Nuusbrief  22                                                                  28 Julie 2022

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Al die jong volwassenes van Midstream. Die druk van studies, nuwe werke, loopbaankeuses, verhoudings en die toetrede tot die volwasse wêreld, skep baie uitdagings vir jong volwassenes. Ons bid vir God se genade, vrede, wysheid en kalmte in hulle lewens, asook vir goeie keuses, die regte leiding en emosionele ondersteuning. Bid ook vir die volwassenes wat leiers en rolmodelle vir hierdie jong mense is, o.a. ouers, lektore, afrigters en enige mense wat ’n groot rol in hul lewens speel.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die
sportuitslae.

Sportuitslae
 

YADAH UITREIKPROJEK

Het jy 2 ure om te kuier, te koffie, en natuurlik kos of klere te pak? Die Yadah wil KSM (Kerk Sonder Mure) in Hippolaan help om vir hulle KZN-projek blikkies kos te verpak en klere te sorteer. Kinders ouer as 10 en hulle ouers, oumas en oupas is welkom om by ons aan te sluit!

Datum: Woensdag 3 Augustus
Tyd: 18:00 – 20:00
Plek: KSM by die Hippolaan Kampus (Hippolaan & Hendrik Verwoerdrylaan, Centurion)

Klik op die onderstaande skakel om die vorm te voltooi om aan hierdie projek deel te neem.

Vorm
 

MANDELADAG

“As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.” ― Nelson Mandela

MCP wil saam met baie ander maatskappye en mense oor die wêreld heen ‘n helder lig ter viering van Mandeladag skyn. Midstream se gemeenskap is altyd bereid om ruimhartig te gee en só vreugde en liefde te versprei… en in hierdie geval, lig!

Ja, ons wil hierdie jaar LETTERLIK die LIG in ander se lewe wees. Die Yadah en MCP wil ‘n nabygeleë ouetehuis ondersteun, wat regtig swaarkry met al die beurtkrag. Hulle het nie die befondsing om kragopwekkers of ander kragbronne te finansier nie en die bejaardes spandeer daarom ure aaneen in die donker.

Ons wil herlaaibare ligte insamel om aan hierdie ouetehuis te skenk. Sluit by ons aan en word deel van hierdie uitreikaksie om lig te bring aan ander. Ons doel is om ‘n 100 liggies in te samel om te skenk.

Volgens die ouetehuis se behoeftes, stel ons die volgende ligte en handelaars voor:

1. LE ROY MERLIN
- Lantern mini USB rechargeable @ R120.
- Emergency light LED rechargeable 1.8 W @ R149

2. Britelighting.co.za
- Magneto Compact Rechargeable LED Lantern @ R129

3. MAKRO
- Camp Master rechargeable emergency light @ R149 (tans op spesiale aanbod @ R89).

Indien u, u gesin of selfs u vriendekring besluit om so ‘n liggie te skenk, koop asseblief een (of meer) en stuur dit vir u kind se registeronderwyser voor of op 10 Augustus.

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. – Johannes 1:5

 
 

SWEM

Die swemoefening vir kwartaal 3 is as volg:
o.8               Maandae & Woensdae        13:30 – 14:00
o.8* – o.13 Maandae – Donderdae        14:00 – 15:00
*Die o.8-swemmers kan besluit watter oefening hulle wil bywoon.

Die swemproewe vir kwartaal 4 se swemseisoen vind op die volgende dae plaas:
o.8 – o.13 Maandag 19 September       14:00 – 15:00
o.8 – o.13 Dinsdag 20 September        14:00 – 15:00
o.8 – o.13 Woensdag 21 September    14:00 – 15:00

 
 

TENNIS

Die volgende Tennis Tiere vertrek op Dinsdag 2 Augustus na Bethlehem, om aan die Inter Africa Truida Kestell Tennistoernooi deel te neem. Sterkte!

