke graad 1-kindjie toe.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie.

 

GEWONE KLERE - 26 APRIL

Aardedag word op Saterdag 22 April wêreldwyd gevier. Om ons skool se bydrae tot die bewaring van ons aarde te vier, wil ons graag hê dat al ons leerders gewone klere op Woensdag 26 April skool toe dra. In die lig van die geleentheid, moedig ons elke leerder aan om die gees van Aardedag in hulle uitrusting vas te vang.

 
 

TENNIS

Veels geluk aan die volgende o. 11 Tennis Tiere. Hulle sal MCP tydens die jaarlikse Wheelie Limodo Tennistoernooi in Bethlehem, wat vanaf 25 tot 29 April plaasvind, verteenwoordig:

• Lexi Aucamp
• Isabelle Brand
• Lea Klerck
• Reinardt Coetzee
• Rico Prinsloo
• Kian Naidoo
• Stefan Erasmus
• Daniël de Beer

 
 

OUERMIDDAG

Die volgende ouermiddag sal op Maandag 24 April plaasvind. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word

Maandag se besprekings sal om 12:00 op Maandag 24 April gesluit word en dus sal geen afsprake vir Maandag na 12:00 gemaak kan word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Die volgende Afrikaansredenaars sal die skool gedurende die volgende maand, tydens die eerste rondtes van drie verskillende landswye kompetisies verteenwoordig. Ons is reeds baie trots op elkeen van hulle, en wens hul gladde tonge tydens hierdie kompetisies toe!

• Graad 2: Monet Bezuidenhout, Gizelle Malan
• Graad 3: Judi Botha, Sally Erasmus, Gretha Grimsehl, Kyrah van Heerde, Lika Barnard, Raiden van  
                   der Gryp
• Graad 4: Leah Struwig, Lize Bezuidenhout, Mishke Cilliers, Hein Kymdell, Cilliers Ponting, Lian
                   Grobler, Benjamin Fitzjohn, Daniel Griesel
• Graad 5: Daniël de Beer, Migael Combrinck
• Graad 6: Ksenya Reinke, Mieke Grobler, Sulize van den Berg, Lisa Ballot, Leara Minny, Henry Kymdell,
                    Mia Botha, Danike Marx, Kaylee Knott-Craig, Harrison Nass, Luke Swanepoel, Jessica Gray
• Graad 7: Anika Alberts, Sebastiaan Struwig, Ruhan Malan

 
 

BUITEMUURSE KLASSE - YOUNG ENGINEERS

 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2023!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel te wees van die Afrikaanse Spreekkoor.
Ons eerste oefening sal Donderdag 18 Mei om 7:10 in die saal wees.
As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n epos met u kind se naam, graad en klas aan me. Karen Krynauw: karenk@midstreamcollege.co.za

 
 

KOSSAK-PROJEK
MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien. Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

SKAKEL
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2024

Graad 8-inskrywings vir 2024 sluit Vrydag 28 April 2023. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College-webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Toelatings
 
 

YADAH

Wanneer: Elke Dinsdag 
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Blok 4, op boonste verdieping)

Die Yadah is ’n buitemuurse aktiwiteit wat onder die kultuur-sambreel val en daarom ook deel van die Big Brag sal wees aan die einde van die jaar. Hierdie groep wil vir alle leerders (graad 1 – 7) ’n veilige, gelukkige plek skep waar hulle meer van God kan leer, Hom kan loof en prys en aktief by uitreikprojekte betrokke kan wees.

Elke “sessie” sal uit die volgende bestaan:
• Boodskap uit die Bybel
• Loof en prys God deur sang
• Praktiese aspekte van ’n projek / speletjies / lekker aktiwiteite

Yadah beteken om God met uitgestrekte hande te prys. Ons wil God eer deur daadwerklik op te tree en te help deur projekte wat werklik ’n verskil in ander se lewens sal maak.
 
Indien u kind by die Yadah betrokke wil raak, stuur hom/haar Dinsdag om 14:00!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643