Nuusbrief  21                                                                  21 Julie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Ons is verheug om u mee te deel dat baie van ons vorige Covid-protokolle wegval, wat heelwat positiewe verandering teweegbring.

Vanaf Maandag 25 Julie dra al ons leerders weer hul volledige winteruniform skool toe. Vir die intersenfase beteken dit dat die leerders hulle LO-drag moet inpak en hulle sal tydens die LO-periode verklee. Ons grondslagfase-leerders mag egter steeds met hul LO-drag skool toe kom op hul toegewysde LO-dae.
Leerders sal aan die einde van die skooldag in hul sportdrag vir die onderskeie buitemuurse aktiwiteite verklee. Maak asseblief seker dat alle klere duidelik gemerk is.

Aangesien daar nie meer ’n isolasietydperk aan enige siekte verbonde is nie, sal daar geen aanlynklasse beskikbaar wees nie. Indien u bekommerd is oor u kind wat weens siekte skool misloop, versoek ons dat u u kind se registeronderwyser vir leiding kontak. Daar sal ook nie meer aanlyntoetse geskryf word nie. Inhaaltoetse sal die Maandag ná ’n gemiste Dinsdag-toets plaasvind. Onthou asseblief dat ’n doktersnota steeds ingehandig moet word.

Ons sien uit na positiewe aanpassings vir ons leerders gedurende hierdie kwartaal.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

TENNIS


Alle tennisoefeninge gaan soos normaal voort.

 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Al die sekuriteitswagte in Midstream. Ons sekuriteitswagte het hulle eie families, bekommernisse, uitdagings en seer, maar hulle pas ons so getrou op. Ons bid vir hulle veiligheid, hulle families en vir God se hand, seën en genade in elkeen van hulle lewens.

 

MANDELADAG

“As we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.” ― Nelson Mandela

MCP wil saam met baie ander maatskappye en mense oor die wêreld heen ‘n helder lig ter viering van Mandeladag skyn. Midstream se gemeenskap is altyd bereid om ruimhartig te gee en só vreugde en liefde te versprei… en in hierdie geval, lig!

Ja, ons wil hierdie jaar LETTERLIK die LIG in ander se lewe wees. Die Yadah en MCP wil ‘n nabygeleë ouetehuis ondersteun, wat regtig swaarkry met al die beurtkrag. Hulle het nie die befondsing om kragopwekkers of ander kragbronne te finansier nie en die bejaardes spandeer daarom ure aaneen in die donker.

Ons wil herlaaibare ligte insamel om aan hierdie ouetehuis te skenk. Sluit by ons aan en word deel van hierdie uitreikaksie om lig te bring aan ander. Ons doel is om ‘n 100 liggies in te samel om te skenk.

Volgens die ouetehuis se behoeftes, stel ons die volgende ligte en handelaars voor:

1. LE ROY MERLIN
- Lantern mini USB rechargeable @ R120.
- Emergency light LED rechargeable 1.8 W @ R149

2. Britelighting.co.za
- Magneto Compact Rechargeable LED Lantern @ R129

3. MAKRO
- Camp Master rechargeable emergency light @ R149 (tans op spesiale aanbod @ R89).

Indien u, u gesin of selfs u vriendekring besluit om so ‘n liggie te skenk, koop asseblief een (of meer) en stuur dit vir u kind se registeronderwyser voor of op 10 Augustus.

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. – Johannes 1:5

 
 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 27 Julie plaas. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 21 Julie om 14:00 tot 27 Julie om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 27 Julie gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf. U sal dan ’n epos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

Ouerpoort
 
 

WISKUNDEKOMPETISIE

Netwerk24 het jaarliks ’n Wiskundekompetisie in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad. Die inskrywing vir die kompetisie is GRATIS en ’n fantastiese geleentheid vir ons leerders. Die voorkeurtaal vir die kompetisie is Afrikaans maar Midstream College het ’n tweetalige terminologielys, indien ’n leerder dit nodig ag. Daar is groot prysgeld op die spel.

