Nuusbrief  10                                                                     16 Maart 2023

 

UIT DIE KANTOOR

Ons het hierdie skooljaar en kwartaal op ’n hoë noot begin met al ons somersport en kultuuraktiwiteite wat weer in volle swang was. Dit was verblydend om die aantal ouers en grootouers te sien wat die kinders ondersteun langs die swembad, op die sportveld en in verskeie lokale waar kultuuraktiwiteite plaasgevind het.

 ’n Nuwe akademiese jaar bring ook vir elke kind nuwe leerervarings in ’n nuwe graad. Dit bring my groot vreugde om gedurende die dag deur die skool te stap, klasse te besoek en die gelukkige gesiggies te sien, terwyl hulle ons stimulerende leerprogram aangryp.

Hierdie kwartaal het ons talle hoogtepunte en suksesse ervaar wat slegs deur harde werk bereik kan word. Baie dankie aan elke leerder wat daarna gestreef het om van sy of haar beste te gee. Ons beste wense vergesel ons leerders wat gedurende die vakansie aan netbal- en rugbytoere gaan deelneem. Veilig reis, benut elke oomblik ten volle, ontwikkel jou sporttalente verder en hou Midstream se naam hoog.

Aan die einde van ’n kwartaal moet ons ongelukkig ook van een van ons personeellede afskeid neem. Me. Valmé Strydom het haar onderwysloopbaan as ‘n onderwysassistent in die Grondslagfase by Midstream College begin en as ’n toegewyde en sorgsame onderwyseres haar merk gelaat. Sy was vir die afgelope twee jaar ‘n gewaardeerde lid van die Afrikaansdepartement. Ons sal haar dinamiese Afrikaanslesse, haar kundige afrigting op die sportveld en haar sorgsame geaardheid teenoor elke leerder baie mis. Ons wens haar alles van die beste toe met haar nuwe loopbaan.

Dit is met ’n baie swaar hart dat ons u meedeel dat Heidrun Conradie, (een van ons Learn to Swim-afrigters) wat jare lank deel van ons Midstream-familie was, op Vrydag 10 Maart oorlede is. Ons innige simpatie aan haar dogters en gesin gedurende hierdie baie hartseer tyd. Ons sal altyd haar entoesiasme en die liefde wat sy met elk van ons leerders langs die swembad gedeel het, koester.

Die begin van die vakansieseisoen staan voor ons deur. Mag Paastyd ’n spesiale tyd vir elke Midstream-gesin wees, terwyl ons weereens aan God se liefde en Sy belofte aan ons, herinner word. Geniet die vakansie, bring gehaltetyd saam as gesin deur en benut die kans om u batterye te herlaai.

Ons sien uit daarna om op 12 April terug te keer skool toe en die tweede kwartaal met dieselfde entoesiasme en harde werk aan te pak.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die graad 2’s. Ons bid dat God elke kind sal bemagtig om Sy woord te verstaan en elke dag in hul geloof te groei.
Ons bid dat hulle God se woorde oor hulle ter harte sal neem: hulle is kosbaar, wonderlik, geliefd en beskermd. Mag ons graad 2’s die soort vriende wees wat ander opbou en hul maats ten goede beïnvloed. Help hulle asseblief om ’n lig in ons donker wêreld te wees

 
 

SUID-AFRIKAANSE ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE

Ons wil graag al ons atlete wat verlede naweek aan GISSA deelgeneem het gelukwens. Ons het wonderlike resultate behaal en ons atlete hou beslis die Midstream College-naam hoog.

Baie geluk aan die volgende atlete wat Gauteng van 19 tot 22 Maart by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Pietermaritzburg gaan verteenwoordig:
Janelle Kirkpatrick
Kwena Mojapelo
Rikus Holtzhausen
Marcel van der Leek
Linmari Kirkpatrick
Jecoliah Ndlovu
Jessica Barnard

Midstream College Primêre Skool is baie trots op julle.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae.

Sportuitslae
 

GAUTENG ATLETIEKKAMPIOENSKAP

Ons atlete het Vrydag en Saterdag ’n ongelooflike twee dae by die Gauteng Atletiekkampioenskap beleef. Hier is ’n paar van ons wonderlike prestasies:

Jecoliah Ndlovu 1ste in verspring
Kwena Mojapelo 1ste in 100 m en 1ste in 200 m-naellope
Janelle Kirkpatrick 1ste in verspring, 1ste in 75 m-hekkies, 1ste in 200 m-hekkies
Linmarie Kirkpatrick 2de in 70 m-hekkies
Jessica Barnard 2de in verspring, 4de in 70 m-hekkies
Marcel van der Leek 2de in die 1 200 m
Rikus Holtzhausen 3de in 200 m-hekkies
Angelique Lombard 5de in 70 m-hekkies
Tidi Senyatsi 5de in spiesgooi
Lené Greyling 7de in 200 m-hekkies

’n Spesiale vermelding aan die volgende atlete wat ook deelgeneem het:
Richard Morris
Mizé Raubenheimer
Michael Delport

Welgedaan aan al ons atlete en afrigters wat deel van hierdie uitsonderlike prestasies was.

 
 

KASKARDAG

Kaskardag vind op Vrydag 17 Maart gedurende skoolure plaas.
Skool sluit om 12:00.
Leerders trek LO-klere aan.
Onthou om sonblok aan te smeer en jou skoolsonhoed op te sit.
Bring water en ’n kosblik saam.

 
 

EKSTERNE REDENAARSUITSLAE

Baie geluk aan die volgende Afrikaans Hooftaal Redenaars wat gedurende kwartaal 2 en 3 aan eksterne kompetisies sal deelneem:

Graad 2:
Monet Bezuidenhout, Gizelle Malan

Graad 3:
Sally Erasmus, Kyrah van Heerden, Judi Botha, Gretha Grimsehl, Lika Barnard, Raiden van der Gryp

Graad 4:
Leah Struwig, Lize Bezuidenhout, Mishke Cilliers, Hein Kymdell, Cilliers Ponting, Lian Grobler Graad 5: Migael Combrinck, Daniël de Beer

Graad 6:
Mieke Grobler, Lisa Ballot, Sulize van den Berg, Ksenye Reinke, Mia Botha, Leara Minny, Henry Kymdell

Graad 7:
Anika Alberts, Ruhan Malan, Sebastiaan Struwig Graad 6-7 Redenaarspan: Sebastiaan Struwig, Mieke Grobler, Sulize van den Berg, Ksenya Reinke

Sterkte vir ‘n besige redenaarseisoen met talle opwindende kompetisies, wat voorlê!

 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2024

Graad 8-inskrywings vir 2024 sluit Vrydag 28 April 2023. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College-webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Toelatings
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2024

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2024 voor die einde van Maart 2023 in te dien. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings om ’n aanlyn aansoekvorm te voltooi.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122.

Inskrywing
 
 

DIE UNIFORMWINKEL

Handelsure tydens die lvakansie:
17 Maart: 8:00 – 17:00
18 Maart – 4 April: Gesluit
5 – 6 April: 8:00 – 16:00
7 – 10 April: Gesluit
11 April: 8:00 – 17:00
Vir dringende versoeke, skakel 064 937 0551.

 
 

TUCK IN

Besoek ons gerus aanlyn of by die skool vir gesonde middagetes en kosblikopsies, asook talle ander lekkernye. Ons voorsien graag in alle verjaardagpartytjie-behoeftes ook!

Tuck In
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643