Nuusbrief  26                                                             1 September 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“The meaning of life is to find your gift. The purpose of life is to give it away.” - Pablo Picasso

 Hierdie afgelope week het ons leerders beslis hul talente met ander gedeel. Ons kulturele groepe het met hul uitsonderlike optredes die hoë note gehaal. Baie geluk aan die Strykorkes, die Senior Choral Verse-groep sowel as die Spreekkoor, wat almal die eerste plek in hul onderskeie afdelings by die Centurion Kunstefees behaal het. Ons Junior Choral Verse-groep moet ook met hul tweede plek gelukgewens word.

Ons revue het die afgelope naweek in die finaal van die Kaleidoscope-kompetisie opgetree en is ’n noemenswaardige tweede plek toegeken. Hul optrede was uitsonderlik en ons is baie trots op hul prestasies tot dusver (eerste in 8 Beats en tweede in Kaleidoscope).

Ons is ook geseënd met die prestasies van ’n aantal van ons kinders wat in die top 5 van die ATKV redenaars landswyd geplaas is. ’n Spesiale woord van gelukwense gaan aan Erik Botha en Kaylee Knott-Craig, beide 4de geplaas, een vir Afrikaans Huistaal en die ander vir Eerste Addisionele Taal.

Ons is ook besonder trots op ons hoofleiers wat aangekondig is. Hulle is Dawie Barnard en Abigail Roberts as ons hoofleiers en Emil Els, Milan Pöhl, Rupert Groenewald en Aphelele Mbatsha as ons onderhoofleiers.

Daar is ook ’n finale groep leiers aangekondig. Hulle is Lara Schölly, Alzan Swanepoel, Tamika Naidoo, Mila van der Linde, Adam Marincowitz, Kganya Motene, Ruben de Lange en Nicholas Beukes.

Ons leerders was ook op die sportveld baie aktief en het krieket, hokkie, tennis, minihokkie en BevCric gespeel.

Soos u kan sien, is ons leerders beslis besig om hul Godgegewe gawes en aanlegte te gebruik en gelukkig is daar baie van ons wat daarin deel. Welgedaan, seuns en dogters! Hou vol met julle wonderlike werk.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

...die matrieks wat rekordeksamen skryf. Ons bid vir kalmte, rustigheid, konsentrasie, deursettingsvermoë en wysheid.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

SKOOLUNIFORM

Die leerders mag kies of hulle winters- of somersdrag wil dra. Let net asseblief daarop dat ’n leerder volledige somersdrag of volledige wintersdrag moet dra. Winters- en somersdrag mag dus nie gemeng word nie.

 
 

LOSLITDAG

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) is trots om aan te kondig dat die 28ste Loslitdag op 2 September hierdie jaar gevier gaan word! Geïnspireer deur ons eie erfenis is hierdie jaar se tema: Ons vier RSA.

By Midstream College is ons trots om hierdie verdienstelike geldinsamelingsprojek te ondersteun deur Loslit-plakkers teen R20 by Tuck In beskikbaar te stel. Let asseblief daarop dat betaling vir plakkers slegs kontant mag wees.

Wat om aan te trek:
Op Vrydag 2 September 2022 doen die NRPG ’n beroep op almal om jou omgewing in ’n pragtige reënboog te verhelder deur trots Suid-Afrikaans aan te trek. Trek jou Springbokrugbyhemp aan of trek aan om die kleure van ons landsvlag te verteenwoordig.

 

SWEM
Die swemproewe vir kwartaal 4 se swemseisoen vind op die volgende dae plaas:

o.8 – o.13    Maandag 19 September       14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Dinsdag 20 September        14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Woensdag 21 September    14:00 – 15:00

 

GHOLF

Daar sal geen gholfoefening op Dinsdag 6 September wees nie, aangesien die gholfbaan daardie dag gesluit is

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

 Midstream-inwoners en gebruikers van die Balmoral- en Draaihekke by Midstream College moet asseblief op die volgende let.

Die Balmoral- en Draaihekke sal Saterdag 10 September, tydens die Midstream SpringFest GESLUIT wees.

TOEGANG tot die skoolterrein op Saterdag 10 September sal slegs by Hek 3 (by die Primêre Skool se hoofparkeerarea) en Hek 12 (by die Primêre Skool se hokkievelde) plaasvind.
Hierdie reëlings is direk vanaf Midstream Security ontvang.
Dankie vir u samewerking.
SpringFest-komitee

Klik op die skakel hieronder om kaartjies vir die SpringFest te koop.

KAARTJIES
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643