Nuusbrief  6                                                               17 Februarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Harde werk, toewyding en die vasberadenheid om altyd ons beste te gee, of ons nou wen of verloor, is die prys wat ons vir sukses betaal.

Legendaries! Daar is nie ’n beter woord om ons atlete se sukses by die Cluster-byeenkoms te beskryf nie. Al hulle harde werk en toewyding het vir seker vrugte afgewerp. Ons eindig 2de uit die 15 skole, kort op die hakke van die wenner van die dag.

Daar is ’n Ierse spreekwoord wat sê: “Jy sal nooit ’n veld ploeg as jy dit net in jou gedagtes omkeer nie.” Sterkte aan ons leerders wat hard besig is om voor te berei vir wedstryde, galas en byeenkomste in verskeie aktiwiteite, asook elkeen van ons leerders wat hard ploeg aan sy/haar akademiese en kulturele land.

The secret of success in life is for a man to be ready for his opportunity when it comes. - Earl of Beaconsfield

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

MIDSTREAM GEE OM – RAAK BETROKKE!

Midstream College Primêre Skool reik jaarliks uit na gesinne in nood, deur basiese nie-bederfbare voedsel en ander huishoudelike items te voorsien.

Tesame met KSM wil ons optimaal en effektief voedsel na gesinne in nood versprei. Kossakke word maandeliks deur Midstream-gesinne gevul en by die skool afgelewer, waarna dit aan KSM oorhandig word vir verspreiding. Alternatiewelik kan u as gesin kies om sakke deur die loop van die jaar te borg, deur maandeliks die bedrag vir ’n sak direk in die kerk se rekening in te betaal.

Dit is ’n maklike manier om by liefdadigheid betrokke te raak en u kinders deel te maak van ’n omgee-projek.

Sien asseblief die pamflet vir meer inligting Indien u belangstel, registreer asseblief deur die skakel hieronder te volg.

Pamflet Registreer
 

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Die tweedehandse klerewinkel het skoolklere, sowel as sportklere vir die onderskeie sportsoorte, beskikbaar. Kontak Hestha by 082 520 0478. Die winkel se weeklikse besigheidsure is op die WhatsApp-profielfoto te sien.

NETGIRLZ NETBALAKADEMIE

Sessies vind vanaf Maart op Woensdagmiddae van 16:00 – 17:00 op die skoolterrein plaas. Alle belangstellendes, ouderdomme 7 tot 12, kontak asseblief vir Des Kotzé by netgirlz@yahoo.com vir meer inligting.

 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2022! Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders uit om deel te wees van ons spreekkoor. Oefening sal op Dinsdae van 15:30 – 16:00 in die saal wees. Ons begin eers in die 2de kwartaal met oefening. As u kind graag deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas na Karen Krynauw by karenk@midstreamcollege.co.za.

 
 

TENNIS

Daar sal op Maandag 21 Februarie, geen tennisoefening vir graad 2 – 7 wees nie, as gevolg van ligawedstryde op al die bane. Jammer vir die ongerief!

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

GRAAD 8-INSKRYWINGS 2023

Graad 8-inskrywings vir 2023 sluit Vrydag 29 April 2022. Indien u kind by Midstream College gaan inskryf, moet u asseblief aanlyn aansoek doen.

Besoek asseblief die Midstream College webblad vir al die nodige instruksies en die aanlyn toelatingsvorm.

Vir enige toelatingsnavrae, kontak me. Carine Cronje. (carinec@midstreamcollege.co.za)

Inskrywings
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643