Nuusbrief  33                                                              3 November 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Met die afsluiting van ons hoofstuk van buitemuurse aktiwiteite en akademiese klasse vir 2022, wil ons al ons graad 4- tot 7-leerders alles van die beste toewens vir die eksamens wat voorlê. Ons wens is dat ons leerders gemotiveerd en geïnspireerd sal bly om hul volle potensiaal te bereik.

 

YADAH

Die week bid ons vir: Elke leerder wat eksamen skryf. Ons bid vir toewyding en deursettingsvermoë, maar ook vir rustigheid en kalmte. Ons bid dat God se hand van genade oor elkeen sal wees en dat elke kind God se vrede en teenwoordigheid tydens die eksamen sal ervaar.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir belangrike datums.

Belangrike datums
 

GRACE ENSEMBLE (A CAPELLA GROEP) ‒ OUDISIES VIR 2023

Oudisies word op Woensdag 16 November in Musiekklas nr. 6 gehou.

  Graad 4 en 5 ‒ 10:15 ‒ 11:15
  Graad 6 – 11:15 ‒ 12:00
  Graad 3 – 12:00

Geen ouers word tydens die oudisies in die lokaal toegelaat nie.
As u kind klaar met sy / haar oudisie is, kan hul huis toe gaan.
Uitslae sal via e-pos aan die ouers gestuur word.
Tydens die oudisie sal daar van elke kandidaat verwag word om ’n liedjie a capella (sonder enige begeleiding / agtergrondmusiek) van nie langer nie as een minuut, te sing.

 

SING IN MIDSTREAM

Sing in Midstream is terug en sal nog lekkerder wees as vantevore! Hierdie jaar het ons ‘n saamsing-geleentheid vir die hele gesin om al ons ou Kers-gunstelinge weer uit volle bors saam te sing. Sluit op 27 November om 17:00 by Midstream Ridge Laerskool by ons aan, vir ‘n heerlike Kersviering saam met die res van die gemeenskap met Kersfees-gesinsfoto’s, pret vir die kinders en lekker versnaperinge.

Bespreek jou kaartjies vanaf R50 pp by Quicket . Ons het 2 x SPAR geskenkbewyse as verrassingspryse deur die loop van die aand. Hierdie jaar het ons ook, in samewerking met SPAR, ‘n Charity Comfort Box-inisiatief. Dit werk eintlik baie eenvoudig – daar is ‘n groot Kersboom by elke SPAR se ingang met kaartjies aan, kies ‘n kaartjie en neem dit na die kasregister toe, waar dit geskandeer word. Jou Charity Comfort Box word dan deur SPAR gepak en by die ander donasies geplaas. Hierdie geskenkpakkies is ‘n spesiale ondersteuningspak vir kinders, vrouens en mans wat slagoffers van geslagsgeweld, verkragting en mensehandel is. Ons ondersteuning gaan hierdie jaar aan The Epic Foundation en die Yenzani Kinderhuis.

QUICKET
 

EKSAMEN- EN SKOOLTYE VIR DIE RES VAN DIE JAAR (GR 1-7)

Die skool sal op 9 November vir graad 1- tot 7-leerders om 12:00 sluit.

Tydens die eksamen sal graad 4- tot 7-leerders toegelaat word om 10:00, na die eksamensessie, huis toe te gaan. Daar sal wel ‘n studiesessie tot 12:00 beskikbaar wees vir leerders wat nie huis toe kan gaan nie.  Tydens hierdie studiesessie sal leerders op hulle eie studeer.

Let asseblief daarop dat as kinders na 10:15 nog op die skoolgronde is of by die hek wag, dit van hulle verwag sal word om na die studieklas te gaan. Leerders wat met hulle fietse huis toe ry, moet dadelik vertrek.

Ons weet dat sommige leerders gewone skoolure hier moet bly a.g.v. die ouers se werksomstandighede. Ons akkommodeer hulle graag in die wagklas tot 13:45.

Nadat die eksamen geeïndig het, sal die skool vanaf 28 November vir alle grade om 12:00 sluit.

Graad 1- tot 3-leerders sal vanaf 9 November tot  6 Desember om 12:00 uitkom.

Die skool sluit die laaste dag van die kwartaal, 7 Desember, om 10:00 vir al die grade.

Voltooi asseblief die Googlevorm voor Vrydag 4 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Googlevorm
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Donderdag 8 Desember tot Woensdag 14 Desember vanaf 07:30 – 17:00 en Donderdag 15 Desember vanaf 07:30 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor / op 20 November.

Googlevorm
 
 

TENNIS

Graad 1-tennisoefening vir 2022, sal op Maandag 7 November afsluit. Huidige graad 1-spelers sal in 2023 die graad 2- tot 7-oefeninge bywoon.

Graad 2- tot 7-tennisoefening vir 2022, sal tot en met Maandag 28 November aanhou en oefentye bly gedurende die eksamen onveranderd.

Kontak gerus vir Nicoline Wildenboer (nicolinew@midstreamcollege.co.za) met enige navrae.

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2023 IS OOP

Druk op die onderstaande skakel vir meer inligting

Boekbestellings
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643