Nuusbrief  28                                                        15 September 2022

 

UIT DIE KANTOOR

VERHOOGDE SKOOLGELDE VIR 2023

Na vele beraadslaging en noukeurige oorweging van die ekonomiese klimaat en verhoogde lewenskoste, deel ons u graag mee dat die Direkteure dit goedgedink het om die verhogings in skoolgelde tot die onderstaande te beperk:

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die uiteensetting van die skoolfooie struktuur

Skoolfooie Struktuur vir 2023


Indien u die volle bedrag voor einde Januarie 2023 sou betaal, sal ’n korting van 5% toe¬ge-staan word.

Ons herinner u daaraan dat indien ’n leerder die skool sou verlaat die deposito slegs terugbetaalbaar is, indien u een kwartaal skriftelik kennis gegee het.

NASKOOLFOOIE VIR 2023
Die naskoolfooie ten opsigte van 2023 is R 22 814.00 per jaar of R 2 074.00 per maand per leerder. Die naskoolgelde sal op u skoolrekening geplaas word en is oor elf maande betaalbaar.

’n Ad hoc-fooi van R210.00 per dag is betaalbaar, maar indien die leerder die naskool tien dae of meer sou bywoon, is die volle maandelikse fooi van R 2 074.00 betaalbaar.

 

SPRINGFEST

Na weke se advertensies en sosialemediaplasings om ons geesdriftig en opgewonde te maak, het Saterdag 10 September uiteindelik aangebreek en kon ons, ons skoolhekke oopgooi vir al die feesgangers! Sjoe, en watter wonderlike dag het ons Midstream-gemeenskap nie gehad nie! Ons is met meer as net ‘n lentedag geseën, want dit was 'n heerlike, sonnige somersdag. Die velde het behoorlik gegons met die kinders se vrolike gelag en hulle het sorgeloos op die opblaasspeletjies gespring, gebons of gegly en die talle ritte geniet.
Dit was duidelik dat die volwassenes uitgehonger was vir hierdie tipe samesyn en het gesellig gekuier en die geselskap van vriende en familie geniet! Die markstalletjies en kosverkopers was 'n bederf vir oud en jonk en die vermaak deur topklas kunstenaars het deurlopend tot die feestelike atmosfeer bygedra. Dankie aan die organiseerders en helpers vir 'n uiters suksesvolle dag. Baie dankie aan elke gesin wat die dag ondersteun en saam met ons geniet het - 'n SpringFest sal nie sonder julle moontlik wees nie.

Ons sien uit na SpringFest 2023! Onthou die datum: 9 September 2023!

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:
Kleinbesighede in ons omgewing. Ons bid vir die eienaars van klein, plaaslike besighede wat alles met hart en siel in hul ondernemings sit. Vir meeste kleinbesigheidseienaars is dit nie net nog ‘n winkel, restaurant of maatskappy nie, maar ‘n lewensdroom. Ons bid vir God se leiding vir elkeen van hierdie eienaars en ons Vader se genade en seën oor hulle besighede.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

AFRIKAANSREDENAARS

Veels geluk aan die volgende redenaars, wat plekke tydens die finale rondte van die Artistatue Nasionale Redenaarskompetisie behaal het.

Leah Struwig – 2de plek, graad 3.
Ksenya Reinke – 3de plek, graad 5.
Sebastiaan Struwig – 1ste plek, graad 6.
Erik Botha – 6de plek, graad 7.
Regardt van der Riet – 4de plek, graad 7.

Ons twee graad 7-spanne het onderskeidelik in die 3de en 4de plek geëindig. Hulle is:
Span 1: Erik Botha, Carmia van den Berg, Alzan Swanepoel, Sebastiaan Struwig.
Span 2: Lukas Combrinck, Mila van der Linde, Lienke Ponting, Ivan Kymdell.

Baie geluk!

 
 

BESOEK VAN SKRYWER EN STIGTER VAN ‘THE LEARN PROJECT’ – ROSLYNNE TOERIEN

Op Vrydag 23 September sal die hoogsbekroonde kinderskrywer en uitvoerende hoof en stigter van die Suid-Afrikaanse Niewinsgewende Trust, ‘The LEARN Project’, Roslynne Toerien, ons graad 1 tot
graad 5-leerders besoek. Sy leef volgens die leuse ‘Small actions lead to big change’ en dit kan gesien word in die aantal skool LEARN-biblioteekdeure wat geopen is en die horisonne wat deur die mag van boeke en geletterdheid verbreed is. Sy sal inligting met ons deel rakende die skryfproses sowel as die voorreg om te lees. Sy sal vir ons uit twee van haar boeke voorlees, nl. ‘The Rumbling Rhino’ en ‘Under the Baobab Tree’.

Ons kan nie wag om hierdie dinamiese skrywer by ons skool te verwelkom nie!

 

STUDIEMETODES

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

Studiemetodes
 

NUWE YADAH-PROJEK: HONDEKOS

Sonder enige twyfel is dit baie duidelik dat troeteldiere baie geliefd is in ons omgewing! Kinders se gesiggies helder sommer op as ‘n mens van honde en katte praat!  Vir die volgende paar weke samel ons enige honde- en katkos in, wat aan verskeie organisasies, o.a. PawsRUs, Wet Nose en die DBV, geskenk sal word.  Indien u as gesin graag aan hierdie projek wil deelneem, stuur asseblief enige honde- of katkos na u kind se registeronderwyser. Baie dankie!

 
 

SWEM
Die swemproewe vir kwartaal 4 se swemseisoen vind op die volgende dae plaas:

o.8 – o.13    Maandag 19 September       14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Dinsdag 20 September        14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Woensdag 21 September    14:00 – 15:00

Swemmers moet die verskillende swemslae oor ’n afstand van 25 m, met gemak kan swem. Swemmers moet slegs een van die bogenoemde dae bywoon, maar moet vir die hele sessie (14:00 – 15:00) teenwoordig wees.

 

DATEER INLIGTING OP

Dit is in almal se balng om ons ouers se kontakinligting op datum te hou. Ons versoek dus dat u asseblief die volgende inligting op die Ouerpoort opdateer:

Teken asseblief in op die Ouerpoort

Inligting 1:
Klik op die “Parent Info”-tab en klik dan op “Other Info”.

Laai asseblief die volgende 4 foto’s: Die voorkant en rugkant van die mediesefonds-kaart
                                                                   Albei ouers se ID

Onthou om op “Save changes” te klik.

Inligting 2:
Klik asseblief op die “Students”-tab.
Klik op die foto van die leerder.
Klik op “Health Record”.
Voltooi asseblief die vorm.

Neem asseblief kennis van die volgende interpretasie van die dieetbeperkings:
Beperking vir vegetariese dieet:
Indien Nee = Nie op ’n vegetariese dieet nie
Vegetaries Ja = Eet ’n vegetariese dieet

Beperking van ’n beesvleisdieet:
Indien Nee = Eet beesvleis
Beesvleis Ja = Eet nie beesvleis nie

Beperking vir ’n seekosdieet:
Indien Nee = Eet seekos
Seekos Ja = Eet nie seekos nie

Beperking vir ’n Halaaldieet (insl. geen varkvleis):
Indien Nee = Nie op ’n halaaldieet nie en eet varkvleis
Halaal (insl. geen varkvleis) Ja = Eet ’n halaaldieet met geen varkvleis

Parent Portal
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Maandag 26 September tot Donderdag 29 September vanaf 08:00 – 17:00 en Vrydag 30 September vanaf 08:00 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor / op 16 September.

Google-vorm
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643