Nuusbrief  36                                                          24 November 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Die lig aan die einde van die eksamen-tonnel skyn baie helder vir die graad 4- tot 7-leerders. Terselfdertyd loop die opgewondenheid hoog, aangesien al ons leerders die vooruitsig van heerlike instappies, uitstappies of toere het. Ons wens vir elke leerder veiligheid, pret, plesier en onvergeetlike ondervindings toe om die einde van ’n baie suksesvolle skooljaar te vier.

Ek sluit af met die wyse woorde van Aristotle: “We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.”

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir die skooltoere. Ons is dankbaar vir hierdie wonderlike geleentheid wat ons kinders het. Ons bid vir ‘n veilige reis na die kampe en weer terug. Ons bid vir God se hand van beskerming oor elke kind en onderwyser. Ons bid dat elke graad se kamp suksesvol sal verloop, die kinders dit baie sal geniet en met wonderlike nuwe herinneringe en goeie ervarings sal terugkom.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir belangrike datums.

Belangrike datums
 

KERSFEES-GESKENKBOKSE VIR ONS TERREINWERKERS

Dit is weereens tyd vir ons jaarlikse Kersgeskenkboks-insameling vir ons ongelooflike terreinwerkers! Skenk asseblief enige van die onderstaande items om hul spesiale Kersgeskenkbokse te vul. Hierdie geskenke toon ons waardering en dankbaarheid teenoor ons terreinwerkers wat so hard werk om ons terrein, ons klasse en ons badkamers heeljaar silwerskoon en pragtig te hou. Span saam in hierdie inisiatief en stuur asseblief soveel produkte as wat u wil! Hoewel ons die items tussen die Grondslag- en Intersen-fases verdeel het, hoef u nie by hierdie lyste te hou nie. Stuur gerus die produkte wat u gesin wil skenk.

Help ons asseblief om die Kersbokse te vul en die harte van ons wonderlike en hardwerkende terreinwerkers te verbly!

28 November – 2 Desember  - Week 3: Vul die leë gaatjies
– bring enigiets wat u nog nie gestuur het nie!

 
 

SING IN MIDSTREAM

Sing in Midstream is terug en sal nog lekkerder wees as vantevore! Hierdie jaar het ons ’n saamsing-geleentheid vir die hele gesin om al ons ou Kers-gunstelinge weer uit volle bors saam te sing. Sluit op 27 November om 17:00 by Midstream Ridge Laerskool by ons aan, vir ’n heerlike Kersviering saam met die res van die gemeenskap met Kersfees-gesinsfoto’s, pret vir die kinders en lekker versnaperinge.

Bespreek jou kaartjies vanaf R50 pp by Quicket. Ons het 2 x SPAR geskenkbewyse as verrassingspryse deur die loop van die aand. Hierdie jaar het ons ook, in samewerking met SPAR, ’n Charity Comfort Box-inisiatief. Dit werk eintlik baie eenvoudig – daar is ’n groot Kersboom by elke SPAR se ingang met kaartjies aan, kies ’n kaartjie en neem dit na die kasregister toe, waar dit geskandeer word. Jou Charity Comfort Box word dan deur SPAR gepak en by die ander donasies geplaas. Hierdie geskenkpakkies is ’n spesiale ondersteuningspak vir kinders, vrouens en mans wat slagoffers van geslagsgeweld, verkragting en mensehandel is. Ons ondersteuning gaan hierdie jaar aan The Epic Foundation en die Yenzani Kinderhuis.

QUICKET
 

BOEKBESTELLINGS VIR 2023 IS OOP
MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2023 moet plaas, het reeds geopen.  

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings moet asseblief voor 30 November 2022 afgehandel wees. Laat bestellings beïnvloed die beskikbaarheid van boeke.

Kontakbesonderhede: 083 446 6499 (Bianca)
E-pos: midstreambooks@gmail.com

Inligting Bestellings
 

SWEM

o.8-swemmers van 2023 (Graad 1’s 2022)
U kind kan vanaf o.8 deel van die skool se swemspan wees. Indien u kind een of meer van die volgende slae met gemak en ononderbroke, oor ’n afstand van 25 m kan swem, is hy/sy welkom om vir die swemproewe aan te meld.
• Vryslag
• Borsslag
• Rugslag

Swemproewe 2023 (o.8 – o.13)
Die swemproewe vind by die skoolswembad plaas. Swemmers moet slegseen van die onderstaande sessies bywoon, maar moet vir die hele sessie beskikbaar wees.

Dinsdag 10 Januarie 14:00 – 15:00
Woensdag 11 Januarie 14:00 – 15:00
Donderdag 12 Januarie 14:00 – 15:00

Swemoefening 2023
Die gewone swemoefening (o.8 – o.13) sal dan Maandag 16 Januarie begin. Die dae en tye is as volg:

Maandae
o.8              13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Dinsdae
o.8               13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Woensdae
o.8               13:30 –14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00
Donderdae
o.8               13:30 – 14:00
o.9 – o.13  14:00 – 15:00

Swemmers moet ten minste twee van die bogenoemde swemoefeninge bywoon, waarvan een op ’n Maandag of Dinsdag moet wees. Swemmers moet asseblief die oefendae en -tye in ag neem, wanneer ander aktiwiteite beplan word.

 

MUSIEKATELJEE

Die afgelope jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskillende kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die lesse duur 30 minute per week en die musieklesse word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool. Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar. As u belangstel om u kind in te skryf vir lesse vir 2023, volg asseblief die volgende skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643