Nuusbrief  9                                                                    10 Maart 2022

 

UIT DIE KANTOOR

A good life is when you assume nothing, do more, smile often, dream big, laugh a lot and realize how blessed you are for what you have. – Zig Ziglar

Midstream College is voorwaar geseënd en ons is so trots op ons B-swemspan wat in die voetspore van die A-span gevolg het deur die C-liga te wen. Die gala het Vrydag hoendervleis oomblikke gelewer. Baie geluk aan al die swemmers wat die seisoen op ’n baie hoë noot geëindig het.

Sterkte aan ons atlete wat komende Vrydag en Saterdag aan die Gauteng-atletiekbyeenkoms deelneem. Klik asseblief op die onderstaande skakel vir die program.

Ons wintersport het ook op ’n hoë noot afgeskop. Sterkte aan al ons netbaldogters en rugbyseuns vir die seisoen wat voorlê.

Gauteng-atletiekbyeenkoms: Program
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

PRETPRAAT

Na afloop van ’n genotvolle Pretpratersweek, het die volgende sprekers trofeë verower!

Graad 2 – 3:
Sterspreker – Mishke Cilliers
Tweede plek – Klara Ballot
Derde plek – Hein Kymdell
Graad 4 – 5:
Sterspreker – Talia Grimsehl
Tweede plek – Damian Bekker
Derde plek – Aydin Schmidt
Graad 6 – 7:
Sterspreker – Lara Schölly
Tweede plek – Anika Alberts
Derde plek – Beyers Pretorius

 
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Dinsdag 22 Maart tot Vrydag 25 Maart vanaf 08:00 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande
Google-vorm voor 16 Maart.

Google-Vorm
 
 

LANDLOOP 2022

Landloopoefening begin die eerste dag van die tweede kwartaal. Die oefeninge geskied Maandae tot Donderdae, 14:00 tot 15:00 Volg asseblief die skakel indien u by die WhatsApp groep wil inskakel waar belangrike informasie gedeel word:

WhatsApp skakel

DIE UNIFORMWINKEL – MAART/APRIL-VAKANSIE HANDELSURE

18 Maart: 07:00 – 15:00
19 – 30 Maart: Gesluit
31 Maart & 1 April: 08:00 – 16:00
4 April: 08:00 – 17:00
Vanaf 5 April: 07:00 – 17:00

 

MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting.

Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Pamflet Registreer
 
 

2022 KULTUURFEESINLIGTING

 Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees.

 Vanjaar se tema is “Unlock”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde sal betaal word nie, behalwe handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival - Master Class” en “Leading Ladies”.

Elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal. U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei, aangesien ’n onafgeronde item kinders in die verleentheid stel.

Punte word toegeken vir deelname. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die leerders word by ’n saalbyeenkoms aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum 18 Maart 2022.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Daar word vir alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die Students-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643