Nuusbrief  27                                                             8 September 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“Spring adds new life and new beauty to all that is.” ‒ Jessica Harrelson

Uiteindelik is die lang wag vir SpringFest verby. Hierdie Saterdag word ’n pragtige sonnige lentedag voorspel, spesiaal vir hierdie opwindende dag op die skoolkalender. Ons is opgewonde om te sien hoe baie van ons gesinne aan die SpringFest-feestelikhede gaan deelneem. Van die wye verskeidenheid speletjies vir die kinders, die vele stalletjies met interessante produkte, tot die musiekbelaaide aand waar ons deur van Suid-Afrika se beste musikante vermaak sal word, sien ons baie uit na hierdie feesviering van die lente. Indien u dit nog nie in u kalender aangeteken het nie, is dit nou die tyd! Springfest is beslis ’n fees wat u nie wil misloop nie.

Ons Senior Revue het ons skool baie goed in die eindronde van die SA-kampioenskappe verteenwoordig. Ons bedank hierdie leerders en hul ouers hartlik vir hul toewyding.

Hierdie week het ons krieketspelers ook ons naam hooggehou. Met ligawedstryde, dag-aand-wedstryde en ’n Big Bash, het hierdie seuns die krieketgronde op vele plekke gevul. Hou aan met die harde werk, seuns, ons is trots op julle.

Ons was ook opgewonde om ons minihokkievelde met aspirant hokkiespelers te vul en Bev-Cric-spelers by Midstream Ridge te verwelkom. Ons sport- en kulturele aktiwiteite hou beslis ons kinders aktief. Welgedaan, seuns en dogters!

 

SPRINGFEST

Klik op die skakel hieronder om kaartjies vir die SpringFest te koop.

KAARTJIES
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir: diere en hul versorging, ons bid teen mishandeling, vir veeartse en die goeie werk wat hulle doen. Ons bid ook vir instansies soos die DBV, diereskuilings en ander organisasies wat na mishandelde of afgeskeepte diere omsien.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

GHOLF

Baie geluk aan Lian Strauss wat die Noord-Gauteng Gholfunie Nomads SA o.13-span gehaal het. Hy gaan van 4 tot 7 Oktober aan die kampioenskap by Maccauvei Gholfklub deelneem. Sterkte, Lian!

 
 

TENNIS

Veels geluk aan die o.13A- en B-meisiespanne. Albei hierdie spanne is ligawenners in hul onderskeie afdelings. Hulle is:

o.13A-meisies: Louise Pieterse, Ona Mahopo, Lienke Ponting, Giselle Prinsloo

o.13B-meisies: Aiko Viljoen, Pamela James, Lara Kamfer, Megan Klerck

 

NUWE YADAH-PROJEK: HONDEKOS

Sonder enige twyfel is dit baie duidelik dat troeteldiere baie geliefd is in ons omgewing! Kinders se gesiggies helder sommer op as ‘n mens van honde en katte praat!  Vir die volgende paar weke samel ons enige honde- en katkos in, wat aan verskeie organisasies, o.a. PawsRUs, Wet Nose en die DBV, geskenk sal word.  Indien u as gesin graag aan hierdie projek wil deelneem, stuur asseblief enige honde- of katkos na u kind se registeronderwyser. Baie dankie!

 
 

SWEM
Die swemproewe vir kwartaal 4 se swemseisoen vind op die volgende dae plaas:

o.8 – o.13    Maandag 19 September       14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Dinsdag 20 September        14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Woensdag 21 September    14:00 – 15:00

 

DATEER INLIGTING OP

Dit is in almal se balng om ons ouers se kontakinligting op datum te hou. Ons versoek dus dat u asseblief die volgende inligting op die Ouerpoort opdateer:

Teken asseblief in op die Ouerpoort

Inligting 1:
Klik op die “Parent Info”-tab en klik dan op “Other Info”.

Laai asseblief die volgende 4 foto’s: Die voorkant en rugkant van die mediesefonds-kaart
                                                                   Albei ouers se ID

Onthou om op “Save changes” te klik.

Inligting 2:
Klik asseblief op die “Students”-tab.
Klik op die foto van die leerder.
Klik op “Health Record”.
Voltooi asseblief die vorm.

Neem asseblief kennis van die volgende interpretasie van die dieetbeperkings:
Beperking vir vegetariese dieet:
Indien Nee = Nie op ’n vegetariese dieet nie
Vegetaries Ja = Eet ’n vegetariese dieet

Beperking van ’n beesvleisdieet:
Indien Nee = Eet beesvleis
Beesvleis Ja = Eet nie beesvleis nie

Beperking vir ’n seekosdieet:
Indien Nee = Eet seekos
Seekos Ja = Eet nie seekos nie

Beperking vir ’n Halaaldieet (insl. geen varkvleis):
Indien Nee = Nie op ’n halaaldieet nie en eet varkvleis
Halaal (insl. geen varkvleis) Ja = Eet ’n halaaldieet met geen varkvleis

Parent Portal
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Maandag 26 September tot Donderdag 29 September vanaf 08:00 – 17:00 en Vrydag 30 September vanaf 08:00 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom. Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor / op 16 September.

Google-vorm
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643