Nuusbrief  34                                                              10 November 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“When you focus on being a blessing, God makes sure that you are always blessed in abundance.” – Joel Osteen

Ons voel geseënd en dankbaar vir die heerlike reën wat ons die afgelope tyd ontvang het. Ons voel ook geseënd met die wonderlike leerders wat deel is van ons skool. Mag elkeen van hulle ook in alles wat hul aanpak en in elke aspek van hulle lewens werklik geseënd wees.

Ons is verheug oor ons o.10 A-krieketspan wat die Groot Skole A-liga gewen het. Baie geluk, ons is trots op julle.

 

YADAH

Die week bid ons vir: God se hand van genade oor ons skool. Met die eksamen wat begin en die Grondslagfase wat in die pylvak van hul jaar is, vra ons God se seën, beskerming en vrede oor elke kind, onderwyser en ouer. Ons bid vir ‘n bewustheid van God se invloed in ons lewens en dat Hy aan elkeen die krag en volharding sal voorsien, om dié jaar op die beste moontlike manier te voltooi.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir belangrike datums.

Belangrike datums
 

TITANS KRIEKET

Titans Cricket het ’n addisionele ses o.12-spelers gekies wat saam met die o.12-streekspanne aan die begin van Desember hul provinsiale kleure sal ontvang. Ons is bly om aan te kondig dat Zander Smit en David van der Vyver albei vir hierdie groep gekies is en dus ook as o.12 Titans-streekspelers hul kleure ontvang. Baie geluk aan albei seuns met hierdie wonderlike prestasie.

 
 

BOEKBESTELLINGS VIR 2023
MC Boekwinkel se webwerf waar u die bestelling van handboeke en skryfbehoeftes vir 2023 moet plaas, het reeds geopen.  

Die boekwinkel word vanaf Castle Walk Stationers, Suite 003, Midstream Ridge Sport Centre, Midstream Ridge Estate (oorkant die gimnasium) bedryf.

Bestellings moet asseblief voor 30 November 2022 afgehandel wees. Laat bestellings beïnvloed die beskikbaarheid van boeke.

Kontakbesonderhede: 083 446 6499 (Bianca)
E-pos: midstreambooks@gmail.com

Inligting Bestellings
 

UITSTAANDE BIBLIOTEEKBOEKE

Alle uitstaande biblioteekboeke moet so gou as moontlik ingehandig word. Kontak me. H. Louw indien daar ’n probleem is met boeke wat nie opgespoor kan word nie. Geen boeke sal verder by die biblioteek uitgeneem mag word nie.

 
 

MUSIEK ATELJEE

Die afgelope jaar was ’n baie suksesvolle jaar in die Musiekdepartement, met wenners in verskillende afdelings by verskillende kompetisies. Ons het talentvolle, professionele musikante wat die musieklesse aanbied. Daar is 30 lesse per jaar wat in 4 dele verdeel word. Die lesse duur 30 minute per week en die musieklesse word by die Midstream College-ateljees aangebied. Dit geskied in skooltyd tydens nie-akademiese periodes, soos L.O., Musiek, en Kuns, asook na skool. Die departement is hoog in aanvraag en beperkte hoeveelheid plek is vir 2023 beskikbaar. As u belangstel om u kind in te skryf vir lesse vir 2023, volg asseblief die volgende skakel vir meer inligting op die webblad.

Inligting
 

GRACE ENSEMBLE (A CAPELLA GROEP) ‒ OUDISIES VIR 2023

Oudisies word op Woensdag 16 November in Musiekklas nr. 6 gehou.

  Graad 4 en 5 ‒ 10:15 ‒ 11:15
  Graad 6 – 11:15 ‒ 12:00
  Graad 3 – 12:00

Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
As u kind klaar met sy / haar oudisie is, kan hul huis toe gaan.
Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word.
Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie a capella (sonder enige begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Donderdag 8 Desember tot Woensdag 14 Desember vanaf 07:30 – 17:00 en Donderdag 15 Desember vanaf 07:30 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor / op 20 November.

Googlevorm
 
 

SING IN MIDSTREAM

Sing in Midstream is terug en sal nog lekkerder wees as vantevore! Hierdie jaar het ons ‘n saamsing-geleentheid vir die hele gesin om al ons ou Kers-gunstelinge weer uit volle bors saam te sing. Sluit op 27 November om 17:00 by Midstream Ridge Laerskool by ons aan, vir ‘n heerlike Kersviering saam met die res van die gemeenskap met Kersfees-gesinsfoto’s, pret vir die kinders en lekker versnaperinge.

Bespreek jou kaartjies vanaf R50 pp by Quicket . Ons het 2 x SPAR geskenkbewyse as verrassingspryse deur die loop van die aand. Hierdie jaar het ons ook, in samewerking met SPAR, ‘n Charity Comfort Box-inisiatief. Dit werk eintlik baie eenvoudig – daar is ‘n groot Kersboom by elke SPAR se ingang met kaartjies aan, kies ‘n kaartjie en neem dit na die kasregister toe, waar dit geskandeer word. Jou Charity Comfort Box word dan deur SPAR gepak en by die ander donasies geplaas. Hierdie geskenkpakkies is ‘n spesiale ondersteuningspak vir kinders, vrouens en mans wat slagoffers van geslagsgeweld, verkragting en mensehandel is. Ons ondersteuning gaan hierdie jaar aan The Epic Foundation en die Yenzani Kinderhuis.

QUICKET
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643