Nuusbrief  7                                                               24 Februarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons ouers aan die reëls rakende die bywoning van geleenthede, te herinner.
• Binnenshuise plekke/lokale word toegelaat om ’n maksimum van 1 000 persone te akkommodeer;
• Buitenshuise plekke/lokale word toegelaat om ’n maksimum van 2 000 persone te akkommodeer;
• Indien ’n plek/lokaal te klein is om hierdie maksimum getalle te akkommodeer, word die getalle tot 50% van daardie plek/lokaal se kapasiteit beperk.

Elke persoon wat ʼn plek/lokaal betree waar ’n sport of kulturele aktiwiteit plaasvind, moet:
(a) ’n gesigmasker dra;
(b) aan alle gesondheidsprotokolle voldoen;
(c) ’n afstand van ten minste een en ʼn half meter tussen mekaar handhaaf.

’n Eienaar of operateur van ’n sportfasiliteit of ’n organiseerder van ’n sportbyeenkoms moet verseker dat daar aan die beperking op die aantal persone wat so ’n byeenkoms bywoon, voldoen word. Indien die eienaar van ’n sportfasiliteit of die organiseerder van die geleentheid nie aan die regulasies voldoen nie en daar bevind word dat hierdie riglyne oortree is, sal hulle aanspreeklik gehou word en kan ’n boete of tronkstraf tot ʼn maksimum tydperk van ses maande opgelê word. Indien ’n beampte wat die regulasies moet toepas en die nakoming van Covid-19-protokolle by ’n geleentheid monitor, bevind dat hierdie riglyne nie nagekom word nie, mag personeel persone beveel om die lokaal te verlaat. Indien die persoon weier, kan hulle beboet word of tronkstraf opgelê word.

As gevolg van die bogenoemde redes mag skole nie altyd by elke geleentheid toeskouers toelaat nie.

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

DISTRIKATLETIEK

Die volgende atlete sal aan die Distrik-atletiekbyeenkoms deelneem wat Vrydag 25 Februarie by Hoërskool Zwartkop plaasvind.

Ons wens hierdie atlete alle sterkte toe en is seker dat ons ’n paar name na die Gauteng-kampioenskappe sal sien deurdring.

 

Dogters o.10
Jessica Barnard: 80 m, 70 m Hekkies
Linmari Kirkpatrick: 70 m Hekkies, Verspring
Karien Struwig: 1 200 m
Seuns o.10
Banie Claasen: 1 200 m
Michael Delport: 70 m Hekkies
Marcel van der Leek: 1 200 m
Seuns o.11

Lange Langa: 80 m
Dogters o.12
Janelle Kirkpatrick: 75 m Hekkies, 150 m Hekkies, Hoogspring

Seuns o.12
Rikus Holtzhausen: 150 m Hekkies, Verspring Dejan Jankovic: Hoogspring
Zander Smit: Hoogspring
Markus Swanepoel: 1 200 m
Evan van der Merwe: Spiesgooi
Dogters o.13
Anri Pretorius: Verspring
Seuns o.13

Dawie Barnard: Hoogspring
Emil Els: 800 m
Lorenzo Fernandes: Verspring
Rupert Groenewald: 800 m, 1 500 m

 

CHOC FLIP FLOP-DAG

Baie dankie aan elke Midstreamer wat ons CHOC Flip Flop-dag ondersteun het. Die skool het ’n fantastiese
R7 710-00 vir hierdie organisasie ingesamel! Sonder julle toegewyde hulp en ondersteuning sou die dag nie ’n sukses gewees het nie.

DIE UNIFORMWINKEL – MAART/APRIL-VAKANSIE HANDELSURE

18 Maart: 07:00 – 15:00
19 – 30 Maart: Gesluit
31 Maart & 1 April: 08:00 – 16:00
4 April: 08:00 – 17:00
Vanaf 5 April: 07:00 – 17:00

 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Pamflet Registreer
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643