Nuusbrief  25                                                               25 Augustus 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“Jou talent is God se geskenk aan jou. Wat jy daarmee doen is jou geskenk aan God” – Anoniem

Met hierdie aanhaling in gedagte, is ons opreg trots op al ons Kultuurfees-deelnemers wat hul talent met soveel entoesiasme ten toon stel – julle is ware sterre!

Geluk aan ons Isicathulo groep wat by die Centurion Kunstefees as afdelingswenners aangekondig is. Julle toewyding en harde werk was beslis die moeite werd.

Ons Senior Revue groep het soos altyd net hulle beste gelewer en met die trofee by 8Beats weggestap, baie geluk julle! Ons is baie trots op hierdie prestasie.

Dit is heerlik om te sien hoe ons leerders op alle terreine met hulle talente woeker!

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Al ons terreinwerkers en skoonmakers by die skool. Ons bid dat God hulle elke dag sal versterk en seën, vir wysheid om daaglikse uitdagings te oorkom en ons vra God se hand van bewaring oor elkeen van hulle en hul families.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

KRIEKET

Midstream College Primêr se eerstespan neem aan die Titans Onder 13 Bash deel, wat by Supersport Park plaasvind. Alle toeskouers en ondersteuners word aangemoedig om die span te kom ondersteun, aangesien toegang tot Supersport Park gratis is. Die span se bepalings/wedstryde is soos volg:

Donderdag 25 Augustus
Midstream College vs Western Warriors 09:00 – 11:35

Vrydag 26 Augustus
Midstream College vs Harrow Kamoso 11:35 – 14:05

Saterdag 27 Augustus
Midstream College vs L/s Garsfontein 13:05 – 15:35

Saterdag 3 September
Midstream College vs Future Klofies 09:00 – 11:35

 
 

LANDLOOP

Baie geluk en sterkte aan die volgende leerders wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op
17 September gaan deelneem

Luke Annandale
Marcel van der Leek
Banie Claasen
Michael Delport
Lise-Marie Jansen van Rensburg
Mizé Raubenheimer
Caitlin Arendse
Rupert Groenewald
Emil Els

 
 

LOSLITDAG

Die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NRPG) is trots om aan te kondig dat die 28ste Loslitdag op 2 September hierdie jaar gevier gaan word! Geïnspireer deur ons eie erfenis is hierdie jaar se tema: Ons vier RSA.

By Midstream College is ons trots om hierdie verdienstelike geldinsamelingsprojek te ondersteun deur Loslit-plakkers teen R20 by Tuck In beskikbaar te stel. Let asseblief daarop dat betaling vir plakkers slegs kontant mag wees.

Wat om aan te trek:
Op Vrydag 2 September 2022 doen die NRPG ’n beroep op almal om jou omgewing in ’n pragtige reënboog te verhelder deur trots Suid-Afrikaans aan te trek. Trek jou Springbokrugbyhemp aan of trek aan om die kleure van ons landsvlag te verteenwoordig.

 

SWEM
Die swemproewe vir kwartaal 4 se swemseisoen vind op die volgende dae plaas:

o.8 – o.13    Maandag 19 September       14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Dinsdag 20 September        14:00 – 15:00
o.8 – o.13    Woensdag 21 September    14:00 – 15:00

 

GHOLF

Daar sal geen gholfoefening op Dinsdag 6 September wees nie, aangesien die gholfbaan daardie dag gesluit is

 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

 Klik op die skakel hieronder om kaartjies vir die SpringFest te koop.

KAARTJIES
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643