Nuusbrief  20                                                                  23 Junie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Jim Valvano het gesê: “My father gave me the greatest gift anyone could give another person – he believed in me.” Ek hoop dat al ons pappas uit hul sokkies uit bederf is verlede Sondag op Vadersdag.

Ons kyk met dank terug na ’n kwartaal waar ons kon terugkeer na gewone skedules met al ons sport- en kultuuraktiwiteite. Dankie aan al ons ouers, leerders en onderwysers vir ’n opwindende en suksesvolle kwartaal.

Beste wense vir vrede, gesondheid en geluk hierdie vakansie. Mag u huis met vreugde, u lewe vol lag en u hart met welwillendheid gevul wees.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

RAPPORTE

Die rapporte sal op Vrydag 24 Junie om 12:00 op die Ouerpoort beskikbaar wees.

 
 

24 JUNIE

Ons sluit die kwartaal op ’n hoë en aktiewe noot af. Die leerders sal ’n roete van 1 km (graad 1 – 3) of
1.6 km (graad 4 – 7) draf/stap. Daar sal ook ander pretaktiwiteite wees waaraan leerders sal deelneem, bv. driebeenresies, sakresies, toutrek, ens.
Kleredrag: L.O.-drag / Skoolsweetpak
Onthou om sonblok aan te smeer en ’n hoed te dra.

 
 

SPREEKKOOR

Neem asseblief kennis van die volgende:

 • Ekstra Spreekkoor-oefening: Vrydag 29 Julie 14:00 – 16:00 in die saal. (Almal moet asseblief 
   teenwoordig wees.)
• Centurion Kunstefees: Saterdag 27 Augustus.

 
 

YADAH

Hierdie week bid ons vir:

Al die ouer mense, bejaardes, ouma en oupa en sommer ook almal in Retire at Midstream en ook in ander omliggende ouetehuise. Ons sluit ook natuurlik die personeel betrokke by ons gede in.

“Growing old is humbling and it takes effort to accomplish this stage of life with dignity.”
 ― Kilroy J. Oldster, Dead Toad Scrolls

 

OUERMIDDAG

Die ouermiddag vind op Woensdag 27 Julie plaas. Ouerafsprake sal weer soos in die verlede in persoon in die onderskeie onderwysers se klaskamers of kantore, plaasvind. Afsprake moet asseblief op die Ouerpoort gemaak word. Die Ouerpoort sal vanaf Donderdag 21 Julie om 14:00 tot 27 Julie om 12:00 oop wees. Geen afsprake kan dus later as 12:00 op Woensdag 27 Julie gemaak word nie.

Teken aan op die Ouerpoort met u “Parent ID” (kode begin met die waarde 3) en wagwoord.
Druk op die “Student tab”.
Druk op die leerder se foto.
Druk op die “Parent/Teacher Appointments”.
Kies ’n onderwyser.
Druk op ’n tydsgleuf. U sal dan ’n epos ter bevestiging van u afspraak ontvang.

Ouerpoort
 
 

TOELATING VIR GRAAD 8’S VIR 2023

As gevolg van die oormaat aansoeke vir graad 8 vir volgende jaar sal die toelatingsproses in fases geskied. Die toelatingskriteria berus hoofsaaklik op akademiese prestasie. Die eerste fase is afgehandel en ’n aantal leerders sal dienooreenkomstig ingelig word. Faktore soos of u binne een van die Midstreamlandgoedere bly, of u reeds kinders in die hoërskool het en of u kind in een van ons laerskole was, speel ook ’n rol, maar ongelukkig is laasgenoemde geen waarborg vir ’n plek vir u kind nie.

Tydens fase twee sal leerders se tweede kwartaal rapporte verder in ag geneem word en sal daar weer ’n klompie leerders aan die begin van die derde kwartaal aanvaar word. Wees asseblief geduldig. Ons sal wel aanbeveel dat u ook ’n plan B het. Nadat die toegelate leerders hul plekke aanvaar het en hul deposito’s betaal het, sal finale getalle gefinaliseer word. As gevolg van kansellasies en plekke wat oopgaan, sal daar aan die begin van die vierde kwartaal weer enkele leerders toegelaat word.

 
 

DIE UNIFORMWINKEL JUNIE/JULIE-VAKANSIE HANDELSURE

Vrydag 24 Junie:        07:00 – 15:00
27 Junie – 13 Julie:   Gesluit
14 – 15 Julie:             08:00 – 16:00
18 Julie:                     08:00 – 17:00

 
 

SPRINGFEST

Staan tou vir HIERDIE eksklusiewe program van TOP kunstenaars deur jou SpringFest-kaartjies NOU te koop!

KAARTJIES
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643