Nuusbrief  19                                                                  9 Junie 2022

 

UIT DIE KANTOOR

Ons kon hierdie jaar na normale skedules en aktiwiteite terugkeer. Dit gee ons ‘n groot waardering vir die geleentheid wat ons kinders weer het om deel te neem en ons is opreg dankbaar om te sien hoe baie van hulle dié kans met entoesiasme aangryp. Ons kinders se toewyding, deursettingsvermoë en spangees beïndruk my daagliks.

Elke dag is geleentheid om ‘n verskil te maak. Ons wil by ons skool ‘n omgewing skep waar liefde en vriendelikheid teenoor mekaar vir ons die pad aandui. Ons graadviers het saam met die Engelsdepartement ‘n “Merry Month of May Kindness Challenge” gehad en ons Midstream-gesinne het daadwerklik ‘n verskil gemaak met die honderde baadjies wat geskenk is. Baie dankie aan almal wat elke dag daaraan werk om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Sterkte aan ons ouers, onderwysers en leerders met die laaste paar dae van die kwartaal.

 

BELANGRIKE DATUMS

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die belangrike datums.

Belangrike datums

SPORTUITSLAE

Druk asseblief op die onderstaande skakel vir die sportuitslae

Sportuitslae
 

BELANGRIKE INLIGTING

Neem asseblief kennis dat daar volgende week as gevolg van Jeugdag (vakansiedag op 16 Junie) geen nuusbrief sal wees nie.
Vrydag 17 Junie is ’n normale skooldag en nie ’n skoolvakansiedag nie.

 
 

JEUGDAG

“Our children are the rock on which our future will be built, our greatest asset as a nation.” – Nelson Mandela.

Ons kinders is ons toekoms en hulle verteenwoordig ons pragtige reënboognasie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vlag is die enigste seskleurige nasionale vlag ter wêreld. Die ontwerp en kleure is bedoel om ons uiteenlopende bevolking voor te stel en hulle as een te verenig. Om Jeugdag te vier, wil ons daarom graag hê dat die kinders op Vrydag 17 Junie slenterdrag moet aantrek wat een van die kleure van ons Nasionale vlag verteenwoordig. Ons sien uit na hierdie spesiale dag, ter viering van die jeug van ons pragtige reënboognasie.

 
 

YADAH

BAIE DANKIE aan almal wat baadjies geskenk het. Die projek was ‘n reusesukses en ons kon honderde baadjies skenk. Soveel mense gaan baatvind by ons Midstream-gesinne se vrygewigheid en omgee.

Hierdie week bid ons vir: ons Midstream-ouers.
Ons bid vir wysheid, goeie verhoudings, emosionele gesondheid en God se seën oor elke ouer se lewe. Ons bid dat die Heilige Gees ons ouers in hul keuses sal lei en dat elke ouer God se teenwoordigheid en krag in sy/haar lewe sal ervaar.

 

24 JUNIE

Ons sluit die kwartaal op ’n hoë en aktiewe noot af. Die leerders sal ’n roete van 1 km (graad 1 – 3) of
1.6 km (graad 4 – 7) draf/stap. Daar sal ook ander pretaktiwiteite wees waaraan leerders sal deelneem, bv. driebeenloop, sakresies, toutrek, ens.
Kleredrag: L.O.-drag
Onthou om sonblok aan te smeer en ’n hoed te dra.

 
 

GHOLF

Baie geluk aan Lian Strauss wat die naweek die Gauteng-Noord toernooi by Blue Valley met 78 houe gewen het.

 
 

VAKANSIEKLUB

’n Vakansieklub sal vanaf Maandag 27 Junie tot Vrydag 1 Julie van 07:30 – 13:00 by die skool aangebied word. Alle leerders is welkom.

Daar is ook toesig beskikbaar vanaf 13:00 – 17:00 teen ’n bykomende koste.

Indien u belangstel, voltooi asseblief die onderstaande Google-vorm voor 16 Junie.

VAKANSIEKLUB - INSKRYWINGS
 
 

HOKKIE-INLIGTINGSAAND

Die hokkie-inligtingsaand vind op Dinsdag 14 Junie in die ouditorium plaas. Die tye is soos volg:

o. 10 en o. 11: 18:15
o. 12 en o. 13: 18:45

 
 

HOKKIE

Proewe sal vanaf 13 Junie gehou word om die spanne vir volgende kwartaal te bepaal. Verwys asseblief na die proewe en oefenskedules op die skool se webblad. Die amptelike hokkieseisoen vir o.10 – o.13 begin Dinsdag 19 Julie.

Kontak gerus vir mnr. R. Brameld (ronaldb@midstreamcollege.co.za) indien u enige navrae het.

 
 

RUITERKUNS

Die naweek van 11 en 12 Junie sal ons Ruiterkunsspan in altesaam 40 items meeding in die 4de kwalifiseerder by Eaton Farm. Ons wens die volgende ruiters alle sterkte toe: Alyssa Barnard, Yumika Bakus, Lexi Harding, Zander le Roux, Angelique Lombard, Kiara Kok, Lika van der Merwe, Anika van Deventer en Mila van der Linde.

Carmia en Sulize van den Berg sal ook hierdie naweek in Parys aan die Saalperd Kwalifiseerder vir SANESA deelneem.

 
 

DIE UNIFORMWINKEL JUNIE/JULIE-VAKANSIE HANDELSURE

Vrydag 24 Junie:        07:00 – 15:00
27 Junie – 13 Julie:   Gesluit
14 – 15 Julie:             08:00 – 16:00
18 Julie:                     08:00 – 17:00

 
 

SPRINGFEST

Staan tou vir HIERDIE eksklusiewe program van TOP kunstenaars deur jou SpringFest-kaartjies NOU te koop!

KAARTJIES
 

TUCK IN

Besoek Tuck In gerus  vir ’n groot, smaaklike verskeidenheid kosblikopsies. Grondslagfase ontvang kosblik-bestellings by hul klaskamers!

BESTELLINGS
 
Facebook Rss Instagram Share content


Midstream College Primary School - 1 Ashford Street, Midstream Estates, 1692
www.midstream-primary.co.za

Tel: 012 661 0590
Fax: 012 661 0643