Nuusbrief  37                                                          1 Desember 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Ons het die einde van ’n opwindende en geseënde jaar bereik. Ons kyk met dankbaarheid terug na ‘n jaar wat van vele wonderlike geleenthede, opwinding en onbeskryflike sukses getuig.

Dit is tyd om van ons graad 7-leerders afskeid te neem. Mag jul hoërskoolloopbaan voorspoedig, vol pret en altyd geseënd wees. Ons sien daarna uit om in die komende maande en jare van jul ervarings te hoor.

Dit is met ’n swaar hart dat ons die volgende personeellede groet:

Ons groet me. Joey von Abo en me. Brigitte Double na 17 jaar, wat ‘n besige loopbaan vir die lewe van ’n pensioenaris verruil. Ons het groot waardering vir die diep spore wat hul in Midstream College Primêre Skool se geskiedenis agterlaat. Ons groet hulle en wens hulle alle seën vir hul toekoms toe.

Soos een loopbaan eindig, begin ’n volgende een. Midstream College Primêre Skool bedank me. Carna Kriel opreg vir haar wonderlike bydrae as Departementshoof Wiskunde. Ons wens haar alles van die beste met haar nuwe loopbaan toe.

Mnr. Dirk Smith verruil Midstream College vir ’n lewe in Nederland. Ons gaan sy positiewe, hulpvaardige en kindvriendelike hart mis. Mag sy beker egter oorloop van geluk en voorspoed. Ons beste wense vergesel hom in die opwindende reis en ervaringe wat aan sy deur klop.

Ons groet vir Me. Chandré Engelbrecht wat ons einde van die jaar verlaat en wens haar alles van die beste en voorspoed toe met haar toekomsplanne. Ons waardeer die insette wat sy by die skool gelewer het.

Ons wens al ons Midstream-gesinne ’n rustige gesinstyd en ’n sielverrykende feestyd toe. Godsrykste seën en oorvloedige voorspoed word u toegewens.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir al die Midstream-families. Ons bid dat elkeen ‘n geseënde Kerstyd sal beleef en dat almal werklik God se deernis, liefde en genade tydens dié seisoen sal ervaar. Ons bid ook vir elke Midstreamer se veilige terugkeer na die vakansie.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir belangrike datums.

Belangrike datums
 

WATERKASKENADES - 5 DESEMBER

GEDURENDE SKOOLTYD:
SKOOL VERDAAG OM 12:00

KLEREDRAG SEUNS
LO-klere Skool swembroek

DOGTERS
LO-klere Skoolswembroek

 Bring jou eie handdoek!
 Smeer behoorlik sonblok aan voordat jy skool toe kom en smeer gereeld sonblok deur die dag aan!
 Onthou jou skoolhoed en water!

 

RAPPORTE

Rapporte sal op 7 Desember om 12:00 op die Ouerpoort beskikbaar wees.

 

BOEKBESTELLINGS VIR 2023
‘n Vriendelike versoek dat u asseblief u kind(ers) se boeke en skryfbehoeftes vir 2023 voor die einde van die kwartaal sal bestel. Ons moedig u aan om die boeke voor die vakansie te bestel om sodoende die tekort en beskikbaarheid van boeke aan die begin van 2023, te vermy.

Kontakbesonderhede: 083 446 6499 (Bianca)
E-pos: midstreambooks@gmail.com

Inligting Bestellings
 

GRAAD 4-ORIËNTERING

10 Januarie 2023 om 09:00

 

SKOOL HEROPEN

11 Januarie 2023

 

KALENDER

Hiermee die kalender vir Januarie 2023. Die res van die kalender sal vroeg volgende jaar op die Ouerpoort beskikbaar wees.

Januarie 2023
 

ANOK

BELANGRIKE AANKONDIGING:

Dis hier! Dis hier!
ANOK skoolkoerant 2022 word gevier.

Volg asseblief die skakel, sit terug, ontspan en geniet al die wonderlike nuus van 2022.

ANOK
 

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Die tweedehandse klerewinkel het goeie kwaliteit klere en boeke teen baie billike pryse. Handig asseblief so gou moontlik klere en boeke in vir hergebruik. Kontak Hestha op 082 520 0478.

