Nuusbrief  11                                                                     13 April 2023

 

UIT DIE KANTOOR

“Life has taught me I am not always in control. Life is full of experiences, lessons, heartbreak and pain. But, it has also shown me love, beauty, possibility and new beginnings. Embrace it all. It makes us who we are, and after every storm comes a clear sky.” – Anon

Welkom terug by die skool na ’n wonderlike vakansie. Beste wense vir die nuwe kwartaal!

Ons verwelkom graag vir me. Marilize du Preez in die Afrikaansdepartement. Ons hoop dat jy vinnig by die Midstream-familie sal tuisvoel. Ons bid vir jou ’n gelukkige en suksesvolle toekoms by ons toe!

Baie geluk aan me. Wendy Nieuwoudt en haar man met die geboorte van hulle babadogtertjie. Ons wens hulle as gesin baie vreugde en seën toe. Ons verwelkom dan ook graag vir me. Sibbs Gunn wat in me. Wendy Nieuwoudt se plek aflos. Ons glo sy sal haar tyd hier by ons baie geniet.

Baie geluk aan ons atlete wat so fenomenaal tydens die Suid-Afrikaanse Atletiek-kampioenskappe presteer het. Hulle het verseker die atletiekseisoen op ’n hoë noot afgesluit en ons is baie trots op ons sterre. ’n Spesiale gelukwensing aan Kwena Mojapelo wat die rekord in die 200 m verbeter het en Janelle Kirkpatrick met drie eerste plekke!

Hiermee die uitslae van die SA Laerskool Atletiek-kampioenskappe:
Kwena Mojapelo (o.13) – 1ste in 100 m en 1ste in 200 m (Nuwe rekord!)
Janelle Kirkpatrick (o.13) – 1ste in 75 m H, 1ste in 200 m H, 1ste in verspring
Marcel van der Leek (o.11) – 5de in 1 200 m
Jecoliah Ndlovu (o.12) – 6de in verspring
Linmari Kirkpatrick (o.11) – 6de in 70 m H
Rikus Holtzhausen (o.13) – 12de in 200 m H
Jessica Barnard (o.11) – 11de in verspring

Baie geluk aan al ons atlete. Julle deurlopende harde werk word in hierdie wonderlike resultate weerspieël.

Kylie de Bruyn en Regardt Schoeman het die afgelope vakansie hulself soos visse in die water by die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe (SANJ) in Durban gedra en pragtige resultate en persoonlike beste tye behaal. Kylie, wat nou o.13 is, het met hart en siel geswem en ‘n SANJ o.15-tyd in haar 1500 m vryslag geswem en ‘n SANJ o.16-tyd in haar 800 m vryslag. Sy het boonop persoonlike beste tye in 100 m rugslag, 100 m vryslag, 200 m vryslag, 400 m vryslag en 800 m vryslag opgestel. Sy was 12de in Suid-Afrika met die o.14-dogters 800 m vryslag, 6de in SA met die o.14-ouderdomsgroep se 1 500 m vryslag, in die o.13-ouderdomsgroep behaal sy ‘n algehele 2de plek vir die 0.13-dogters 1 500 m vryslag en ‘n 9de plek vir die 400 m vryslag.
Regardt Schoeman (o.11) het persoonlike beste tye in 100 m rugslag, 50 m vlinderslag, 100 m vlinderslag en 50 m rugslag opgestel. Hy het saam met sy aflosspan ’n eerste plek in die 400 m vryslagaflos en 50 m gemengde aflos gekry. Baie geluk, Regardt en Kylie.

Beyers Pretorius het gedurende die vakansie aan die Tennis SA Laerskole Interprovinsiale Toernooi in Bloemfontein deelgeneem. As lid van die Gauteng-Noordspan, wen Beyers 5 uit 6 enkelspelwedstryde en Gauteng-Noord tree as algehele silwermedalje-wenners uit die stryd. Ons is trots op jou, Beyers!

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

NETBALOEFENING - 24 APRIL

Neem asseblief kennis dat die netbaloefening vir die o.10- tot o.13-netbalspelers op Maandag 24 April, slegs ’n uur oefensessie vanaf 14:00 – 15:00 sal wees.

 

OUERMIDDAG

Daar sal twee ouermiddae hierdie kwartaal plaasvind. Die ouermiddae sal op Woensdag 19 April en Maandag 24 April plaasvind. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word.
Die besprekings vir Woensdag en Maandag se ouermiddae sal vanaf Vrydag 14 April om 14:00 oop wees. Slegs Woensdag se besprekings sal om 12:00 op Woensdag 19 April gesluit word en dus sal geen afsprake vir Woensdag na 12:00 gemaak kan word nie.

Maandag se besprekings sal om 12:00 op Maandag 24 April gesluit word en dus sal geen afsprake vir Maandag na 12:00 gemaak kan word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.

U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

 
 

JUNIOR AND SENIOR CHORAL VERSE

Junior and Senior Choral Verse will begin on Wednesday, 19 April. We gather once a week as a group, learn a poem together, add in some actions and have a lot of fun. Choral Verse gives children the opportunity to build confidence in a group setting. It also affords the children an opportunity to take to the stage and experience the joy of performing in front of an audience.

All learners, both English and Afrikaans, are welcome to join these respective groups.

Practices take place on Wednesday afternoons in the auditorium.

Junior Choral Verse (Grade 1 – 3 learners) 15:30 – 16:00
Senior Choral Verse (Grade 4 – 7 learners) 15:00 – 15:30

We hope to see you there!

 
 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2023!
Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders om deel te wees van die Afrikaanse Spreekkoor.
Ons eerste oefening sal Donderdag 18 Mei om 7:10 in die saal wees.
As julle deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n epos met u kind se naam, graad en klas aan me. Karen Krynauw: karenk@midstreamcollege.co.za

 
 

LANDLOOP

Landloopoefening het begin.
Die oefeninge geskied Maandae tot Donderdae, 14:00 tot 15:00.
Volg asseblief die skakel indien u by die WhatsApp-groep wil inskakel waar belangrike inligting gedeel word.

Indien u meer rakende landloop wil uitvind, stuur ’n e-pos aan mnr. Gerhard Sauer (gerhards@midstreamcollege.co.za).

WhatsApp-groep
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2024

Graad 8-inskrywings vir 2024 sluit Vrydag 28 April 2023. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College-webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Toelatings
 
 

YADAH BEGIN

Wanneer: Elke Dinsdag – ons begin op 18 April
Tyd: 14:00 – 15:00
Plek: Me. Carina de Villiers se klas (Blok 4, op boonste verdieping)

Die Yadah is ’n buitemuurse aktiwiteit wat onder die kultuur-sambreel val en daarom ook deel van die Big Brag sal wees aan die einde van die jaar. Hierdie groep wil vir alle leerders (graad 1 – 7) ’n veilige, gelukkige plek skep waar hulle meer van God kan leer, Hom kan loof en prys en aktief by uitreikprojekte betrokke kan wees.

Elke “sessie” sal uit die volgende bestaan:
• Boodskap uit die Bybel
• Loof en prys God deur sang
• Praktiese aspekte van ’n projek / speletjies / lekker aktiwiteite

Yadah beteken om God met uitgestrekte hande te prys. Ons wil God eer deur daadwerklik op te tree en te help deur projekte wat werklik ’n verskil in ander se lewens sal maak.
 
Indien u kind by die Yadah betrokke wil raak, stuur hom/haar Dinsdag 18 April om 14:00!

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643