Nuusbrief  8                                                                    3 Maart 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Talent can’t be taught, but it can be awakened. -Wallace Stegner.

Eerstens is ons baie trots op ons atlete wat hul talente ontgin het en ons naam hoog by die Distrik Atletiekbyeenkoms gehou het. Druk op die onderstaande skakel vir die individuele uitslae.

Baie geluk aan ons atlete met hierdie uitstekende uitslae.

Tweedens, ons A-spanswemmers wat gister deur die swembad gevlieg het. Baie geluk met die groot wen van die A-liga, dit was die vierde keer dat ons die A-liga wen! Midstream College Primêre Skool se naam word verseker aan voortreflike swem gekoppel. Dankie aan ons swemmers vir julle harde werk, die voorbeeld wat julle stel en julle toewyding. Ons is baie trots op julle!

Nege skole het aan die A-swemliga deelgeneem.  Hiermee die uitslae van die eerste drie skole:
1ste plek: Midstream College met 1864 punte
2de plek: Tyger Valley College met 1494 punte
3de plek:  Laerskool Garsfontein met 1463.50 punte

Baie sterkte aan ons B-span wat die stryd môre aandurf.

In die derde plek, presteer ons leerders nie net op sportgebied nie. Hulle selfvertroue tydens die Pretpraters-geleenthede is sowaar indrukwekkend en ’n vaardigheid waarby hul sal baat vind in hul toekoms. Ons het voorwaar talentvolle sprekers in ons skool!

Maak gebruik van elke geleentheid om jul talente te ontdek en te ontwikkel.

Distrikatletiek: Individuele uitslae
 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

GAUTENG-ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE

Baie geluk aan die volgende atlete wat by die D4-span ingesluit is wat aan die GISSA-atletiekbyeenkoms op 11 en 12 Maart by Pilditch-stadion sal deelneem.

Linmari Kirkpatrick
Banie Claassen
Marcel van der Leek
Janelle Kirkpatrick
Rikus Holtzhausen
Zander Smit
Evan van der Merwe
Anri Pretorius
Emil Els
Lorenzo Fernandes
Rupert Groenewald

 
 

ONTBYTSAKE

Ons is baie opgewonde dat Midstream op Ontbytsake op kykNET sal verskyn.  Ons moedig u aan om die geleentheid te gebruik om in te skakel en "tyd op die kassie" saam met Midstream College te geniet.

Uitsaaitye
Saterdag 5 Maart
07:30 - 09:00 op kykNET (Kanaal 144)
09:30 - 11:00 op kykNET & kie (Kanaal 145)
Sondag 6 Maart
06:00 - 07:30 op kykNET & kie (Kanaal 145)
07:30 - 09:00 op kykNET (Kanaal 144)
Dinsdag 8 Maart en Donderdag 10 Maart
11:30 - 13:00 op kykNET & kie (Kanaal 145)
13:00 - 14:30 op kykNET (Kanaal 144)

 
 

NETBAL o.10 – o.13

Daar sal op Dinsdag 8 Maart, geen netbaloefening vir o.10 – o.13 wees nie, as gevolg van soneproewe op al die bane. Jammer vir die ongerief!

DIE UNIFORMWINKEL – MAART/APRIL-VAKANSIE HANDELSURE

18 Maart: 07:00 – 15:00
19 – 30 Maart: Gesluit
31 Maart & 1 April: 08:00 – 16:00
4 April: 08:00 – 17:00
Vanaf 5 April: 07:00 – 17:00

 

RUITERKUNS

Ons ruiterkunsspan sal aan Kwalifiseerder 1 en 2 by Eaton Farm deelneem op 5 en 6 Maart. Ons wens die volgende ruiters alle sterkte toe vir hul items:

Alyssa Barnard
Yumika Bakus
Lexi Harding
Angelique Lombard
Anthon Lombard
Zander le Roux
Lika van der Merwe
Kiara Kok
Mila van der Linde
Anika van Deventer
Angelique van Rensburg.

 
 

2022 KULTUURFEESINLIGTING

 Daar word met trots aangekondig dat die jaarlikse Kultuurfees weer binnekort in volle swang gaan wees.

 Vanjaar se tema is “Unlock”. Baie van die afdelings vereis dat dié tema uitgebeeld moet word. Vergewis u dus van elke afdeling se vereistes.

Massadeelname is vir ons ’n prioriteit, daarom wil ons elke leerder aanmoedig om aan ten minste een item deel te neem.

Geen inskrywingsgelde sal betaal word nie, behalwe handwerk, “Flavour Festival”, “Flavour Festival - Master Class” en “Leading Ladies”.

Elke deelnemer ontvang ’n sertifikaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal. U word vriendelik versoek om u kind te begelei in die keuse en inoefening van items. U is welkom om u kind self af te rig.

Let wel: Die personeel is slegs in beheer van afdelings, maar rig nie self die leerders af nie. Verseker asseblief dat u kind goed voorberei, aangesien ’n onafgeronde item kinders in die verleentheid stel.

Punte word toegeken vir deelname. Punte vir deelname, sowel as die simbole wat tydens optrede behaal word, word saam bereken om die algehele beste kultuurleerder te bepaal. Die leerders word by ’n saalbyeenkoms aangekondig.

Let asseblief op die beperkings by die verskillende afdelings en hou ook in gedagte dat van die items op dieselfde dag plaasvind.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Sluitingsdatum 18 Maart 2022.

Alle leerders van ons skool mag deelneem en die verrigtinge in die middae as toeskouers bywoon. Geen leerders van ander skole mag aan ons Kultuurfees deelneem nie.

HOE WERK DIE INSKRYWINGS?
Daar word vir alle items word via die Ouerpoort ingeskryf.
Volg asseblief die onderstaande skakel na die Ouerpoort en druk op die Students-tab.
Klik op die leerder se foto en kies die “Cultural Festival Entries”-tab.
Vir meer inligting rakende ’n item, druk op die betrokke aktiwiteit.
Oefen jou keuses uit deur op die vierkant te druk.
Nadat al die keuses gemaak is, druk op die “Sign Up”-knoppie regs bo-aan die skerm.
Die aktiwiteite/items sal onderaan die skerm vertoon en u is suksesvol ingeskryf.

Ouerpoort
 
 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodekursus
 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643