Seuns: Beyers Pretorius, Aiden Holtzhausen, Charl Cilliers, Nicholas Beukes, Ruben de Lange, Gabriel Mendes, David van der Vyver, Zander Smit, Junior Coetzee.

Meisies: Louise Pieterse, Ona Mahopo, Lienke Ponting, Giselle Prinsloo, Aiko Viljoen, Pamela James, Lara Kamfer, Megan Klerck.

BELANGRIKE KENNISGEWING
As gevolg van tennisligawedstryde op al ons skoolbane op 1 Augustus, 22 Augustus en 19 September, sal daar geen skooltennisoefening vir graad 2 tot 7 op daardie datums wees nie. Graad 1-tennis gaan voort soos gewoonlik.

 
 

FOTODAG

Ons graad 1- tot 3-fotodag sal op Donderdag 4 Augustus plaasvind. Individuele foto’s sal van al ons leerders geneem word. Leerders moet in hulle volledige winteruniform met ‘n skoolbaadjie geklee wees. Sport- en kultuurfoto’s van ons graad 1- tot 3-groepe sal op dieselfde dag geneem word, behalwe vir atletiek en swem. Hierdie twee sportfoto’s sal op Donderdag 18 Augustus geneem word. Stuur asseblief vroegtydig ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser, indien u kind nie skool op 4 Augustus sal bywoon nie.

Die graad 4- tot 7-fotodag word op Donderdag 18 Augustus gehou. Individuele foto’s sal van al ons leerders geneem word. Leerders moet in hulle volledige winteruniform met ‘n skoolbaadjie geklee wees. Sport- en kultuurfoto's van ons graad 4- tot 7-groepe sal ook op dieselfde dag geneem word. Stuur asseblief vroegtydig ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser, indien u kind nie skool op
18 Augustus sal bywoon nie.

 
 

LANDLOOP

Kwartaal 3
Oefentye:

Maandae tot Donderdae 14:00 tot 15:00

Ligawedlope:
Vrydag 29 Julie – Hoërskool Tuine
Vrydag 5 Augustus – Midstream College
Vrydag 12 Augustus – Eduplex
Saterdag 20 Augustus – AGN kampioenskappe
Saterdag 27 September – SA kampioenskappe

WhatsApp-groep skakel
 
 

GHOLF

Leerders wat op ’n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Dinsdae by ons gholfspelers aan te sluit. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 2 Augustus tot 13 September 2022 geld. (Op 9 Augustus sal daar nie gholf wees nie.) Spelers moet stiptelik om 14:00 by die gholfbaan aanmeld. Stuur asseblief vir mnr. Kotze ’n e-pos met u kind se naam, van en graad, indien u kind belangstel.
DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel, die geleentheid te bied om te speel.

 Vir verdere inligting kontak mnr. Kotze by (012) 661–0724 of e-pos u navrae na: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R60-00 per speler per middag.) Die wedstryde gaan ook gebruik word as proewe om ons skoolspanne vir die vierde kwartaal te bepaal. Alle spelers wat die jaar vir die skool in die liga wil speel moet ’n minimum van twee sessies bywoon. Indien dit nie moontlik is nie, moet mnr. Kotze persoonlik daarvan ingelig word.

Indien daar leerders is wat graag met gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die gholf¬baan navraag doen met die oog op moontlike afrigting.
Kontakbesonderhede: Patrick: 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za 
                                           Christo Eagleton: 082 536 3354

 
 

TINA COWLEY

Die program fokus op leesvaardighede soos begripslees en spoedverbetering om leerders te help met leer en die beantwoording van vraestelle, vaardighede wat hulle vir die res van hul lewens sal benodig. Klik op die onderstaande skakel vir meer inligting.

Pamflet
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

Staan tou vir HIERDIE eksklusiewe program van TOP kunstenaars deur jou SpringFest-kaartjies NOU te koop!

KAARTJIES
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643