Nuusbrief  31                                                                 20 Oktober 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Vra jouself af of dit wat jy vandag doen, jou nader sal bring aan waar jy môre wil wees.

Ons graad 4- tot 7-leerders het Maandag hul eksamenafbakening ontvang. Die afbakening is baie meer gedetailleerd uiteengesit om dit vir die leerders makliker te maak om te leer. Dis belangrik dat die leerders goed vir die eksamen voorberei, maar dit is egter ook baie belangrik dat die leerders kalm en rustig tydens die voorbereiding, sowel as die eksamen, bly. Die eksamen is slegs ’n verlenging van die toetsreeks, met die voordeel dat die leerders meer tyd het om voor te berei. Sterkte met die hersiening en voorbereiding van die eksamen.

Joe Paterno het gesê: “The will to win is important but the will to prepare is vital.” En in die woorde van Thomas Edison: “There is no substitution for hard work”.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir
Al die kerke in Midstream en ons omliggende areas. Ons sê baie dankie vir die goeie werk wat hulle doen. Ons bid vir God se wysheid en leiding vir elke kerkleier. Ons bid ook vir toewyding en deelname van elke kerkslid. Ons vra God se seën oor al ons kerke en hulle werk.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

EKSAMEN- EN SKOOLTYE VIR DIE RES VAN DIE JAAR (GR 1-7)

Die skool sal op 9 November vir graad 1- tot 7-leerders om 12:00 sluit.

Tydens die eksamen sal graad 4- tot 7-leerders toegelaat word om 10:00, na die eksamensessie, huis toe te gaan. Daar sal wel ‘n studiesessie tot 12:00 beskikbaar wees vir leerders wat nie huis toe kan gaan nie.

Ons weet dat sommige leerders gewone skoolure hier moet bly a.g.v. die ouers se werksomstandighede. Ons akkommodeer hulle graag in die wagklas tot 13:45.

Nadat die eksamen geeïndig het, sal die skool vanaf 28 November vir alle grade om 12:00 sluit.

Graad 1- tot 3-leerders sal vanaf 9 November tot  6 Desember om 12:00 uitkom.

Die skool sluit die laaste dag van die kwartaal, 7 Desember, om 10:00 vir al die grade.

Voltooi asseblief die Googlevorm voor Vrydag 4 November indien u kind van die studiesessie en/of wagklas gebruik sal maak.

Googlevorm
 

KWARTALE

Neem asseblief kennis van die kwartale vir 2023 en 2024.
Druk asseblief op die onderstaande skakels vir die onderskeie jare se kwartale.

2023 2024
 

AFRIKAANSREDENAARS

Die graadsewe redenaarspan van Erik Botha, Carmia van den Berg, Alzan Swanepoel en Sebastiaan Struwig, verower ‘n landswye vyfde plek in die ATKV-DigiSpanpraat kompetisie!

Baie geluk aan hierdie skitterende sprekers!

ATKV het hul redenaarstemas vir 2023 bekend gemaak:
Graad 1 – 3: KLEUR; SPEEL; KLEIN
Graad 4 – 5 Hooftaal en Addisionele Taal: FLITS; LUISTER; KLANK
Graad 6 – 7 Hooftaal en Addisionele Taal: TRADISIE; REIS; WEDREN

Lekker skryf!

Vir verdere inligting, kontak gerus vir Nicoline Wildenboer (nicolinew@midstreamcollege.co.za).

 
 

ATLETIEKBYEENKOMS

MCP bied Donderdag 27 Oktober die atletiekbyeenkoms by Midstream aan. Druk asseblief op die skakel hieronder vir die program

Program
 
 

BYBELGENOOTSKAP

Dit is Midstream College se voorreg om weer hande te vat met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ons ondersteun graag die missie om bekostigbare Bybels aan al die mense van Suid-Afrika in hulle eie taal, beskikbaar te stel.

Die houer wat reeds uitgedeel is, kan met enige bedrag gevul word. Elke R100 stel die Bybelgenootskap in staat om een Bybel aan iemand te gee. Ons vertrou dat hierdie Bybels die saadjies sal wees wat hoop bring aan baie mense in ons land. Baie dankie vir jou vrywillige ondersteuning. Stuur asseblief u kind se houer teen 28 Oktober terug na die registeronderwysers.

 
 

TWEEDEHANDSE WINKEL

Die tweedehandse klerewinkel het goeie tweedehandse skoolklere en skoolboeke beskikbaar. Besigheidsure is Maandag en Woensdag vanaf 07:00 – 08:00 gedurende die skooltermyn. Alternatiewe dae is op die selfoonnommer 082 520 0478 se WhatsApp-profielfoto beskikbaar. Kontak gerus vir Hestha.

 
 

TENNIS

Let wel dat uitspeelwedstryde vir 2023 tennisspanne, op Maandae en Vrydae gedurende Oktober en die eerste week van November, op alle bane plaasvind. Spelers wat nie aan die uitspeelwedstryde wil deelneem nie, is welkom om die gewone oefening op Woensdae 14:00 tot 15:00 by te woon. Graad 1-tennisoefeninge op Maandae en Vrydae vanaf 13:30 tot 14:00, word nie deur hierdie reëling geaffekteer nie.

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2023 IS OOP

Druk op die onderstaande skakel vir meer inligting

Boekbestellings
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643