Nuusbrief  24                                                               18 Augustus 2022

 

UIT DIE KANTOOR

“Success usually comes to those who are too busy to be looking for it.” Henry David Thoreau

In hierdie besige tyd gebruik ons leerders hul energie op soveel positiewe maniere, hetsy akademie, kultuur of sport. Dankie dat u as ouer saam met ons volharding by die leerders kweek. Harde werk en volharding word altyd beloon.

Ons is so trots op al die kultuurgroepe met hul voortreflike optredes. Julle is wonderlik!

Baie sterkte aan ons landloopatlete wat eerskomende naweek aan die AGN-kampioenskappe deelneem.

Baie geluk aan me. Ashley Arnold en haar man met die geboorte van hulle babaseuntjie. Ons wens hulle as gesin baie vreugde en seën toe. Ons verwelkom dan ook graag vir me. Marilize du Preez wat in me. Arnold se plek aflos. Ons glo sy sal haar tyd hier by ons baie geniet.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Almal wat siek is. Ons bid dat God hulle met Sy liefdevolle sorg sal seën, dat Hy hul krag sal hernu en hul gesondheid sal herstel.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

BAIE DANKIE: LIGGIE-PROJEK

Ons is baie opgewonde en dankbaar oor die wonderlike reaksie op ons Mandeladag/Yadah-projek. Die Midstream-gemeenskap het met oorgawe gegee en ons het meer liggies ontvang as waarvoor ons gehoop het! Ons sal vir elke bejaarde in die tehuis ‘n persoonlike liggie kan gee en boonop ook ekstra vir die gange, badkamers en gemeenskaplike areas. U vrygewigheid is ‘n lig wat helder skyn in ‘n wêreld wat dit só nodig het! Baie, baie dankie vir elke gesin wat aan hierdie projek deelgeneem het.

 
 

RUITERKUNS

Die volgende ruiters is gekies om Gauteng by die Nasionale Kampioenskappe van 30 September tot 4 Oktober by Kayalami Equestrian Park te verteenwoordig.

Yumika Bakus: Show Jumping
Lexi Harding: Show Jumping
Zander Le Roux: Dressage en Working Riding
Angelique Lombard: Dressage,Working Riding, Equitation, Prix Caprilli, In Hand Utility, Performance Riding en Show Jumping
Kiara Kok: Show Jumping en Dressage
Mila van der Linde: Dressage en Working Riding
Anika van Deventer: Show Jumping

Ons is baie trots op ons ruiterkunsspan.

 

TENNIS

BELANGRIKE KENNISGEWING
As gevolg van tennisligawedstryde op al ons skoolbane op 22 Augustus en 19 September, sal daar geen skooltennisoefening vir graad 2 tot 7 op daardie datums wees nie. Graad 1-tennis gaan voort soos gewoonlik.

 

STUDIEMETODEKURSUS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir meer inligting rakende ’n studiemetodekursus wat vir die Afrikaanssprekende graad 4- tot 7-leerders aangebied word.

STUDIEMETODEKURSUS
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

 Klik op die skakel hieronder om kaartjies vir die SpringFest te koop.

KAARTJIES
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643