Nuusbrief  23                                                               4 Augustus 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Life of a woman is not always a bed of roses, as it is not easy to manage work, home and children at the same time, but you have faced the difficult days with grace and dignity. When you have a caring, loving and supportive mother, it makes a remarkable difference in a child’s life. Best wishes on International Women’s Day.”

Baie sterkte aan al ons kultuurgroepe met hul onderskeie optredes, waarvan die eerste optredes reeds die naweek is. ‘n Kind se woorde moet altyd ter harte geneem word, want die gesproke woord is magtiger as die swaard! Ons is baie trots op ons redenaars wat ons skool se naam hoog hou in drie verskeie kompetisies; Oppie Tong Af, Artistatue en die ATKV se finale rondte.

Tussen tennis, skaak, hokkie, krieket en landloop is ons leerders baie besig op sportgebied. Baie sterkte aan ons landloop atlete wat môre by ons skool deelneem. Neem ook asseblief kennis van die bykomende verkeer môre in die parkeerarea.

Dankie aan almal wat betrokke was by ’n baie suksesvolle hokkiefees die afgelope naweek.

Dit gaan goed met die tennisspelers in Bethlehem, hul hou beslis Midstream se naam hoog.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Al die kleuters, babas en voorskoolse kinders in Midstream. Ons bid vir die kleuterskole in die omgewing en al die personeel wat daar werk.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

AFRIKAANSREDENAARS - ATKV-REDENAARSKOMPETISIE

Baie sterkte aan die volgende redenaars wat ons skool tydens die Nasionale Finale Rondte van die ATKV-redenaarskompetisie, by Buffelspoort op 17 Augustus, gaan verteenwoordig.

Erik Botha – Graad 7 Hooftaal
Adam Marincowitz – Graad 7 Addisionele Taal
Kaylee Knott-Craig – Graad 5 Addisionele Taal
Mishke Cilliers – Graad 3 Hooftaal

Ons is reeds geweldig trots op julle, ware ambassadeurs vir ons skool en die jeug van vandag!

 

AFRIKAANSREDENAARS - ARTISTATUE

Baie geluk aan die volgende Afrikaansredenaars wat deurdring na die finale rondte van die Artistatue Redenaarskompetisie, wat op 1 tot 3 September by Midstream College plaasvind!

Graad 2: Sally Erasmus en Kyrah van Heerden
Graad 3: Lize Bezuidenhout en Leah Struwig
Graad 5: Ksenya Reinke
Graad 6: Sebastiaan Struwig
Graad 7: Erik Botha en Regardt van der Riet
Graadsewe Span 1: Erik Botha, Carmia van den Berg, Alzan Swanepoel, Sebastiaan Struwig
Graadsewe Span 2: Lukas Combrinck, Mila van der Linde, Lienke Ponting, Ivan Kymdell

 

MANDELADAG

“As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.” ― Nelson Mandela

MCP wil saam met baie ander maatskappye en mense oor die wêreld heen ‘n helder lig ter viering van Mandeladag skyn. Midstream se gemeenskap is altyd bereid om ruimhartig te gee en só vreugde en liefde te versprei… en in hierdie geval, lig!

Ja, ons wil hierdie jaar LETTERLIK die LIG in ander se lewe wees. Die Yadah en MCP wil ‘n nabygeleë ouetehuis ondersteun, wat regtig swaarkry met al die beurtkrag. Hulle het nie die befondsing om kragopwekkers of ander kragbronne te finansier nie en die bejaardes spandeer daarom ure aaneen in die donker.

Ons wil herlaaibare ligte insamel om aan hierdie ouetehuis te skenk. Sluit by ons aan en word deel van hierdie uitreikaksie om lig te bring aan ander. Ons doel is om ‘n 100 liggies in te samel om te skenk.

Volgens die ouetehuis se behoeftes, stel ons die volgende ligte en handelaars voor:

1. LE ROY MERLIN
- Lantern mini USB rechargeable @ R120.
- Emergency light LED rechargeable 1.8 W @ R149

2. Britelighting.co.za
- Magneto Compact Rechargeable LED Lantern @ R129

3. MAKRO
- Camp Master rechargeable emergency light @ R149 (tans op spesiale aanbod @ R89).

Indien u, u gesin of selfs u vriendekring besluit om so ‘n liggie te skenk, koop asseblief een (of meer) en stuur dit vir u kind se registeronderwyser voor of op 10 Augustus.

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. – Johannes 1:5

 
 

LANDLOOP

Kwartaal 3
Oefentye:

Maandae tot Donderdae 14:00 tot 15:00

Ligawedlope:
Vrydag 5 Augustus – Midstream College
Vrydag 12 Augustus – Eduplex
Saterdag 20 Augustus – AGN kampioenskappe
Saterdag 27 September – SA kampioenskappe

WhatsApp-groep skakel
 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers aan te sluit. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 2 Augustus tot 13 September 2022 geld. (Op 9 Augustus sal daar nie gholf wees nie.) Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.
DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

 Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag.) Die wedstryde gaan ook gebruik word as proewe om ons skoolspanne vir die vierde kwartaal te bepaal. Alle spelers wat die jaar vir die skool in die liga wil speel moet ’n minimum van twee sessies bywoon. Indien dit nie moontlik is nie, moet mnr. Kotze persoonlik daarvan ingelig word.

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholf¬baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za 
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354

 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

Staan tou vir HIERDIE eksklusiewe program van TOP kunstenaars deur jou SpringFest-kaartjies NOU te koop!

KAARTJIES
 

ADDISIONELE INLIGTING

Geniet die langnaweek, Maandag en Dinsdag (8 + 9 Augustus).
Die volgende nuusbrief sal op 18 Augustus 2022 beskikbaar wees.

 
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643