Nuusbrief  30                                                                 13 Oktober 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“The day you plant the seed is not the day you eat the fruit.” – Anoniem

Welkom terug na die heerlike warm vakansie. Ons wens elke leerder, ouer en onderwyser ’n vreugdevolle kwartaal, met groot drome en baie seëninge, toe.

Dit verskaf ons groot vreugde om die nuus met u te deel dat die Grace Ensemble PACISA-wenners is. Ons is so trots op ons A Cappella groep wat tydens hierdie strawwe kompetisie Midstream College Primêre Skool se naam baie hoog gehou het.

Baie geluk aan ons o.10A-krieketspan wat ligawenners is en in dieselfde asem wens ons al ons krieketspanne wat betrokke is by verskeie uitspeelwedstryde, sterkte toe. Geniet jul laaste oefeninge en wedstryde vir die jaar.

Selfs al het ons ‘n kort kwartaal met net ‘n paar weke voor die eksamen begin, is verskeie sportsoorte nog druk besig. Sterkte aan ons swem-, muurbal-, atletiek- en Sewes-rugbyspanne met hul seisoen wat voorlê. Ons glo en vertrou dat julle elke oomblik daarvan sal geniet.

 

EKSAMENROOSTER EN EKSAMENAFBAKENINGS (GRAAD 4‒7)

Neem asseblief kennis dat die eksamenafbakenings op Maandagmiddag 17 Oktober per graad uitgestuur sal word. Baie sterkte met die eksamenvoorbereiding.

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die toets- en eksamenrooster vir kwartaal 4.

Eksamenrooster
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir almal wat betrokke is by die vertaling, verspreiding en produksie van die Bybel wêreldwyd, en vir almal wat ander mense help om die Bybel te verstaan en daarvolgens te leef.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 19 Oktober plaas. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 13 Oktober om 14:00 tot 19 Oktober om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 19 Oktober gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf.
U sal dan ’n e-pos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

Ouerpoort
 
 

KRIEKET

Na die finale rondte van proewe, is die volgende seuns by die Titans-spanne ingesluit:
O.12-streekspan
    Thiago Naidoo
    Beyers Pretorius

O.13-streekspan
   Dawie Barnard
   Bonani Booi
   Louis Kruyshaar

Wat `n groot voorreg en eer om 5 provinsiale spelers in ons skool te hê!

Baie geluk aan elke speler, ouer, span en afrigter betrokke! Ons is baie TROTS op julle!

Mnr. Hermann Van Aswegen en Mnr. Jacco Van Aswegen verteenwoordig ook ons skool as keurders en afrigters by die o.13- en o.12-Titans-spanne, baie geluk menere!

Sterkte en voorspoed met die al die voorbereiding vir julle toernooie wat voorlê!

 
 

ONTBYTSAKE

Ons is baie opgewonde dat Midstream op Ontbytsake op KykNet sal verskyn. Ons moedig u aan om die geleentheid te gebruik om in te skakel en “tyd op die kassie” saam met Midstream te geniet.

 
 

BYBELGENOOTSKAP

Dit is Midstream College se voorreg om weer hande te vat met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Ons ondersteun graag die missie om bekostigbare Bybels aan al die mense van Suid-Afrika in hulle eie taal, beskikbaar te stel.

Die houer wat môre uitgedeel sal word kan met enige bedrag gevul word. Elke R100 stel die Bybelgenootskap in staat om een Bybel aan iemand te gee. Ons vertrou dat hierdie Bybels die saadjies sal wees wat hoop bring aan baie mense in ons land. Baie dankie vir jou vrywillige ondersteuning. Stuur asseblief u kind se houer teen 28 Oktober terug na die registeronderwysers.

 
 

BOEKWINKEL – BOEKBESTELLINGS VIR 2023 IS OOP

Druk op die onderstaande skakel vir meer inligting

Boekbestellings
 

TENNIS

Let wel dat uitspeelwedstryde vir 2023 tennisspanne, op Maandae en Vrydae gedurende Oktober en die eerste week van November, op alle bane plaasvind. Spelers wat nie aan die uitspeelwedstryde wil deelneem nie, is welkom om die gewone oefening op Woensdae 14:00 tot 15:00 by te woon. Graad 1-tennisoefeninge op Maandae en Vrydae vanaf 13:30 tot 14:00, word nie deur hierdie reëling geaffekteer nie.

 
 

FINALE FOTODAG 20 OKTOBER

Ons laaste fotodag vir individuele foto’s en boetie-en-sussiefoto’s vind op Donderdag 20 Oktober plaas. Slegs individuele foto’s van al ons leerders wat nie ons eerste twee fotodae kon bywoon nie, sal geneem word. Die foto’s sal in volledige someruniform met ’n skoolbaadjie geneem word, geen winteruniform nie. Stuur asseblief ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser indien u kind se foto op 20 Oktober geneem moet word. Boetie-en-sussie foto’s sal om 12:45 begin en tot na skool duur. Stuur asseblief ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser indien u graag op Donderdag 20 Oktober ’n foto van boeties en sussies wil laat neem.

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643