 

SWEM

Daar sal voorseisoen swemoefening op die volgende dae wees. Neem asseblief kennis dat hierdie oefeninge nie verpligtend is nie.

Dinsdag 3 Januarie – 09:00 tot 10:00
Woensdag 4 Januarie – 09:00 tot 10:00
Donderdag 5 Januarie – 09:00 tot 10:00
Vrydag 6 Januarie – 09:00 tot 10:00
Maandag 9 Januarie – 09:00 tot 10:00

 

UNIFORM WINKELURE

Hiermee die winkeltye:

Datum

Tot 7 Desember (Maandag – Vrydag)
7 – 15 Desember 2022
16 Desember 2022 – 3 Januarie 2023
4 – 6 Januarie 2023
9 + 10 Januarie 2023
10 Desember 2022 en 7 Januarie 2023
Vanaf 11 Januarie 2023

Tye

07:00 – 17:00
08:00 – 16:00
Gesluit
08:00 – 16:00
08:00 – 17:00
08:00 – 13:00 – Per afspraak
07:00 – 17:00

 

ATLETIEK

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende die atletiek.

Inligting
 

TENNIS

Veels geluk aan die nuutverkose Tennis Tierspanne – ons is slaggerreed vir AKSIE in 2023!

Spanlys
 

KERSFEES-GESKENKBOKSE VIR ONS TERREINWERKERS

Dit is weereens tyd vir ons jaarlikse Kersgeskenkboks-insameling vir ons ongelooflike terreinwerkers! Skenk asseblief enige van die onderstaande items om hul spesiale Kersgeskenkbokse te vul. Hierdie geskenke toon ons waardering en dankbaarheid teenoor ons terreinwerkers wat so hard werk om ons terrein, ons klasse en ons badkamers heeljaar silwerskoon en pragtig te hou. Span saam in hierdie inisiatief en stuur asseblief soveel produkte as wat u wil! Hoewel ons die items tussen die Grondslag- en Intersen-fases verdeel het, hoef u nie by hierdie lyste te hou nie. Stuur gerus die produkte wat u gesin wil skenk.

Help ons asseblief om die Kersbokse te vul en die harte van ons wonderlike en hardwerkende terreinwerkers te verbly!

28 November – 2 Desember  - Week 3: Vul die leë gaatjies
– bring enigiets wat u nog nie gestuur het nie!

 
 

SWEM

o.8-swemmers van 2023 (Graad 1’s 2022)
U kind kan vanaf o.8 deel van die skool se swemspan wees. Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 25 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Swemproewe 2023 (o.8 – o.13)
Die swemproewe vind by die skoolswembad plaas. Swemmers moet slegseen van die onderstaande sessies bywoon, maar moet vir die hele sessie beskikbaar wees.

Dinsdag 10 Januarie 14:00 – 15:00
Woensdag 11 Januarie 14:00 – 15:00
Donderdag 12 Januarie 14:00 – 15:00

Swemoefening 2023
Die gewone swemoefening (o.8 – o.13) sal dan Maandag 16 Januarie begin. Die dae en tye is as volg:

Maandae
o.8              13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Dinsdae
o.8               13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Woensdae
o.8               13:30 –14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Donderdae
o.8               13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00

Swemmers moet ten minste twee van die bogenoemde swemoefeninge bywoon, waarvan een op ’n Maandag of Dinsdag moet wees. Swemmers moet asseblief die oefendae en -tye in ag neem, wanneer ander aktiwiteite beplan word.

 

MUSIEKATELJEE

Die afgelope jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskillende kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die lesse duur 30 minute per week en die musieklesse word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool. Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar. As u belangstel om u kind in te skryf vir lesse vir 2023, volg asseblief die volgende skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

PONIEKAMP

Capriole Stables bied weereens hul vakansieponiekamp vanaf 7 tot 15 Desember 2022 aan! Sewe dae van ongelooflike pret! Perdry is ’n wonderlike aktiwiteit wat selfbeeld verbeter en goeie balans, koördinasie en korrekte postuur bevorder. Besprekings is oop!

Klik op die skakel hieronder vir meer inligting.

Inligting
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643