Leerders moet hulself registreer en toesien dat hulle die toets op die gegewe datums voltooi. Vraestelle word tuis op rekenaar, tablet of selfoon voltooi. Die reëls en regulasies vir die kompetisie kan gevind word op https://www.cumlaudemedia.com/

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 27 Julie om 12:00. Die uitdunrondte vind op Donderdag 28 Julie plaas. Die finale rondte vind op Donderdag 29 September plaas.

Die volgende inligting word tydens inskrywing gevra:

Onderwyser/koördineerder se naam en van:
Mnr. Gerhard Sauer

Skooltelefoon:
012 661 0590

Skool e-posadres (verpligte veld):
gerhards@midstreamcollege.co.za

Skoolnaam:
Midstream College Primêr

Gr 6 & 7 inskrywings
 
 

FOTODAG

Ons graad 1- tot 3-fotodag sal op Donderdag 4 Augustus plaasvind. Individuele foto’s sal van al ons leerders geneem word. Leerders moet in hulle volledige winteruniform met ‘n skoolbaadjie geklee wees. Sport- en kultuurfoto’s van ons graad 1- tot 3-groepe sal op dieselfde dag geneem word, behalwe vir atletiek en swem. Hierdie twee sportfoto’s sal op Donderdag 18 Augustus geneem word. Stuur asseblief vroegtydig ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser, indien u kind nie skool op 4 Augustus sal bywoon nie.

Die graad 4- tot 7-fotodag word op Donderdag 18 Augustus gehou. Individuele foto’s sal van al ons leerders geneem word. Leerders moet in hulle volledige winteruniform met ‘n skoolbaadjie geklee wees. Sport- en kultuurfoto's van ons graad 4- tot 7-groepe sal ook op dieselfde dag geneem word. Stuur asseblief vroegtydig ’n boodskap aan u kind se registeronderwyser, indien u kind nie skool op
18 Augustus sal bywoon nie.

 
 

LANDLOOP

Kwartaal 3
Oefentye:

Maandae tot Donderdae 14:00 tot 15:00

Ligawedlope:
Vrydag 22 Julie – Laerskool Witpoort
Vrydag 29 Julie – Hoërskool Tuine
Vrydag 5 Augustus – Midstream College
Vrydag 12 Augustus – Eduplex
Saterdag 20 Augustus – AGN kampioenskappe
Saterdag 27 September – SA kampioenskappe

WhatsApp-groep skakel
 
 

SPREEKKOOR

Neem asseblief kennis van die volgende:

• Ekstra Spreekkoor-oefening: Vrydag 29 Julie 14:00 – 16:00 in die saal. (Almal moet asseblief 
   teenwoordig wees.)
• Centurion Kunstefees: Saterdag 27 Augustus.

 
 

AFRIKAANSREDENAARS

Baie sterkte aan die Afrikaansredenaars, wat gedurende die volgende paar weke aan die eerste rondte van die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelneem:

Graad 2: Sally Erasmus
Graad 3: Mishke Cilliers, Hein Kymdell, Klara Ballot, Lize Bezuidenhout
Graad 4: Daniël de Beer
Graad 5: Xander Piekaar, Mieke Grobler, Ksenya Reinke, Sulize van den Berg, Lisa Ballot, Amelie Ponting Graad 6: Charl Cilliers
Graad 7: Annette Lombard, Milan Pöhl, Regardt van der Riet, Carmia van den Berg, Mila van der Linde, Lukas Combrinck, Ivan Kymdell.

 
 

RUITERKUNS

Baie geluk aan die Midstream College Ruiterkunsspanlede wat geselekteer is om SANESA Ekurhuleni Skole by die Gauteng Finaal te verteenwoordig. Hierdie geleentheid word op 30 en 31 Julie by Kyalami Equestrian Park gehou.

Ons wens Sulize en Carmia van den Berg geluk met hul keuring vir die Gauteng Provinsiale Saddleseat-span. Die SANESA Nasionale Saddleseat-kampioenskappe sal die naweek van 12 tot 14 Augustus in Parys gehou word. Ons wens hulle alles van die beste in hul items toe.

Ruiterkunsspanlede
 
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 

SPRINGFEST

Staan tou vir HIERDIE eksklusiewe program van TOP kunstenaars deur jou SpringFest-kaartjies NOU te koop!

KAARTJIES
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643