Nuusbrief  29                                                        22 September 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Baie dankie aan al ons leerders en onderwysers vir hul harde werk, toewyding en betrokkenheid gedurende die besige derde kwartaal! Ons skool se mooi prestasies, asook ons leerders se gedrag tydens al die aktiwiteite, geleenthede en kompetisies, vul my met dankbaarheid en trots.

“Gratitude makes sense of our past, brings peace for today and creates a vision for tomorrow.” ‒ Melody Beattie.

Saterdag het ons weer die geleentheid om ons nasie se kulturele rykdom te vier. Ons wens elkeen van ons families ‘n wonderlike Erfenisdag toe.

Ons wens ook al ons leerders, ouers en onderwysers ’n welverdiende, wonderlike lentevakansie toe.

 

VRYDAG 23 SEPTEMBER

Leerders moet asseblief môre hul LO-klere skool toe dra. Die graad 7-leerders wil graag die lente met blomme vier. Al die ander leerders is welkom om by hulle aan te sluit. Vrolik dus môre gerus die hare en LO-drag met blomme op, dit sal ‘n heerlike gevoel vir almal skep.

Klik asseblief op die onderstaande skakel vir môre se program.

Program
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir: die herstel en vernuwing van liggaam, siel en gees. Mag ons Midstream-families gedurende die vakansie rus en die krag van God ontvang om weer met entoesiasme en durf die pad wat Hy vir ons uitgelê het, aan te pak.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

EKSAMEN

Die eksamen vir die graad 4- tot 7-leerders vind in die vierdie kwartaal plaas. Die eksamenafbakenings sal in die tweede week van volgende kwartaal aan leerders gestuur word.

Ons stel voor dat leerders die vakansie lekker uitrus en dan sodra die afbakenings uitgestuur is met moed en ywer sal wegspring om vir die eksamen voor te berei.

 
 

ATLETIEK

Klik asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende die atletiek wat in kwartaal 4 sal plaasvind.

Klik asb op die onderstaande skakels om by die verskeie WhatsApp-groepe aan te sluit.

Inligting
Graad 1 - 3 Graad 4 - 5 Graad 6 - 7
 
 

SKOOLUNIFORMWINKEL

September/Oktober-vakansie handelsure
23 September:                         07:00 – 15:00
24 September – 5 Oktober:     Gesluit
 6 & 7 Oktober:                         08:00 – 16:00
10 Oktober:                              08:00 – 17:00
Vanaf 11 Oktober:                    07:00 – 17:00

 
 

BESOEK VAN SKRYWER EN STIGTER VAN ‘THE LEARN PROJECT’ – ROSLYNNE TOERIEN

Op Vrydag 23 September sal die hoogsbekroonde kinderskrywer en uitvoerende hoof en stigter van die Suid-Afrikaanse Niewinsgewende Trust, ‘The LEARN Project’, Roslynne Toerien, ons graad 1 tot
graad 5-leerders besoek. Sy leef volgens die leuse ‘Small actions lead to big change’ en dit kan gesien word in die aantal skool LEARN-biblioteekdeure wat geopen is en die horisonne wat deur die mag van boeke en geletterdheid verbreed is. Sy sal inligting met ons deel rakende die skryfproses sowel as die voorreg om te lees. Sy sal vir ons uit twee van haar boeke voorlees, nl. ‘The Rumbling Rhino’ en ‘Under the Baobab Tree’.

Ons kan nie wag om hierdie dinamiese skrywer by ons skool te verwelkom nie!

 

NUWE YADAH-PROJEK: HONDEKOS

Sonder enige twyfel is dit baie duidelik dat troeteldiere baie geliefd is in ons omgewing! Kinders se gesiggies helder sommer op as ‘n mens van honde en katte praat!  Vir die volgende paar weke samel ons enige honde- en katkos in, wat aan verskeie organisasies, o.a. PawsRUs, Wet Nose en die DBV, geskenk sal word.  Indien u as gesin graag aan hierdie projek wil deelneem, stuur asseblief enige honde- of katkos na u kind se registeronderwyser. Baie dankie!

 
 

DATEER INLIGTING OP

Dit is in almal se balng om ons ouers se kontakinligting op datum te hou. Ons versoek dus dat u asseblief die volgende inligting op die Ouerpoort opdateer:

Teken asseblief in op die Ouerpoort

Inligting 1:
Klik op die “Parent Info”-tab en klik dan op “Other Info”.

Laai asseblief die volgende 4 foto’s: Die voorkant en rugkant van die mediesefonds-kaart
                                                                   Albei ouers se ID

Onthou om op “Save changes” te klik.

Inligting 2:
Klik asseblief op die “Students”-tab.
Klik op die foto van die leerder.
Klik op “Health Record”.
Voltooi asseblief die vorm.

Neem asseblief kennis van die volgende interpretasie van die dieetbeperkings:
Beperking vir vegetariese dieet:
Indien Nee = Nie op ’n vegetariese dieet nie
Vegetaries Ja = Eet ’n vegetariese dieet

Beperking van ’n beesvleisdieet:
Indien Nee = Eet beesvleis
Beesvleis Ja = Eet nie beesvleis nie

Beperking vir ’n seekosdieet:
Indien Nee = Eet seekos
Seekos Ja = Eet nie seekos nie

Beperking vir ’n Halaaldieet (insl. geen varkvleis):
Indien Nee = Nie op ’n halaaldieet nie en eet varkvleis
Halaal (insl. geen varkvleis) Ja = Eet ’n halaaldieet met geen varkvleis

Parent Portal
 

PONIEKAMP

’n Poniekamp word van 3 – 7 Oktober 2022 gehou. Vyf dae van absolute, wonderlike pret! Perdry is ’n fantastiese aktiwiteit wat selfbeeld verbeter en goeie balans, koördinasie en korrekte postuur bevorder.

Klik asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Poniekamp
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643