Nuusbrief  5                                                               10 Februarie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Vandag is ’n hoogtepunt in ons atlete se atletiekseisoen. Hul hou ons naam hoog by die Cluster-atletiekbyeenkoms en ons is voorwaar trots op hulle.

Wat ’n verblydende gesig tydens wedstryde, byeenkomste en galas: Leerders in aksie en ons ouers wat ondersteun. Baie sterkte aan al ons leerders wat hard werk op sport, kultuur en akademiese gebied.

“Success is where preparation and opportunity meet." - Bobby Unser

 
 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

CHOC FLIP FLOP-DAG

Ons herinner u vriendelike aan ons Flip Flop-dag op 18 Februarie.

 

KLERE MERK

Ons versoek ouers vriendelik om hul kinders se klere te merk. Verlore klere vind hulle eienaar net makliker en vinniger indien dit gemerk is.

VERSIGTIG IN PARKEERAREA RY

Ons vestig net weer alle ouers se aandag daarop dat dit uiters belangrik is om stadig en versigtig in die parkeerarea te ry.

 

SPREEKKOOR

Dit is tyd vir Spreekkoor 2022! Ons nooi alle graad 2-, 3- en 4-leerders uit om deel te wees van ons spreekkoor. Oefening sal op Dinsdae van 15:30 – 16:00 in die saal wees. Ons begin eers in die 2de kwartaal met oefening. As u kind graag deel van die spreekkoor wil wees, stuur asseblief ’n e-pos met u kind se naam, graad en klas na Karen Krynauw by karenk@midstreamcollege.co.za.

 
 

RUGBY

Die 2022-rugbyseisoen (Bulletjie en senior rugby) skop komende Dinsdag 15 Februarie met ’n ouerinligtingsessie af. U word vriendelik uitgenooi om by ons aan te sluit in die Midstream College Ouditorium om 18:00 en dan al die nodige inligting, datums en tye te ontvang.

 
 

TENNIS

Daar sal op Maandag 21 Februarie, geen tennisoefening vir graad 2 – 7 wees nie, as gevolg van ligawedstryde op al die bane. Jammer vir die ongerief!

 
 

AANSOEKE VIR GRAAD 1 2023

Ouers word versoek om asseblief graad 1-aansoeke vir 2023 voor die einde van April 2022 in te dien.

Neem kennis dat die skool na ʼn aanlynaansoeksisteem oorgeskakel het. Geen aansoeke per e-pos of as harde kopie nie, asseblief. Volg die skakel na Toelatings:

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Corrie Burger (by corrieb@midstreamcollege.co.za of 012 940 9122).

Toelatings
 
 

TUCK IN

Besoek gerus by Tuck In vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643